Voedsel en Voeding
Voedsel en Voeding
Voedselbederf
- Voedselbederf beteken dat die voedingswaarde, tekstuur, smaak of voorkoms van die voedsel beskadig of verander is.
- Dit is 'n natuurlike proses waar voedsel agteruitgaan met tyd, veral as dit verkeerd geberg of rof hanteer word.
- Veranderinge: Smaak, reuk, voorkoms en tekstuur.
- Voedsel met hoër waterinhoud bederf gewoonlik gouer.
- Veroorsaak deur mikroörganismes en natuurlike bederf.
- Kruisbesmetting: Verspreiding van skadelike bakterieë deur die oordra van bakterieë van een item na 'n ander.
Terminologie
- Bederfbare Kos: Bederf binne 1-3 dae by kamertemperatuur.
- Moet in die yskas of vrieskas gebêre word, of bedek word.
- Kan gevries word.
- Voorbeelde: Vleis, pluimvee, vis, suiwelprodukte (melk, room).
- Semi-/Halfbederfbare Kosse: Bederf binne 4-10 dae by kamertemperatuur.
- Kan in die yskas of 'n goed geventileerde kas geberg word.
- Voorbeelde: Eiers, botter, margarien, kaas, vrugte, groente, konfyt, brood.
- Nie-bederfbare Voedsel: Hou langer as 2 weke by kamertemperatuur.
- Kan vir 'n paar maande in houers gestoor word.
- Voorbeelde: Suiker, koffie, meel, hawer, ontbytgraan, rys, pasta, droëvrugte, neute, blikkieskos.
- Ensieme: Chemikalie wat die vervalproses versnel.
- Oksidasie: Chemiese reaksie tussen voedsel en suurstof in die lug.
- Voorbeeld: Kleurverandering van 'n appel/aartappel wat gesny of geskil is en nie in water geplaas word nie.
Oorsake van Voedselbederf
- Natuurlike Verrotting
- Verlies of absorpsie van vog.
- Ensieme en Oksidasie.
- Mikro-organismes
Redes vir Veilige Hantering van Voedsel
- Hoe langer die tyd tussen die oes van voedsel of die slag van diere, hoe groter die kans op voedselbederf.
Natuurlike Verrotting (Vervolg)
- Bederfbare voedsel (melk, vleis, vrugte, groente) bevat water en bederf vinnig.
- Verwerkte en gekookte kos bederf ook maklik sodra dit oopgemaak/ontdooi word.
- Voedsel met min water en baie sout/suur/suiker bederf nie so vinnig nie.
- Een van die volgende gebeur met natuurlike verrotting:
- Verlies van vog: Verdamping van water op oppervlak.
- Kaas/vleis/vis droog uit.
- Vrugte en groente verlep.
- Aartappelskyfies, brood of koekies word pap.
- Absorpsie van vog
- Ensieme
- Oksidasie: Chemiese reaksie tussen suurstof en voedsel, beïnvloed kleur en tekstuur en vernietig vitamien C.
Eienskappe van Ensieme
- Bespoedig die proses van natuurlike verval in voedselprodukte sodra dit geaktiveer is.
- Verander kleur en geure, maar is nie skadelik nie.
- Lae temperatuur vertraag ensiemwerking, maar stop dit nie.
- Ensieme floreer tussen 30°C en 50°C.
- Ensieme word vernietig by 60°C.
Mikro-organismes
- Bakterieë
- Skimmels
- Giste
- Patogeniese mikro-organismes
- Diere & insekte / besmetting
- Die proses kan vertraag word deur die higiëniese hantering van voedsel.
- Voedselbesmetting gee slegte smaak en reuk aan voedsel
Wette Wat Voedsel Help Beskerm
- Verbruikerswet wat vervaldatum verplig.
- Talle wette vir veilige en higiëniese bereiding van voedsel.
Natuurlike Rypwording
- Ensieme is betrokke wat vrugte en groente ryp maak.
- Maak vrugte en groente sagter en soeter.
- Verander die kleur (bv. groen piesangs bevat stysel wat stadig in suiker verander).
- Blootstelling aan lig vernietig vitamien A tydens rypwording.
Mikro-organismes (Vervolg)
- Is onsigbaar klein en kom oral voor (hande, kos, in water, stof, grond en lug).
- Kan kos kontamineer (besmet) - skadelike mikro-organismes word patogene genoem.
- Patogene produseer natuurlike gifstowwe (toksiene) en veroorsaak voedselbederf of vergiftiging.
- Voorbeeld: Oksaalsuur vergiftiging
- Nie alle mikro-organismes is skadelik nie – word ook gebruik vir vervaardiging van kaas, melk, bier en antibiotika.
- Benodig voedsel, vog, gunstige temperatuur en 'n gepaste pH-balans om te groei en te vermeerder.
Mikro-organismes Verantwoordelik vir Besmetting van Voedsel
- Bakterieë
- Kan deur vuil hande na voedsel oorgedra word, of indien hande nie gewas word nadat die toilet gebruik het nie, ook as aan vel, hare en dan aan kos vat asook deur vuil naels.
- Toerusting - kruisbesmetting (bakterieë word van die een oppervlak na die ander oorgedra).
Gunstige Toestande vir Groei van Bakterië
- Groei en vermeerder vinnig in warmte.
- As vog en voedsel teenwoordig is.
- Aërobiese bakterieë het suurstof nodig om te groei.
- Anaërobiese bakterieë groei sonder suurstof en kan groei op vakuum verpakte voedsel.
- Die groeitempo word beïnvloed deur verskillende temperature.
Hoe om te voorkom dat mikro-organismes vermeerder
- Gebruik hoë temperature om te vernietig.
- Gebruik lae temperature om groei te beheer.
- Voorkom besmetting.
- Gebruik preserveermiddels (sout, suiker en asyn) om groei te inhibeer.
- Skimmel
- Klein plante wat groei op soet voedsel, vars vrugte, groente en graanprodukte.
- Groei aan die buitekant van die voedsel; as dit afgesny word, kan die res van die voedsel eet maar dit is die beste om dit nie te eet nie want waarop muf was mag dalk mikotoksiene bevat (wat giftig kan wees en persoon se niere beskadig).
Gunstige Toestande vir Groei van Skimmel
- Klam, vogtige of nat toestande.
- Temperature tussen 20°C en 25°C (hoër temperature voorkom die groei).
- Suur toestande.
- Giste
- Mikroskopiese eensellige swamme.
- Word in die lug, grond en op die oppervlak van vrugte aangetref.
- Gebruik meel of suiker in voedsel om koolstofdioksied en alkohol te produseer (fermentasie).
Gunstige Toestande vir Groei van Giste
- Groei in warm, vogtige toestande benodig voedsel om te produseer.
- Beste temperature vir groei (25−29˚C).
Patogeniese Mikro-organismes
- Is skadelike bakterieë wat giftige stowwe in voedsel mag vorm.
- Twee tipes patogene:
- Die wat voedselbesmetting veroorsaak.
- Die wat voedselvergiftiging veroorsaak.
- Beide maak jou baie siek en as nie behandel word nie, kan dit tot sterfte lei.
- Voorbeelde van patogene:
- Salmonella
- Staphylococcus
- Clostridium botulinum
- E. Coli
Eienskappe van Patogene
- Nie altyd maklik waarneembaar in voedsel nie.
- Mag soms slymerig wees / sleg ruik.
- Bakteriële spore oorleef in ongunstige toestande, dus oorleef dit in baie koue of baie warm temperature.
Moontlike Simptome van Patogene
- Naarheid
- Braking
- Diarree
- Maagkrampe
Faktore Wat Groeitempo van Bakterieë Beïnvloed
- Voedselsoort/samestelling van voedsel.
- Voggehalte van voedsel.
- Tyd blootgestel.
- Suurgehalte.
- Temperatuur.
Effekte van Patogene op Voedsel (Tekens van Verval)
Gevolge van Bederfde Kos
- Wissel van verandering in smaak, reuk en kleur tot voedselvergiftiging (hoofpyn, braking, maagpyn, diarree, kan selfs lei tot dood) wanneer voedsel met mikro-organismes besmet is.
Belangrikheid om Voedselbederf te Voorkom
- Kan voedselvergiftiging veroorsaak en mense siek maak.
- Kan skadelik wees vir besigheid se naam as mense siek raak van kos.
- Voedsel se smaak, reuk, voorkoms en tekstuur verander.
- Verliese kan lei tot finansiële verlies.
- Kan lei tot eise of boetes vir maatskappy waar dit vandaan kom
Diere, Peste en Plae in die Kombuis
Waarom kombuise die ideale plek vir plae is
- Die kombuise is warm
- Daar is kos en water
- Natuurlike plek waar plae kan gedy
- Plae voed meestal op speserye, gedroogde vrugte, graanprodukte en hondekos
- Diere en peste versprei siektes, en floreer op onbedekte voedsel en voedselstukkies Raak so gou moontlik van peste ontslae anders vermeerder dit vinnig en vorm plae.
- Voorbeelde van peste is vlieë, kokkerotte, muise en rotte
Riglyne vir Beheer van Peste
- Stoor voedsel in lugdigte plastiek-, metaal- of glashouers
- Hou die kombuis skoon
- Bedek alle kos - moenie oornag laat oopstaan nie
- Verwyder vuil en voedsel uit die dreine
- Vullisdrom moet behoorlik verseël
- Haal rommel elke dag uit die kombuis
- Onthou dat voorkoming die beste manier is om plae te bestry
Voedselhigiëne en Voedselveiligheid
- Persoonlike higiëne
- Kombuishigiëne
- Voedselveiligheid
Persoonlike Higiëne
- Hare moet behoorlik in die pet weggesteek wees
- Geen oorbelle of halssnoere/kettings nie.
- Geen buitesakke nie.
- Dra netjiese en skoon klere…
- Geen polshorlosie/ringe nie
- Bedek alle wonde.
- Naels moet kort en skoon wees.
- Torn klere moet herstel of vervang word.
- Dra klompe en veiligheidsskoene..
- Bedek seerplekke en snye met waterdigte pleister.
- Was jou hande deeglik nadat jy in die toilet was.
- Bakterieë kom ook op hare, vel en naels voor, so:
- Was hande
- Skrop vingernaels
- Maak hare vas en bedek
- Maak klere en voorskoot skoon
- Hou klere uit die kos
- Snye moet bedek wees en handskoene dra.
- Moenie op werkoppervlakke sit nie
- Skadelike bakterieë kan in die neus en keel groei en op voedsel oorgedra word, moet nooit aan kos hoes of nies nie
Kombuis Higiëne
- Definisie van skoon: Volgens die Gesondheidswet beteken skoon om vry te wees van enige vuil, onsuiwerhede of besoedeling wat onhigiënies mag wees.
- Werksareas, toerusting en apparate kan 'n moontlike gesondheidsgevaar inhou as dit nie goed skoongemaak word nie
- Skottelgoed, was van borde/apparaat, ens. voordat met die prakties begin word, tap skoon water in beide wasbakke by werkstasie, warm seepwater in die een en warm skoon water in die ander.
- Was in die warm seepwater en spoel af met die skoon warm water, plaas items dan op die droograk om droog te word of droog dit af met 'n skoon vadoek.
Algemene higiëniese gebruike in die kombuis
- Gebruik net skoon gereedskap
- As apparaat hanteer word moenie dat vingers raak aan die dele wat aan kos gaan raak nie, bv. hanteer mes aan steel nie aan snykant
- Verwyder alle gekraakte en gebreekte/stukkende ware
- Bedek altyd voedsel wat moet staan
- Moenie troeteldiere in kombuis toelaat nie
- Maak seker daar is geen peste of plae in die kombuis nie
- Gebruik verskillende bergingsareas vir skoonmaakmiddels en voedsel
- Maak gereeld skoon terwyl jy werk
Higiëne in die kombuis is belangrik omdat dit
- (i) in ooreenstemming met die wet is
- (ii) die uitbreek van voedselvergiftiging voorkom
- (iii) gaste tevrede hou
- (iv) plaagbesmetting voorkom
- (v) die rakleeftyd van voedsel verleng en vermorsing verminder
- (vi) die personeel motiveer aangesien hulle onder goeie omstandighede sal werk
Voorsorgmaatreëls vir Higiëne in die Kombuis
- Klere, vadoeke, afdroogdoeke en werkoppervlakke kan broeiplek vir bakterieë wees
Hantering van Afval
- Voer asblikke uit met vullissakke
- Maak asblikke gereeld leeg
- Sorteer afval vir herwinnings doeleindes
- Spoel alle leë houers uit voor jy dit weggooi, verminder vlieë
- Druk plastiekhouers, blikke en bokse plat voor weggooi, dit verminder volume van afval
- Was hande nadat afval hanteer is
- Was vullisdromme/houers gereeld
- Seël vullissakke behoorlik.
- Verwyder afval van die perseel om reuke te voorkom.
- Die asblik moet ver van die kombuis af wees
- Seël die vullissakke behoorlik
- Verwyder alle kombuisafval en maak die vullisdromme binne en buite leeg aangesien vlieë hul eiers in die afval lê.
- As vullis, veral vleisafval, te lank gelos word broei maaiers uit wat higiëniese probleme kan veroorsaak.
Probleme wat deur Afval Veroorsaak Word
- Dit is lelik en demotiverend - het negatiewe impak omdat dit die landskap bederf
- Besoedel die lug, water, grond.
- Skep gesondheidsgevare as dit nie skoongemaak word nie.
- Vullisterreine raak oorvol en vul grond wat vir ander doeleindes gebruik kan word.
Verantwoordelikheid van Afvalbeheer
- Elke persoon is verantwoordelik om afval te verminder.
- Die munisipaliteit is verantwoordelik vir die versameling van afval in verskillende gebiede.
Die Beste Manier om Afval te Beheer
- Die drie R's om die omgewing te red
- Reduce/Verminder: Die gebruik van minder natuurlike hulpbronne en vermorsing van natuurlike hulpbronne.
- Reuse/Hergebruik: Gebruik dinge weer en weer sodat minder afval geproduseer word.
- Recycle/Herwin: Nie-bio-afbreekbare materiaal kan herwin word om nuwe dinge te maak.
Vermindering van Afval
- Gebruik produkte wat langer hou - herlaaibare batterye
- As grootmaat gekoop word, is daar minder verpakking
- Kies herbruikbare of herwinbare verpakking
- Gebruik inkopiesakke wat van materiaal gemaak is
- Moenie goeie kos weggooi nie - gee dit eerder aan iemand
- Maak van eie kompos is 'n goeie idee
Hernuwing van Afval
- Gebruik plastieksakkies weer
- Gebruik albei kante van 'n papier
- Gebruik plastiekhouers soos margarien bakke weer
- Deel tydskrifte met 'n vriend
- Gebruik glasbottels weer en stuur dit terug na winkels
Voordele van Herwinning
- Verminder afval
- Verminder rommel
- Skep werk
- Verminder besoedeling
- Help met bewaring
- Bespaar energie
- Verminder vervaardigingskoste
Voedselvoorbereiding
- Voedselkontaminasie: verwys na die teenwoordigheid van skadelike mikro-organismes of chemikalieë in voedsel wat siektes kan veroorsaak
- Besmetting vind op twee maniere plaas:
- Direkte besmetting - besmetting van rou voedsel, of die besmetting van plante en diere waarvan die voedsel afkomstig is.
- Kruisbesmetting - oordrag van skadelike bakterieë van een voedsel item na ‘n ander.
Algemene Reëls vir Kruisbesmetting
- Oppervlaktes en toerusting wat met die voedsel in aanraking kom, moet skoon en ontsmet wees
- Moet nooit met rou en gekookte kos op dieselfde oppervlak werk nie
- Sorg dat gereedskap deeglik gewas word voor met gekookte kos gewerk word
- Werk altyd skoon en netjies - maak dadelik skoon indien daar gemors is
- Moenie voedsel te lank by temperature tussen 5°C tot 60°C hou nie
- Gooi voedsel weg as een van die volgende voorkom:
- Vogverlies
- Verbruining
- Slegte reuk
- Slymerigheid
- Gas gevorm het
- Verkleuring plaasgevind het
Om Voedselveiligheid te Verseker
- Voorkom besmetting deur kruiskontaminasie
- Verminder/ verwyder vog deur:
- Droging bv. biltong, gedroogde vrugte
- Rook voedsel (Droog voedseloppervlakte uit) bv. spek
- Insouting (Sout bind vog) bv. “Bokkoms
- Beheer blootstelling/tyd
- Eet voedsel so gou as moontlik na bereiding
- Beperk vervoertyd
- Kook voedsel lank genoeg om seker te maak mikro-organismes is vernietig
- Moenie kos te lank by temperature in gevaarsone hou nie (2 ure maksimum)
- Berg oorskietkos so gou as moontlik
- Voeg preserveermiddels by: (Suur, Suiker of speserye)
- Suur verlaag die pH waarde, mikro-organismes sal nie groei nie bv. Asyn, Wyn
- Verwyder lug/suurstof:
- Suurstof word benodig om te groei behalwe anaerobiese bakterieë Vakuumverpakking of geblikte voedsel sluit suurstof uit en vertraag dus die groei van bakterieë word
- Beheer temperatuur:
- Hou voedsel onder 4°C OF
- Hou voedsel bo 60°C
- Koel oorskietvoedsel so vinnig as moontlik af / vries dit.
- Verhit oorskietvoedsel voor deeglik voor dit weer bedien word
- Kook kos veral vleis tot deeglik gaar
- Verhit oorskietkos net een keer.
- Gooi oorskiet weg na 'n kort tydjie.
Belangrike Riglyne vir Aankoop van Voedselprodukte
- Koop in skoon winkels
- Moenie inkopies doen waar assistente lae standaarde van persoonlike higiëne het nie
- Gaan verpakkingsdatums en verkoopsdatum na
- Moenie bultende blikke koop nie
- Koop bederfbare voedsel laaste wanneer u inkopies doen
- Vervoer bevrore voedsel in 'n koelsak om dit gevries te hou
Datums op Vepakkings
- Verkoop-teen-datum: Wys aan hoe lank die produk vir aankope vertoon mag word. Jy behoort nie ’n produk na hierdie datum te koop nie.
- Beste-voor-datum: Wys hoe lank die produk die beste geur en gehalte sal behou. Dit is nie ’n koop- of veiligheidsdatum nie
- Gebruik-teen-datum: Gee die laaste aanbevole gebruiksdatum aan waarop die produk nog van topgehalte is. Die vervaardiger bepaal hierdie datum
- Verpakkingsdatum: Verskaf inligting aan die vervaardiger ten opsigte van die voorraad, rotasie van die voorraad of om ’n produk wat moontlik ’n probleem kan hê, op te spoor. Hierdie datum dui nie varsheid of gehalte aan nie
Berging van Voedsel
Belangrikheid om voedsel korrek te stoor/berg
- Korrekte berging bewaar:
- Kwaliteit
- Voedingswaarde
- Voorkoms, tekstuur en geur
- Bespaar geld - voorkom dat voedsel bederf word
- Voorkom voedseloordraagbare siektes wat veroorsaak word deur skadelike mikro-organismes
- Pas altyd die EIEU-beginsel toe (Eerste In Eerste Uit)
Bergingstemperature
- Berg grondstowwe en alle bestanddele in die regte omstandighede om:
- Skadelike agteruitgang te voorkom
- Dit teen besoedeling te beskerm.
- Vermenigvuldiging van bakterieë te voorkom
- Kruiskontaminasie te voorkom
Voedselberging Areas
- Droë Berging
- Moet koel, droog, donker en goed geventileer wees
- Temperatuur onder 21ºC
- Vir nie-bederfbare voedsels
- Moet skoon, koel, droog en donker wees
- Genoeg ventilasie
- Produkte moenie op vloer gestoor word nie
- Stoor voedsel en chemikalieë weg van mekaar
- Geen krummels of oop pakkies nie – trek muise, rotte, kakkerlakke aan
- Moet gereeld skoongemaak word onoopgemaakte items moet in oorspronklike houers geberg word
- Geopende items moet in glas- of plastiekhouers geplaas word, met digte deksels
- Koelkasopberging
- 'n Koelkas moet tussen 0°C en 4°C wees
- Verkoeling vertraag bakteriële groei
- Dit help om die risiko van voedseloordraagbare siektes en voedselbesmetting te verminder
- Kos moet bedek word om die kwaliteit te handhaaf
- Vermy die oorlaai van die yskas laat ruimte tussen voedsel
- Maak seker voorraad word geroteer
- Moenie voedsel te lank in yskas stoor nie
- Moenie oop blikkies in die yskas plaas nie
- Maak seker die voedsel word op die regte rakke gestoor
- Boonste rak – Hoe risiko voedsel
- Middelste rak – gereed om te eet en rou voedsel
- Onder rou voedsel
- Moenie deur te veel oopmaak nie - warm lug vloei binne en temperatuur styg (Maak vinnig oop en toe)
- Laat warm kos afkoel voordat dit in die yskas geplaas word
- Maak gereeld skoon
- Vrieskas/ -Stoor
- 'n Vrieskas moet by −18ºC of kouer wees
- Bakterieë is onaktief onder hierdie temperatuur
- Hierdie temperatuur sal die bakterieë se groei vertraag, maar dit maak dit nie dood nie
- Voordat vars voedsel gevries word, moet dit geblansjeer word om al die aktiewe ensieme onaktief te maak
- Vries kos so vinnig as moontlik
- Pak voedsel in lugdigte houers of omslae
- Merk voedsel behoorlik en voeg datum by
- Verpak deeglik - Verwyder lug - Dui datum aan op etiket
- Plaas nuwe voedsel agter die oues (FIFO)
- Seel dig om vriesbrand te voorkom
- Gereelde ontvriesing gee vir beste werking