deontologiese etiek deel 1 en 2

Kant se morele filosofie:

  1. Die mens het intrinsieke waarde

  2. Daar is objektiewe morele pligte

  3. Die mens kan deur haar rede weet wat die regte ding om te doen is

  4. Elke mens is verantwoordelik om self ondersoek in te stel oor wat reg en verkeerd is

Kant se morele filosofie:

  • Vir kant is kennis van morele waarhede die produk van rasionele denke

  • Die mens het n unieke kapasiteit om oor moraliteit te dink, hierie rasionele denke is di eepistemiese begronding vir morele kennis

  • Dit is egter noodsaaklik om sekere aanames te postuler sodat n mens samehangende etiese model kan he

Ons moet die volgende postuleer

  1. Die oortuiging dat God bestaan

  2. Die onsterflikheid van die siel

  3. Menslike vryheid en outonomie

  • vir kant is hierdie ni ekennis nie ,maar POSTURERING. Dit kan nie bewys word nie

  • Dit is eerder noodsaaklike aannames vir die betekenis /sin van sy morele filosofie

  • optrede se morele staus word nie deur die uitkoms bepaal nie

  • Daar is n objektiewe en onvoorwaardelike standaard vir wat reg of verkeerd is

  • Dit is hierdie standaard (as morele werklikheid) wat die morele status bepaal

Die kategoriese imperatief:

  • is die objektiewe en onvoorwaardelike morele standaard vir morele optrede

  • Optrede wat aan hierdie standaard voldoen is objektiewe en onvoorwaardelike pligte

Eerste formulering:

“In alle optrede moet jy alle mense (jouself inkluis) nie bloot as n middel tot n doel hanteer nie, maar op dieselfde tyd as n doel opsigself”

  • Vir die utilitaris is geluk altyd die doel. Mense is nooit opsigself die doel nie, maar eerder die realiteit van om gelukkig te wees. Dit is daarom moontlik dat mense slegs n middel tot daardie doel kan wees

  • vir deontologiese etikus, behoort ons altyd alle mense as n doel te hanteer

Kantt meen:

  • altyd mense altyd met die diepste respek vir hulle menswaardigheid moertt hanteer

  • Mendende jy moet mense as intrinsiek waardevol moet ag en di etotaliteit van hul menswees beskerm en eer

  • Enige optrede wat nie met die bogenoemde versoenbaar is nie, is moreel ontoelaatbaar

  • Dus, indien ek op enige tyd iets doen wat n enkele persoon (myself inkluis) as bloot n middel tot n ander doel hanteer, dan was daardie optrede verkeerd

  • Daar kan geen uitsonderings wees nie

Behoort impliseer kan:

  • Indien jy optredes behoort te doen, dan moet dit die geval wees dat jy dit kan doen. Indien jy nie kan nie, dan is dit nie die geval dat jy dit behoort te doen nie

  • die woord “kan” verwys nie na blote potensiaal nie

    • Ek kan tegnies leer hoe om russies te praat,maar ek kan nie op die oomblik nie

    • N pianis kan klavier speel, maar in die afwesigheid van n klavier kan hy nie

    • Kan word soos in die laasgenoemde manier gebruik

Tweede formulering:

Jy moet in alle optrede so handel dat die beginsel van jou aksie kan dien as n universele wet,sonder om die “behoort impliseer kan” beginsel te oortree

  • gebruik jou rede, nie emosies nie:

    • Is dit logies moontlik dat hierdie daad n universele wet kan wees

    • Indien nie, dann is di eoptrede verkeerd

  • Mag ek moord pleeg?

    • Indien om moord te pleeg n univeresele wet word en almal gehoorsaam hierdie wet, dan sal niemand oorbly wat daardie wet kan gehoorsaam nie

    • Dus om moord te pleeg kan nie n universele wet wees nie. Daarom is dit verbode

  • Saamgevoeg

    • Die regte ding om te doen is dit wat sonder n teenstrydigheid universeel normatief kan wees en mense se intrinsieke waarde respekteer

Relevante veraderlikes vir kant:

  1. Omstandigehde

  2. Motief

  3. Doel

  4. Daad

  5. Uitkoms

Kategoriese imperatief vs. Hipotetiese imperatief

Kategoriese imperatief: vir goeie optrede

Hipotetiese imperatief: om n doel te bereik

Hipotetiese imperatiewe:

  • indien jy gesond wil wees, dan moet jy n gesonde leefstyl he

  • Indien jy meer wil weet, dan moet jy meer lees

Samevatting:

  • kant wou n etiek ontwikkel wat nie gebou is op emosies of uitkomste nie

  • Kant wou n etiek ontwikkel wat gebou is op rede

  • Die mens is vry en verantwoordelik vir haar eie optrede

  • Kant glo dat alle mense intrinsieke waarde het, nie net instrumentele waarde nie

  • Morele waardes en pligte is objektief , universeel en absoluut

  • Die morele status word bepaal deur die kategoriese imperatief

Premis 1: Dit is verpligtend om altyd so te handel dat jou daad moontlik ‘n universele wet kan wees.

Premis 2: Indien jou daad ‘n universele is, dan behoort almal dit te doen.

Premis 3: Indien persone iets behoort te doen, dan kan hulle dit doen.

Premis 4: Dus, indien jou daad moontlik ‘n universele wet kan wees, dan moet dit moontlik wees dat almal dit kan doen.

Gevolgtrekking: DUS, as dit nie moontlik is dat almal dit kan doen nie, dan kan dit nie ‘n universele wet wees nie.

Analiseer die volgende scenario en beoordeel dit vanuit Bentham, Mill en kant se etiek

Daar is ‘n jaarlikse samekoms waar twee van die top tien

rykste mense uit elke provinsie gekies word om teen hul

wil in ‘n moderne kolosseum tot die dood toe te veg. Aan

die einde van die dag mag daar net een wenner wees.

Daar skakel elke jaar miljoene mense in om die skouspel

te geniet. Die gevegte word opgeneem sodat die latere

generasies ook vermaak kan word. Die skouspel het

verrykende ekonomiese voordele en al die deelnemers se

bates word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. Die

deelnemers wat sterf se organe word ook aan mense wat

dit nodig het geskenk.

Scenario’s:

 

1.Leuens om lewe te red

2.Valse beloftes

3.Selfmoord vanuit wanhoop

4.Akademiese bedrog

5.Genadedood

6.Aborsie