MFPC III Semester I Opsomming

Horisontale en Vertikale Kurrikulum

  • Horisontale kurrikulum: Grondslagfase (Gr R-3) – verskillende vakke word verbind.
  • Vertikale kurrikulum: Spesifieke graad – bou kennis stapsgewys op.

Assessering volgens KBV (CAPS)

  • ’n Deurlopende, beplande proses van identifisering, versameling en interpretasie rakende die vordering van leerders.
    1. Genereer en versamel bewyse van prestasie.
    2. Evaluering van die bewyse.
    3. Die optekening van bevindige.
    4. Gebruik inligting om leerders te ondersteun en hulle onderrig te verbeter.

Beginsels van Assessering

  • Elke kind is uniek.
  • Assesseer die totale leerder.
  • Assesseer leerders in verskillende omgewings en gebruik verskillende metodes.
  • Assesseer die proses sowel as die finale antwoord.
  • Assessering moet geloofwaardig wees.
  • Bly objektief.
  • Assessering as 'n beplande proses: Beplanning – Implementering – Interpretasie – Kommunikasie.

Tipes Kurrikulum

  • Beplande: Voorgeskryf deur Departement van Onderwys.
  • Geimplementeerde: Onderig deur onderwyser.
  • Bereikte: Deur leerders bemeester.

Faktore wat Implementering van Kurrikulum Beïnvloed

  • Skoolhoof en skoolgemeenskap
  • Graadvlak van onderwyser
  • Kennis van onderwyser
  • Uitkomste wat onderwyser ondersteun
  • Dag-tot-dag omstandighede

Hoofimpakte op Wiskunde

  1. Die behoefde van die kind:
    • Direk betrokke in lewenswerklike ervarings
    • Stimuli-response (alle sintuie)
    • Fokus op behoeftes van elke kind.
  2. Die behoeftes van wiskunde as dissipline:
    • Kennis van historiese metodes en tegnieke
    • Kennis van nuwe navorsing
    • Ontwikkeling van nuwe navorsings metodes en ontdekkings.
  3. Die behoeftes van die samelewing:
    • Kennis van wiskunde
    • Impak
    • Tegnologie

Wiskunde Definisie

  • ’n Taal wat van simbole en notasie gebruik maak om numeriese, meetkunde en grafiese verwantskappe te beskryf.

Onderwyserkennis vir Onderrig

  • Discipline kennis – Vakinhoudkennis
  • Pedagogiese kennis – Algemeen en gespesialiseerd.
  • Praktiese kennis – Teorie na praktyd
  • Fundamentale kennis – Praat, lees en skryf.
  • Situasie kennis – Diverse leer situasies, kontekste en omgewings in onderwerp

Vakinhoudkennis

  • Algemene inhoudkennis
    • Moet meer gedetailleerd wees vir alledaagse gebruik van wiskunde.
  • Gespesialiseerde inhoudkennis
    • Strek verder as net die kennis wat 'n goed opgeleide volwassene het oor wiskunde.
  • Horisontale inhoudkennis
    • Bewustheid van die wyse waarop wiskunde temas verweef is.

Pedagogiese Inhoudkennis

  • Kennis van inhoud en die leerder
    • Kennis van die inhoud van wiskunde en die algemene foute wat leerders maak.
  • Kennis van inhoud en kurrikulum
    • Kennis van die voorgeskrewe inhoud van die kurrikulum vir 'n fase.
  • Kennis van inhoud en onderrig
    • Kennis om te kan onderrig en kennis van wiskunde; onderwysers moet die inhoud korrek kan struktureer.

Wiskunde Inhoudkennis en Vaardighede

  • Inhoudskennis: Getalle, bewerkings en verhouding; Patrone, funksies en algebra; Ruimte en vorm; Meting; Datahantering.
  • Vaardighede: Verteenwoordig en interpreteer; Skat en bereken; Redenering en kommunikasie; Probleemstelling; Probleemoplossing en ondersoek.

Wiskunde kennis wat leerders moet bemeester

  1. Fisiese kennis: Verskaf hulpbronne aparaat (eie ondersoek)
  2. Sosiale kennis: Lewens probleme
  3. Konseptuele kennis: Kennis van die begrippe en die wysers om konseptuele begrip te fasiliteer.
  4. Logiese kennis – wiskundige kennis: Berekeningskennis

Taak van Onderrig

  • Opdragte waarby onderwysers betrokke raak; verantwoordelikheid wat hulle neem om wiskunde binne en buite die klaskamer te onderrig.
  • Die wiskunde kennis van die onderwyser en die vermoë en vaardighede om dit in onderrig en leer situasie toe te pas.

5 Stringe Understanding (U-C-A-R-E)

  • Understanding – begrippe te begryp
  • Computing – prosedures uit te voer
  • Applying – formuleer en oplos van wiskundige probleme.
  • Reasoning – gebruik logika om 'n oplossing te verduidelik.
  • Engaging – sien wiskunde as nuttig, sinvol, en uitvoerbaar.

Leerprosesse

  1. Kinestetiese ervaring (doen,voel,se,sien,en hoor)
  2. Konkreet 3D-ervaring (voel,se,sien)
  3. Semi-konkreet 2D-ervaring ( se,sien en dink )
  4. Abstrak ( herroep,sien,skryf,dink,en bespreek )

Interne en Eksterne Voorstellings

  • Interne voorstellings: die prentjie wat binne-in die brein gevorm word van 'n konsep.
  • Eksterne voorstellings: Wanneer die konsep gebruik word, wat roep die brein op en word geteken.

Konseptuele en Proseduur Onderig

  • Konseptuele onderrig: Wanneer 'n leerder betekenis bou op 'n network van konsepte en hul verwantskappe met mekaar.
  • Procedure onderrig: Prosesse en of stappe word aangeleer om probleme op te los; leerder verstaan nie altyd konsepte nie.

Verhouding tussen leer

  • Konseptuele leer moet eers plaasvind voordat proseduurmatige leer kan plaasvind.

Leerteorieë

Behaviorisme

  • Gedrag gevorm deur kondisionering; Reaksie op stimulus versterk – positiewe of negatiewe terugvoer.
  • Leerder passief – reageer op omgewings stimilus; Leerder begin as lee bladsy- gedrag versterk positiewe of negatiewe terugvoer.

Kognitivisme

  • Beskryf die brein as die mees kragtigste informasie verwerkings en interpreterings network tydens leer.
  • Leerder aktief betrokke; Leerder konstrueer nuwe idees en konsepte gebasseer op sy huidige of vorige kennis oor die tema.

Konstruktivisme

  • Kennis word op konstruksies van die verlede gebaseer (voorkennis); Konstruksies ontstaan deur assimilasie en akkommodasie; Leer is ‘n proses van ontdekking; Betekenisvolle leer kry vind plaas deur reflektiewe nadenke

Piaget se stadiums van ontwikkeling

  • Sensoriese Motoriese stadium: Geboorte – 2 jaar
  • Voor operasionele stadium: 2-6 jaar
  • Konkreet operasionele stadium: 6-12 jaar
  • Formeel operasionele stadium: 12- volwassenheid

Vygotsky

  • Deurlopende ontwikkeling; Sone van Proksimale ontwikkeling.
  • Sosiaal oordraagbare kennis

Sosiale teorie

  • OBSERVASIE / WAARNEMING EN MODELERING--kinders leer hul hele lewenstyl deur waarneming en modellering

Breingebaserde leer

  • Natuurlike leer; Die mens het ‘n behoefte na die soeke om te verstaan. Leer behels die leerder in totaliteit: liggaamlik, geestelik en emosioneel.

Neurowetenskap

  • Studie van die menslike brein en senuweestelsel. LIMBIESE brein – kontroleer geheue, emosies en bioritme; NEOKORTEKS – breingedeelte waarmee jy dink

Geïntegreerde teoretiese sienings

  • Menslike leer is ‘n uiters kompleks en betrek die sintuie, gedrag en rede. Dit betrek ook breinontwikkeling, die tegniese gereedskap wat die omgewing lewer.

Cognitiewe Denk vermoë

Hoër orde denke : Analiseer, dink oor antwoord, hulp en leiding nodig

Hoekom gebruik ons hoë – en lae orde denke?

Om probleme op te los

Stappe van probleem oplossing

  • Verstaan die probleem
  • Ontwerp ten minste een plan
  • Voer die plan uit
  • Evalueer jou plan en die oplossing