Tegnologie Graad 8 - Meganiese Stelsels en Beheer

Meganiese Stelsels en Beheer

Meganismes

  • Meganismes skep meganiese voordele.

  • Meganiese Voordeel = Las ÷ Mag

  • Help om meer werk met minder inspanning te doen.

  • 'n Stelsel van onderdele wat saamwerk.

  • 'n Toestel wat 'n insetbeweging en krag in 'n gewenste leweringsbeweging en -krag kan verander.

Hellende Vlak, Wig, Oploop/Oprit

  • Hellende Vlak: 'n Plat oppervlak teen 'n hoek met die grond.

  • Wig: Driehoekig, gebruik om voorwerpe op te lig, in posisie te hou of te skei.

  • Oploop/Oprit: Skuinste van een vlak na 'n ander (hoër) vlak. 'n Oploop is in die vorm van 'n wig.

Wiel en As

  • Eenvoudige masjien: wiel vas aan 'n as.

  • Wanneer die wiel draai, draai die as ook.

  • Voorbeelde: emmer wat aan 'n tou vas is, deurhandvatsel.

Ratte

  • Getande ratte aan 'n dryf- en gedrewe as.

  • Wanneer een rat draai, draai die ander een ook.

  • Teendraaiing: Ratte draai in teenoorgestelde rigtings as hulle ingekam is.

  • Tussenrat: Derde ratwiel om twee ratte in dieselfde rigting te laat draai; moet van harder materiaal gemaak word.

  • Keëlrat: Verander die rigting waarin ʼn rat draai om haaks (90°) op mekaar te wees.

  • Kragvermenigvuldiging: Klein dryfrat met 'n groot gedrewe rat.

  • Snelheidsverhouding: Spoed van Dryfwiel÷Spoed van Gedrewe WielSpoed\ van\ Dryfwiel ÷ Spoed\ van\ Gedrewe\ Wiel

  • Ratverhouding: Getal tande op Gedrewe Rat÷Getal tande op DryfratGetal\ tande\ op\ Gedrewe\ Rat ÷ Getal\ tande\ op\ Dryfrat

Ratverhouding - Bewerkte Voorbeelde

  • Ratverhouding: Getal tande op Gedrewe Rat÷Getal tande op DryfratGetal\ tande\ op\ Gedrewe\ Rat ÷ Getal\ tande\ op\ Dryfrat

  • Meganiese Voordeel: Getal tande op Gedrewe Rat÷Getal tande op DryfratGetal\ tande\ op\ Gedrewe\ Rat ÷ Getal\ tande\ op\ Dryfrat

  • Snelheidsverhouding: Spoed van Dryfrat÷Spoed van Gedrewe RatSpoed\ van\ Dryfrat ÷ Spoed\ van\ Gedrewe\ Rat

Stelselontleding - Die Trapfiets

  • Fiets gebruik 'n ketting en kettingratstelsel.

  • Kettingrat is 'n getande wiel.

  • Dryfrat (meesterrat): kettingrat in die middel van die fietsraam, waaraan die pedale vas is.

  • Gedrewe ratte (slaafratte): aan die agterwiel vas, verskillende groottes.

  • Opdraand: groter agterrat.

  • Afdraand: kleiner agterrat.

  • Inset: Die fietsryer trap die pedale van die fiets in 'n draaibeweging.

  • Proses: Die pedale draai die ketting wat die agterwiel laat draai.

  • Lewering: Die agterwiel draai en laat die fiets beweeg.

Meganismes wat die rigting van beweging verander

  • Nok: Sit draaibeweging om in lineêre heen-en-weer-beweging (wederkerige-beweging).

  • Nok is 'n gevormde stuk materiaal op ʼn as.

  • Volger beweeg op en af en volg die vorm van die roterende nok.

  • Buitemiddelpuntige wiel: Roteer om 'n voorwerp buite sy middelpunt.

  • Slaknok: Draai om 'n sentrale punt met 'n onewe vorm. Kan net in een rigting draai.

  • Kruk: Deel van ʼn as wat haaks gebuig is. Sit heen-en-weer-beweging om in draaibeweging of omgekeerd.

Hefbome

  • Hefboom: beweegbare balk/stang wat om ʼn steunpunt draai.

  • Steunpunt: steun waaromheen ʼn hefboom draai.

  • Drie klasse hefbome:

    • Eersteklas: Steunpunt tussen mag en las.

    • Tweedeklas: Las tussen mag en steunpunt.

    • Derdeklas: Mag tussen steunpunt en las.

Meganiese Voordeel: Berekenings in 'n Eersteklas hefbome

  • Meganiese voordeel = Las ÷ Mag

  • Newton (N) is die SI-eenheid vir krag.

  • Meter (m), Millimeter (mm), Sentimeter (cm) is die SI-eenhede vir lengte/afstand.

  • Lasarm is die afstand van die middelpunt van die steunpunt tot by die ent van die las.

  • Magarm is die afstand tussen die middelpunt van die steunpunt tot by die ent van die mag.

Berekenings van Meganiese Voordeel in 'n Tweedeklas-hefboom

  • Meganiese Voordeel = Las ÷ Mag

Natuurlike Materiale teenoor sintetiese materiale

  • Natuurlike materiale: Materiale in die natuur aangetref.

  • Sintetiese materiale: Materiale wat soos natuurlike materiale lyk en voel, maar in werklikheid nabootsings van die egte produk is.