Lewens KW1

Biosfeer

  • Gedeelte van die Aarde waar lewende organismes voorkom.

Terme

  1. Ekologie
       - Die studie van verhoudings tussen lewende organismes en hul omgewing.

  2. Biosfeer
       - Die deel van die aarde waar lewende organismes voorkom. Bestaan uit verskillende ekosisteme en biomes.

  3. Litosfeer
       - Grond en rotse op aardoppervlak.

  4. Hidrosfeer
       - Oseane, mere en riviere – alle water op aarde.

  5. Ekosisteem
       - Alle lewende en nie-lewende komponente wat in wisselwerking met mekaar in ‘n omgewing saamleef.

  6. Bioom
       - Streek met ‘n bepaalde klimaat, plantegroei en ander lewende organismes.

  7. Biotiese komponente
       - Lewende organismes.

  8. Abiotiese komponente
       - Nie-lewende hulpbronne.

  9. Ekotoerisme
       - Toerisme wat natuurgebiede bewaar en welsyn van plaaslike mense bevorder.

Toets Vraestelle

  1. Die deel van die aarde waar lewende organismes voorkom.

  2. Alle lewende en nie-lewende komponente wat in wisselwerking met mekaar in ‘n omgewing saamleef.

  3. Oseane, mere en riviere – alle water op aarde.

  4. Die studie van verhoudings tussen lewende organismes en hul omgewing.

  5. Alle lewende organismes op aarde.

  6. Nie-lewende hulpbronne.

  7. Streek met ‘n bepaalde klimaat, plantegroei en ander lewende organismes.

Biosfeer en Atmosfeer

  • Biosfeer: Gedeelte van die Aarde waar lewende organismes voorkom.

  • Atmosfeer:
      - Luglaag wat die aarde omring → bestaan uit ʼn mengsel van gasse.
      - CO₂ = noodsaaklik vir fotosintese.
      - O₂ = noodsaaklik vir respirasie.

  • Litosfeer:
      - Grond + rotse wat die buitenste laag van die aarde uitmaak.

  • Hidrosfeer:
      - Sluit alle water op die aardoppervlak in, nl, oseane + riviere + mere.
      - Bedek 75% van die aarde se oppervlak.
      - Sluit waterdamp in.

Biomes

  • Verskillende streke op die aarde het verskillende klimaat, plante en diere.

  • Bioom:
      - Enige streek met 'n bepaalde klimaat + alle lewende organismes wat daar voorkom.

  • Tipe plantegroei bepaal die tipe bioom.
      - Terrestriëel = landelik.
      - Akwaties = water.

Savanne

  • Grootste bioom in SA = 34,3% van land se oppervlak.
      - Van Kalahari tot Laeveld en KwaZulu-Natal tot Oos-Kaap.

  • Klimaat:
      - Warm + nat somers.
      - Koue + droë winters.

  • Plantegroei:
      - Grasse (rooi gras), bome (Baobab / Mopanie / Kameeldoring).
      - Gereelde veldbrande hou bome onder beheer + help saad ontkiem.

  • Diere:
      - Wilde diere (Groot vyf = olifant, leeu, luiperd, renoster, buffel).

  • Staan ook bekend as Bosveld.

Grasveld

  • Hoë sentrale plato van SA + binneland van KwaZulu-Natal + bergagtige Oos-Kaap.

  • Klimaat:
      - Warm somers + hoë reënval met donderstorms (250mm-750mm).
      - Koue winters + swaar ryp.

  • Grondsoort:
      - Sanderig → uitloging van voedingstowwe as gevolg van reën → maak grond suur.

  • Plantegroei:
      - Grasse + min bome.
      - Soetgrasse (voedselbron vir diere) + suurgrasse.
      - Jaarlikse brande → min houtagtige bome → gras kan brande oorleef.

  • Diere:
      - Ryk voëllewe = saadvreters (Korhaan / Bloukraanvoël / Tarentaal).

Nama-Karoo

  • Wye sentrale plato van die westelike deel van SA.

  • Klimaat:
      - Baie warm somers + koue winters met gereelde ryp.
      - Halfwoestyn wat min reën ontvang.

  • Grondsoort:
      - Ryk aan kalk → vorm kalk oor rotse.

  • Plantegroei:
      - Grasse + klein struike (Bitterbos, Soetdoring, Karoo gousblomme).

  • Diere:
      - Skaap- + bokboerdery = goeie weiding vir diere.
      - Bakoorjakkalse, Volstruise, Springhase, Skilpaaie, Oewerkonyn.

Sukkulente – Karoo

  • Droë westelike deel van SA + Namakwaland + Richtersveld.

  • Klimaat:
      - Baie warm + droë somers + koue winters.
      - Min winterreën.

  • Grondsoort:
      - Kalk wat oor rotse vorm.

  • Plantegroei:
      - Aangepas vir uiters droeë somertoestande.
      - Hoofsaaklik dwergagtige vetplante (dik vlesige blare wat water kan stoor).
      - Vygies, Steenplante, Klipbome, Kokerboom.
      - Lente = baie blomme.

  • Diere:
      - Naglewend (kruip bedags weg in gate).
      - Bakoorjakkals, meerkat, grondgeitjie.

Fynbos

  • Suidwestelike + suidelike gedeeltes van Wes-Kaap.

  • Klimaat:
      - Koel + nat winters en droeë somers.

  • Grondsoort:
      - Sanderig + suur en nie baie vrugbaar nie.

  • Plantegroei:
      - Immergroen struike met harde blare (Protea, Erikas, Riete).
      - Min bome + grasse.
      - 8 600 soorte plantspesies = blomrykste gebied in wêreld.
      - 68% van plantspesies = endemies.
      - Vuur → help met ontkieming van sade.

  • Diere:
      - Groot verskeidenheid (Grysbok, Steenbok, Bontebok, Luiperd, Bobbejaan).
      - Groot verskeidenheid voëlspesies (nektar + saadvretend).

Woude

  • Knysna + Tsitsikamma + KwaZulu-Natal + Drakensberge.

  • Kleinste oppervlak in SA = 0,1%.

  • Klimaat:
      - Hoë reënval + geen ryp.

  • Grondsoort:
      - Vrugbaar + dik humuslaag.

  • Plantegroei:
      - Bome wat 'n geslote blaredak vorm → met verskillende lae plantegroei onder blaredak.
      - Geelhout, Stinkhout, Ysterhout, Rankplante, Mosse, Varings.

  • Diere:
      - Bosvarke, Bosbokke, Apies, Knysna loerie, Duiwe, Arende.

Ruigteveld

  • Van Weskus van SA tot KwaZulu-Natal + Oos-Kaap.

  • Klimaat:
      - Varieer baie.

  • Grondsoort:
      - Vlak + wissel van sanderige leemgrond tot sanderige kleigrond.
      - Ryk aan kalk.

  • Plantegroei:
      - Wissel van Struikveld tot lae woude met immergroen + sukkulente bome / struike.
      - Plante het dorings.
      - Spekboom, Kanferfoelie.

  • Diere:
      - Olifant, koedoe, Blouaap, Bosbok.

Ekosisteme

  • Om oorlewing te verseker, moet lewende organismes voortdurend in interaksie met mekaar + omgewing wees.

  • Omgewing: Somtotaal van al die biologiese + fisiese + chemiese toestande wat 'n organisme omring.

  • Ekosisteem: Bepaalde gebied waarin biotiese (lewende) + abiotiese (nie-lewende) komponente in interaksie met mekaar is.
      - Voorbeeld: Woud / 1 druppel water uit 'n visdam.

  • Ekologie: Studie van verwantskap en interaksie tussen lewende organismes onderling en tussen organismes en hul natuurlike omgewing waarin hulle voorkom.

  • Twee hoofkomponente van 'n ekosisteem:
      1. Abiotiese = nie-lewend (lig / temperatuur / water / wind / atmosfeer).
      2. Biotiese = lewend (plante / diere).

Abiotiese Komponente (Nie-lewend)

1. Fisiografiese Faktore

  • Aspek (Rigting van helling / aansig).
      - Posisie van 'n gebied ten opsigte van die son.
      - Plantegroei aan noorde kant = verskil baie van suidelike kant.
      - Noordelike hellings = meer son = warmer + groter plante.

  • Helling:
      - Berg se helling → bepaal afloop van water.
      - Steil helling = vinniger gronderosie + grond is vlak + onvrugbaar.
      - Min plante + diere.

  • Hoogte bo seevlak:
      - Hoog bo seevlak = sterk winde + sneeu.
      - Plante + diere verskil baie van plekke nader aan seevlak.

Abiotiese Komponente (Nie-lewend)

2. Edafiese Faktore (Grond)

  • Grondtipe / grondtekstuur:
      - Drie tipes = leem- + klei- + sandgrond.
      - Klei = klein deeltjies; Leem = effens groter deeltjies; Sand = groot deeltjies.

  • Grondlug:
      - Spasies in die grond = gevul met water + lug → nodig vir oorlewing van organismes.
      - Sand = goed belug; Klei = swak belug.

  • Waterhouvermoë:
      - Sand = swak waterhouvermoë → water syfer vinnig deur + verwyder voedingstowwe = uitloging.
      - In kleigrond = baie water → plante se wortels vrot.
      - Leemgrond = geskikste vir plante → medium waterhouvermoë + goed belug + genoeg voedingstowwe en bevat humus (organiese komponent).

Abiotiese Komponente (Nie-lewend)

3. Edafiese Faktore (Grond)

Humus:
  • = verotte plant- en diermateriaal.
      - Verhoog grondvrugbaarheid + waterhouvermoë.
      - Hoë humusinhoud = donker kleur grond.

pH:
  • Lae pH → suur = Azaleas / Proteas.

  • Hoë pH → alkalies = Sukkulente.

  • Neutrale pH → pH 7 = meeste plante.

  • In hoë reënvalstreke = sanderige grond → voedingstowwe is uitgeloog → suur grond.

Klimaatsfaktore

Lig:
  • Sonlig:
      - Plante benodig lig = fotosintese.
      - Ligintensiteit → beheer groeibewegings.
      - Blomme gaan toe wanneer ligintensiteit afneem = Vygies.
      - Blomme gaan oop wanneer ligintensiteit afneem = Nagblom.
      - Plante = aangepas vir ligintensiteit + fotosintese vind vinniger/stadiger plaas.
      - Son- + skaduplante.
      - Sommige diere = naglewend (vlermuise / motte).
      - Sommige diere lewe ondergronds (erdwurm / molle).

Temperatuur:
  • Temperatuur beïnvloed die verspreiding van diere/plante oor die aardbol.

  • Ektoterme diere:
      - Liggaamstemperatuur is afhanklik van omgewingstemperatuur → raak onaktief tydens koue → hiberneer om te oorleef = metabolisme + hartklop neem af.
      - Voorbeeld: Reptiele.

  • Endoterme diere:
      - Hou hul liggaamstemperatuur konstant → hiberneer/migreer na warmer plekke vir oorlewing.
      - Voorbeeld: Soogdiere.

  • Jaarplante:
      - Oorleef koue in saadvorm.

  • Bladwisselende bome:
      - Verloor hul blare in winter → oorleef + verlaag metabolisme.

  • Bolle / knolle:
      - Verloor bogrondse dele → oorleef ondergrond.

Water:
  • Lewensnoodsaaklik vir oorlewing van alle lewende organismes.

  • Plante:
      - (Ingedeel teenoor waterbehoefte):
        - Hidrofiete = groei in water (waterlelie / waterhiasinte).
        - Mesofiete = groei in gebiede met gematigde watervoorsiening (vrugte).
        - Xerofiete = groei in uiters droë toestande (vetplante / aalwyne).

Water:
  • Diere:
      - (aangepas teenoor watervoorsiening):
        - Kry water uit voedsel (Kangaroo-rot).
        - Leef vir lang tye sonder water (Kameel / springbok / Gemsbok).
        - Uriene word in kristalvorm uitgeskei = bewaar water in liggaam (woestyndiere).
        - Diere benodig klam grond om te oorleef (erdwurm).
        - Harde skelet om uitdroging te voorkom (insekte).
        - Liggaam is met harde + droë skubbe bedek = voorkom waterverlies (reptiele).
        - Kieue + vinne = vir gaswisseling + swem in water (visse).
        - Groter waterdiere het longe + kom na wateroppervlak vir O₂ (walvis / dolfyn).

Watersiklus/Kringloop

  • = voortdurende + sikliese beweging van water tussen aarde + atmosfeer.

  • Proses: Reën, sneeu, mis → filtrering → gravitasie → water → grondwater → watertafel – na fonteine → verdamping → transpiratie → kondensasie.

Belangrikheid van Vleilande

  • Wye verskeidenheid habitatte in binneland + aan kus (vleie/moerasse).

  • Voorsien konstante watervoorraad.

  • Dien as natuurlike filters.

  • Verminder risiko van vloede / droogtes.

  • Besit hoë watertafel + grond met hoë waterinhoud.

  • NB! Vir handhawing van biodiversiteit = buitengewone plant- + dierelewe.
      - Meer as 50% van vleilande in SA = vernietig.

  • St. Lucia (in KwaZulu-Natal) = 1999 tot Wêrelderfenisterrein verklaar.

Atmosferiese Gasse

  • Lug bestaan uit:
      - 78% stikstof / N₂.
      - 21% suurstof / O₂.
      - 0,04% koolstofdioksied / CO₂.
      - 0,06% ander gasse in wisselende hoeveelhede (waterdamp).

  • Alle lewende organismes benodig O₂ vir respirasie.

  • Groen plante benodig CO₂ vir fotosintese.

  • Neem O₂ direk uit atmosfeer / water / grond.

  • Plante absorbeer N₂ uit grond + diere kry N₂ uit voedsel.

Aanpassings van Plante + Diere vir Gaswisseling

Plante:

  - Huidmondjies/stomata op blare / stingels + lentiselle op bome.
  - Onderwaterplante = geen kutikula + dun epidermis.

Diere:

  - Asemhalingsorgane (longe / kieue / klam vel).
  - Vang lugborrels tussen liggaamshare (akwatiese insekte = waterkewer).

Wind

  • = bewegende lug → versnel verdamping + transpirasie.

  • Organismes verloor vinniger water.

Biotiese Komponente (Lewend)

Plante (Outotroof):
  • Fotosinteer → vervaardig hul eie voedsel.

  • Is produseerders.

Diere (Heterotroof):
  • Alle organismes wat NIE hul eie voedsel kan vervaardig nie.

  • Is direk/indirek afhanklik van produseerders.

  • Is verbruikers = primêre / sekondêre / tersiêre verbruikers + ontbinders.

Primêre Verbruikers

  • Voed direk op produseerders.

  • Herbivore = leef slegs van plantmateriaal.

  • Omnivore = leef gedeeltelik van plantmateriaal en vleis.

Sekondêre Verbruikers

  • Voed op primêre verbruikers.

  • Karnivore = leef van dierlike materiaal (vleiseters).

  • Aasvreters = eet oorblyfsels van dooie diere.

  • Omnivore = leef gedeeltelik van dierlike + plantaardige materiaal.

Tersiêre Verbruikers

  • Voed op sekondêre verbruikers.

  • Karnivore.

Ontbinders

  • Saprofitiese bakterieë + swamme leef op dooie organiese materiaal → breek organiese verbindings af → anorganiese stowwe → word aan omgewing afgegee + vrygestel.

Voedselweb

  • Voedselketting kom nie geïsoleerd voor nie → is ineengeskakel met ander voedselkettings → voedselweb.

Energievloei

  • Stralingsenergie van son → dmv fotosintese omgesit in chemiese potensiële energie → koolhidrate word in groen plante (produseerders) geberg.

  • Primêre verbruiker → verkry energie deur plante te eet.

  • Sekondêre verbruiker → verkry energie deur primêre verbruiker te eet.

  • Tersiêre verbruiker → verkry energie deur sekondêre verbruiker te eet.

  • Produseerders + verbruikers gaan dood → swamme + bakterieë ontbind dit → stel energie aan omgewing vry.

  • Voedselketting = oordrag van energie vanaf son → plante → verbruikers.
      - Begin altyd by produseerder.

Trofiese Vlakke (Verskillende Voedingsvlakke)

  • Produseerders = 1e vlak (besit meeste energie).

  • Primêre Verbruikers = 2e (herbivore).

  • Sekondêre Verbruikers = 3e (karnivore).

  • Tersiêre Verbruikers = 4e (karnivore).

  • Omnivore = 2e/3e/4e (afhangend van voedsel wat hul eet).

  • Ontbinders = 2e/3e/4e (afhangend van voedsel wat hul eet).

  • Op elke vlak → word energie gebruik vir groei + respirasie.

Ekologiese Piramides

  • = stel verskillende trofiese vlakke voor → produseerders = altyd 1e vlak → verbruikers volg op produseerders.

  • Soorte ekologiese piramides:
      - Getalpiramide = Toon totale aantal organismes op elke trofiese vlak.
      - Biomassapiramide = Toon die totale massa van die organismes op elke trofiese vlak.
      - Energiepiramide = Toon relatiewe hoeveelhede energie beskikbaar op verskillende trofiese vlakke.

Getalpiramide

  • = toon werklike aantal individue op elke trofiese vlak → kleiner wordende trofiese vlakke volg op mekaar.

  • SOMS = onderstebo → kleinste vlak is onder (1x Roosboom met baie plantluise).

Biomassapiramide

  • = toon totale massa van organismes op elke trofiese vlak aan → Hoe groter die produktiwiteit → hoe groter is hoeveelheid materiaal.

Energiepiramide

  • = toon die hoeveelheid energie op elke trofiese vlak aan → Op elke vlak → word energie gebruik vir groei + respirasie (produseerder beskik oor meeste energie as die daaropvolgende fases).

Siklisering van Voedingstowwe

  • Voedingstowwe = noodsaaklik vir groei + ontwikkeling van lewende organismes.

  • Sommige voedingstowwe sirkuleer tussen lewende organismes + hidrosfeer + atmosfeer + litosfeer (water / suurstof / stikstof / koolstof).

Suurstofkringloop:
  • Aarde het vaste hoeveelheid O₂ wat in atmosfeer + oseane + rotse + alle lewende organismes voorkom.

  • Fotosinterende organismes (plante + fitoplankton) = hoofbron van O₂ op aarde.

  • Groen plante gebruik CO₂ uit atmosfeer → fotosinteer → koolhidrate + O₂.

  • Diere + plante absorbeer O₂ uit atmosfeer → breek koolhidrate af → vorm CO₂ + water.

  • Ontbinders benodig O₂ → om dooie organiese materiaal te ontbind → stel CO₂ vry.

  • Groot hoeveelheid O₂ is opgelos in water (oseane / mere / riviere).

  • Groot gedeelte van O₂ = kom in rotse voor.

  • O₂ bind met yster = ysteroksied → oppervlakverwering.

  • Ligene → breek rotse af = verwering → stel O₂ + voedingstowwe vry.

Stikstofkringloop:
  • Noodsaaklik vir biologiese prosesse → moet aminosure vorm = boustene van proteïene.

  • N₂ kom in groot hoeveelhede in atmosfeer voor = nie bruikbaar nie.

  • Plante kan net nitrate (NO₃) gebruik.

  • Omskakeling tot nitrate:
      1. Elektriese fiksering = deur weerlig + reën.
      2. Stikstofbindende bakterieë = absorbeer N₂ uit grond -- skakel om tot nitrate.
      3. Knoppiesbakterieë op wortels van peulplante -- skakel N₂ om in nitrate -- plant huisves bakterieë + verskaf voedsel.
      4. Plante absorbeer nitrate uit grond → word gebruik om plant-proteïene te vorm.
      5. Diere eet plante → kry N₂ om dier-proteïene te vorm.
      6. Diere skei ureum uit --- word ammoniak NH₃.
      7. Plante + diere DOOD = ontbindingsbakterieë verander proteïene tot ammoniak (NH₃).
      8. Nitrifiseringsbakterieë breek ammoniak af:
        - tot nitriete (NO₂) → nitriete tot nitrate (NO₃).
      9. Nitrate in grond:
        - Word deur plante geabsorbeer --- vorm proteïene.
      10. Word deur denitrifiseringsbakterieë omgeskakel na vry stikstof / N₂ terug in atmosfeer.

Koolstofkringloop

  • = belangrike komponent van organiese verbindings (koolhidrate / proteïene / lipiede).

  • Koolstof kom voor as CO₂ in atmosfeer / opgelos in water.

  • CO₂ word tydens fotosintese deur plante gebruik om koolhidrate te vorm.

  • Diere eet plante as voedsel → kry C in.

  • Plant- + dierereste word saamgepers as fossielbrandstowwe → vorm steenkool.

  • Terugkeer van CO₂ na atmosfeer:
      - Selrespirasie → organiese verbindings word in teenwoordigheid van O₂ afgebreek → energie + water + CO₂ word vrygestel.
      - Ontbinding → ontbinders breek organiese verbindings → stel CO₂ vry.
      - Verbranding → hout (plante) + fossielbrandstowwe stel CO₂ vry.

Wat gebeur as balans in voedingskringlope versteur word?

  • Nadelige gevolge = klimaatsverandering → aarde verwarm daagliks → toename in kweekhuisgasse (vang hitte van atmosfeer vas -- verhoed uitstraling na ruimte).

  • Fotosintese → hou hoeveelheid CO₂ in atmosfeer konstant.

  • Menslike aktiwiteite:
      - Verbranding fossielbrandstowwe + ontbossing -- verhoog CO₂.

  • Mogelijke oplossings:
      - Verminder gebruik van fossielbrandstowwe -- gebruik alternatiewe bronne (sonenergie / golfenergie / windenergie).
      - Beheer gasvrystelling van nywerhede.
      - Wêreldwye samewerking om kweekhuisgasvrystelling te verminder.
      - Voorbeeld: Sonkrag, hidro-elektrisiteit, windkrag.

Ekotoerisme in SA

  • SA het ryk natuurskoon + natuurlewe -- lok baie toeriste.

  • Ekotoerisme = verantwoordelike reis na natuurgebiede waar omgewing bewaar word en welsyn van plaaslike inwoners verbeter → sluit gemeenskapsaktiwiteite + kulture + hulpbronne in.

  • Beginsels vir Ekotoerisme:
      - Deeglike beplanning + impakstudies → beperk negatiewe ekonomiese + sosiale impak.
      - Genereer groter ekonomiese voordeel vir plaaslike mense → verhoog welstand.
      - Verlig armoede → deur werksverskaffing aan plaaslike inwoners.
      - Betrek plaaslike mense in besluitneming → om eie lewens te verbeter.
      - Bewaar biodiversiteit.
      - Verskaf genotvolle ervarings vir toeriste → dmv interaksie met plaaslike inwoners.
      - Bevoordeel alle betrokke partye.