Jammer Ma! practice questions

1. Waarom maak die twee seuns 'n video?

2. Dink jy dit was 'n goeie idee dat die ouers hulle kind alleen by die huis gelos het?

3. Waarom sê Denzil vir Regard dat dit nie nou die tyd is om Steven Spielberg te wees nie?

4. As jy na Regard se reaksie kyk, hoe streng dink jy is Denzil se ouers?

5. Wie, dink jy, is Ocean en Basket?

1. Wat was Denzil se suster se naam?

2. Wat doen Denzil se suster?

3. Wat noem ons die skuinsgedrukte dele in die teks?

4. Waar is Denzil se ouers vir die aand?

5. Wat is Theuns se van?

6. Wat wou die seuns graag op die PlayStation speel?

7. Hoe sou die seuns die spesifieke speletjie in die hande kry?

8. Wat het Denzil se vorige oppasser gedoen waarvan hy nie gehou het nie?

9. Wat dink jy, sal 'n ouer heel eerste dink as sy/haar kind sê: " Ons het doodonskuldig op die bank gesit.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Het die rekenaarspeletjie toe ooit by Denzil-hulle uitgekom?

2. Wat is die "band" se naam en watter rol speel elke persoon daarin?

3. Wat is Denzil-hulle se buurvrou se naam?

4. Kies die korrekte antwoorde:

a).Theuns se ma hou nie van die band se musiek nie want sy sê hulle musiek ontstel haar maltese poedel, Fiefie / laat haar potplante vrek.

b).Marvin se ma hou nie daarvan dat die band by die huis oefen nie, want haar kat, Gigi, se senuwees gee in / Sy is bang die huis se vensters sal bars.

c).Jacques se ma hou ook nie van hulle musiek nie. Sy sê hulle musiek laat haar potplante vrek / die huis se vensters bars.

5. Wat is Killer se pa se band se naam?

6. Wat word die pers vloeistof toe genoem?

7. Was die mat waarop die pers vloeistof uitgeval het duur? Hoe weet jy dit?

8. Wat gebeur met die stofsuier en hoe probeer die seuns dit red?

9. Wat het met Ocean en Basket gebeur toe die visbak op die stofsuier omgekeer is?

10. Wat, sê Killer, het met die stofsuier gebeur en hoe weet hy dit?

11. Noem 3 ander treffers van die band se name.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat besluit Denzil om te doen voordat sy ouers tuis is?

2. Wat besluit die seuns om met die videokamera te doen en hoekom?

3. Wat dink Regard, sal die goudvisse ooit weer normaal wees en swem?

4. Skryf die KORREKTE VOLGORDE van die gebeure in die drama neer soos die seuns dit aan Denzil se ouers verduidelik het. 1.Tannie Agnes het oor die geraas gekla.

2.Denzil besluit hy gaan by Regard oorslaap

3.Die stofsuier het ontplof.

4.Ocean en Basket word uit hulle visbak gegooi.

DRAMA MEMORANDUMS

Antwoorde uit Bedryf 1

Antwoorde: Toneel 1

1.

Hulle wil vir hulle verduidelik wat met die tapyt en die stofsuier gebeur het.

2.

Nee, die arme kind se vriende het hulleself vir 'n kuier genooi en groot moeilikheid veroorsaak.

3.

Hy wil net die video-opname maak en klaarkry. Daar is nie nou tyd om hom te gedra soos 'n filmvervaardiger nie. (Steven Spielberg)

4.

Hulle is waarskynlik baie streng, want hy sê die hele tyd hy wil niks met die storie te doen hê nie.

5.

Leerder se eie antwoord met goeie motivering

Antwoorde Toneel 2 en 3:

1.

Jolanda

2.

Sy is 'n student

3.

Toneelaanwysings

4.

By 'n dinee

5.

Mostert

6.

Crash Crisis

7.

Theuns se pa het dit van Amerika af saamgebring.

8.

Sy het geglo kinders mag nie langer as 30 minute TV kyk nie, en moet reeds teen half 8 saans in die bed wees.

9.

Ek sal dadelik wonder wat die kinders nou weer aangevang het.

Antwoorde uit Bedryf 2

Antwoorde Toneel 1

1.

Nee, Theuns het gesê dis vervelig en kinderagtig om PlayStation te speel op 'n Vrydagaand.

2.

Die band se naam is "Haasmal".

Marvin, is die kitaarspeler.

Jacques is die baskitaarspeler.

Killer is die tromspeler.

Theuns is die hoofsanger.

3.

Tannie Agnes

4.

a. sy sê hulle musiek ontstel haar maltese poedel, Fiefie

b. Sy is bang die huis se vensters sal bars.

c. Sy sê hulle musiek laat haar potplante vrek.

5.

Hardekwas Hondsdol Hiënas

6.

Killer se ma se spesiale Wilde Weste Woema-energiekoeldrank.

7.

Ja, want Denzil sê dis eintlik 'n Persiese tapyt en dit kos amper soveel soos 'n plaas in die Karoo.

8.

Die stofsuier het ontplof en omdat Regard gedink het dit brand, het hy die visbak daarop omgekeer.

9.

Theuns het hulle in sy koppie met Wilde Weste Woesma gegooi.

10.

Killer sê die stofsuier is nou stofsuierhemel toe omdat dit nie 'n wet-and- dry-stofsuier was nie. Hy ken stofsuiers want sy pa is 'n stofsuierverkoopsman.

11.

“Erdwurms op my pizza” , “Grilkrokodil” en “Eergister se vuil sokkies” …

Antwoorde Toneel 2:

1.

Hy besluit om 'n video te maak om alles aan sy ouers te verduidelik en om daarna by Regard te gaan oorslaap.

2.

Hulle los dit in die gang sodat Denzil se ouers dit eerste sien voordat hulle die mat en die stukkende stofsuier sien.

3.

Ja, hy dink hulle sal die volgende dag weer normaal voorkom. Die Wilde Weste Woema moet net eers uitwerk...

4.

A,C,D,B