Eenheid 2: reënval & Eenheid 3: klimaat

nuwe woorde:

  • Jaarlikse reënval = Totale hoeveelheid reën wat in een jaar op 'n plek val 

Eenheid 3: klimaat 

Nuwe woorde:

  • Weer =  die temperatuur, wind en reënval in 'n  gebied op 'n spesifieke dag

  •  Klimaat =  die gemiddelde weerstoestande vir 'n gebied oor 'n lang tydperk

  •  Vogtig =  warm klewerigheid wat deur te veel water in die lug veroorsaak word 

Die verskil tussen weer en klimaat 

Weer beskryf hoe die weer elemente op 'n spesifieke dag is en klimaat beskryf hoe die algemene weerstoestande vir daardie gebied vir 'n lang tydperk is 

Verskillende soorte klimaat in Suid Afrika

  •  wanneer ons die klimaat van 'n plek beskryf, beskryf ons hoe die somer en winter weer gewoonlik is

  • gebruik woorde soos:

    • baie warm

    • bloedig warm

    •  Koud

    •  Koel

    • Droog

    • Nat

    • Vogtig

  • nat beteken dat dit baie reën 

  • droog beteken dat dit nie baie reën nie 

Klimaat van 'n eie gebied 

Namakwaland:

  • moontlik die droogste deel van suid-afrika

  • winters is warm, droog maar die nagte is koud met ryp

  • somer is baie warm en droog

Wes-kaap:

  •  meeste reënval in die koue winter

  •  somer is baie warm en droog

  • Winter is koud en nat

Oos-Kaap:

  • Word baie warm in die somer - jou vel voel klewerig, maar jy kan in die reën afkoel

  • somer is baie warm, nat en vogtig

  • winter is koel en droog