Besigheidstudies Graad 11: Die Bemarkingsfunksie

Bemarkingsfunksie: Oorsig

  • Eenheid 10.1: Bemarking.

  • Eenheid 10.2: Produkontwikkelingsbeleid.

  • Eenheid 10.3: Prysbeleid.

  • Eenheid 10.4: Distribusiebeleid.

  • Eenheid 10.5: Kommunikasiebeleid.

  • Eenheid 10.6: Bemarking in informele sektor.

  • Eenheid 10.7: Elektroniese bemarking.

  • Eenheid 10.8: Buitelandse bemarking.

Leerdoelwitte

  • Definieer bemarking en brei uit oor die betekenis daarvan.

  • Verduidelik die rol van die bemarkingsfunksie.

  • Bespreek bemarkingsaktiwiteite: Standaardisering, gradering, opberging, vervoer, finansiering, risikodra, koop en verkoop.

  • Identifiseer bemarkingsaktiwiteite in scenarios.

  • Bespreek produkbeleid: Tipes produkte, produkontwikkeling, handelsmerke en verpakking.

  • Bespreek kategorieë van verbruikersgoedere.

  • Verduidelik die belangrikheid van produkontwikkeling.

  • Bespreek die stappe van produkontwerp.

  • Noem die doel van verpakking.

  • Besryf die tipes verpakking.

  • Brei uit oor die betekenis van handelsmerke.

  • Bespreek die belangrikheid van handelsmerke vir besighede en verbruikers.

  • Verduidelik die vereistes vir 'n goeie handelsmerk.

  • Brei uit oor die betekenis van prys.

  • Bespreek die belangrikheid van prysbepaling.

  • Bespreek prystegnieke: Koste-gebaseerde prys, opslagpryse, kliënt gebaseerde pryse, kompetisie gebaseerde pryse, promosiepryse, penetrasiepryse, psigologiese pryse, lok/lokaaspryse, afroompryse.

  • Identifiseer prystegnieke uit scenarios.

  • Bespreek faktore wat prysbepaling beïnvloed.

  • Identifiseer hierdie faktore uit scenarios.

  • Definieer die betekenis van distribusie.

  • Bespreek die kanale van distribusie.

  • Onderskei tussen direkte en indirekte kanale van distribusie.

  • Verduidelik die betekenis van tussengangers.

  • Beskryf die tipes tussengangers.

  • Verduidelik die rol van tussengangers in die distribusieproses.

  • Illustreer die verskillende distibusiekanale deur middel van sketse.

  • Verduidelik die redes waarom vervaardigers direkte of indirekte distribusiemetodes sal verkies.

  • Definieer die betekenis van ‘n bemarkingskommunikasiebeleid.

  • Bespreek die komponente van die bemarkingskommunikasiebeleid: verkoopspromosies; advertering; publisiteit en persoonlike verkope.

  • Verduidelik die doel van verkoopspromosies en gee praktiese voorbeelde.

  • Verduidelik die doel van advertering en gee voorbeelde van advertensiemediums.

  • Brei uit oor die betekenis van publisiteit.

  • Gee voorbeelde van publisiteit.

  • Bespreek die doeltreffendheid van persoonlike verkope om besigheidsprodukte te bevorder.

Kernbegrippe

  • Bemarking: Aktiwiteite om die koop en verkoop van 'n produk of diens te bevorder.

  • Produkbeleid: Hoe 'n besigheid 'n nuwe produk gaan ontwikkel en verpak.

  • Distribusie: Hoe die besigheid sy produk tot by die verbruiker neem.

  • Bemarkingskommunikasie: Hoe produkte of dienste gekommunikeer word aan die teikenmark.

  • Tegnologie vir bemarking: Verander die wyse hoe die boodskap oorgedra word.

  • Buitelandse bemarking: Invoere en uitvoere het verhoog.

  • Handelsmerk: 'n Naam gegee deur die vervaardiger.

  • Teikenmark: 'n Spesifieke groep verbruikers.

  • Prysbeleid: Hoe die besigheid die pryse vasstel.

  • Koste: 'n Bedrag wat betaal moet word.

  • Winsopslag: Die bedrag bygevoeg by die kosprys.

  • Substitute: Iets wat in die plek van iets anders gebruik kan word.

  • Webtuiste: 'n Stel verwante webbladsye.

  • Winsgrens: Die gedeelte van die verkoopsprys wat nie gekoppel is aan insetkoste nie.

  • Penetrasie: Die verkoop van produkte in 'n spesifieke mark.

  • Lokaas: 'n Verkooptaktiek wat verbruikers lok met lae pryse.

  • Afroom: 'n Besigheid vra eers die hoogste prys en maak dan geleidelik die pryse laer.

  • Monopolistiese mededinging: Besighede neem die pryse soos gevra deur mededingers.

  • Oligopolie: Beperkte kompetisie waar die mark verdeel is tussen 'n klein aantal vervaardigers of verkopers.

  • Monopolie: 'n Markstruktuur met 'n enkele verkoper.

Bemarking

  • Bemarking verwys na aktiwiteite wat 'n besigheid onderneem om die koop of verkoop van produkte of dienste te bevorder.

Rol van Bemarkingsfunksie

  • Identifiseer verbruikersbehoeftes en waarde.

  • Deel inligting met produksiefunksie.

  • Bied produk/diens aan potensiële kliënte.

  • Verskaf terugvoer oor produk/diens.

  • Verfyn kliënte ervaring.

Bemarkingsaktiwiteite

  • Verwys na metodes om markaandeel te vergroot en handelsmerk te verbeter.

  • Sluit in finansiering, risikodra, koop en verkoop, standaardisering en gradering, opberging, vervoer.

Standaardisering en Gradering

  • Standaardisering: Goedere van dieselfde standaard.

  • Gradering: Produkte gegradeer volgens gehalte.

Opberging

  • Produkte bêre in fasiliteit vir bewaring.

  • Verseker voldoende produkte om in vraag te voorsien.

Vervoer

  • Beweging van produkte van een plek na 'n ander.

  • Manieren: Pad, see, lug, pyplyn, spoor.

Finansiering

  • Verkry fondse om besigheidsdoelwitte te bereik.

  • Eie kapitaal van beleggers.

  • Persoonlike skuld finansiering.

Risikodra

  • Verminder verliese indien besigheid nie suksesvol is nie.

  • Versekeringsmaatskappye deel risiko.

Koop en Verkoop

  • Goedere/dienste verruil vir geld.

Produkontwikkelingsbeleid

  • 'n Belangrike funksie.

  • 'n Deurlopende proses waar besighede moet verbeter op produkte om kompeterend te bly

  • Produkte ontwerp om te voldoen aan behoeftes van doelmark en verbruikers.

Betekenis van Produkbeleid

  • Verduidelik hoe besigheid 'n nuwe produk ontwikkel, ontwerp en verpak.

Tipes Produkte

  • Industriële goedere: Gebruik in vervaardigingsproses.

  • Verbruikersgoedere: Bevredig behoeftes van die verbruiker.

Kategorieë van Verbruikersgoedere

  • Geriefsgoedere: Lae prys, koop sonder om veel te dink.

  • Uitsoekgoedere: Duurder as geriefsgoedere, spandeer tyd om beste waarde te kry.

  • Spesialiteitsgoedere: Spesifieke handelsmerke.

  • Dienste: Nie tasbaar nie.

  • Ongevraagde goedere: Verbruikers dink nie aan totdat nodig.

Produkontwikkeling

  • 'n Proses wat gebruik word om goedere te ontwerp.

  • Besighede is in staat mededingend te bly,omdat hulle altyd op soek is na maniere om hul produkte te verbeter.

Stappe van Produkontwerp

  • Idee generering

  • Ideesifting

  • Konsep ontwikkeling en toetsing

  • Besigheidsanalise

  • Toetsbemarking

  • Tegniese implementering

  • Kommersialisering

  • Hersiening en prysaanpassing

Verpakking van Produkte

  • Beskerming teen kieme, breek, vogtigheid, beskadiging.

  • Inligting oor produk.

  • Vertoon handelsmerk.

  • Veiliger vervoer.

Doel van Verpakking

  • Fisiese beskerming

  • Bemarking van die produk

  • Voorkom bederf

  • Verhoed peuter

  • Verbeter gerief

  • Identifiseer produk

  • Onderskei van mededingers

  • Trek aandag

Tipes/Vorme van Verpakking

  • Eenheidsverpakking: word onmiddellik weggegooi.

  • Dubbele gebruik: Hergebruik.

  • Herverkoop: Produkte in grootmaat.

  • Kaleidoskopiese: Verander om 'n sportgeleentheid te adverteeer.

  • Spesialiteitsverpakking: Pas by produk.

  • Kombinasie verpakking: Komplementêre produkte saam verpak. Seep en waslap, ens.

Betekenis van Handelsmerke

n Handelsmerk is ‘n naam/logo/simbool wat deur die vervaardiger/besigheid gebruik word om produkte/ of die besigheid te onderskei van mededingers se produkte of besighede.

Belangrikheid van Handelsmerke

  • Vestig identiteit/reputasie vir produkte.

  • Beskerm besighede teen mededingers.

  • Maak handelsmerk onmiddellik herkenbaar.

  • Bemarking/advertering van produkte.

  • Skep 'n gevoel van sekuriteit en konsekwentheid vir verbruikers.

  • Bevorder lojaliteit teenoor 'n spesifieke handelsmerk.

  • Verteenwoordig 'n sekere gehaltestandaard en standaardprys vir die verbruiker.

Vereistes van 'n Goeie Handelsmerk

  • Aantreklik vir verbruiker.

  • Pas by die produk.

  • Geskik ontwerp vir teikenmark.

  • Moet onderskei van mededingers.

  • Bevorder die beeld van besigheid.

  • Geskik vir gebruik in uitstallings.

  • Verbind aan bemarkingstrategie.

  • Dui naam en kontakbesonderhede van vervaardiger aan.

Prysbeleid

  • Prys is die maklikste van alle markveranderlikes om te beïnvloed, maar dit is een van die mees ingewikkeldste besluite om te neem

Belangrikheid van Prysbepaling

  • Definieer die waarde van die produk in terme van produksiekoste en gebruik vir die verbruiker.

  • Tasbare pryspunt.

Prystegnieke

  • Koste-gebaseerde, opslagpryse.

  • Kliënt/teiken gebaseerde.

  • Kompetisie gebaseerde

  • Promosieprysbepaling

  • Markpenetrasie

  • Sielkundige pryse

  • Lokpryse

  • Afroompryse

Faktore wat Prysbepaling Beïnvloed

*Insetkoste, vraag, teikenmark, tipe produk.

Distribusie

  • Die wyse waarop besighede hul goedere/dienste tot by die verbruikers bring

Kanale van Distribusie

  • Die pad wat ‘n produk volg vanaf die vervaardiger tot by die verbruiker

Direkte Distribusiekanale
  • Vervaardigers verkoop direk aan verbruikers.

Indirekte Distribusiekanale
  • Vervaardiger gebruik tussengangers

Redes Waarom Vervaardigers Sal Verkies Om Gebruik Te Maak Van Direkte Distribusiekanale

*Verbruikers beheer oor die produk, die eindverbruikers prys is beter.

Redes Waarom Vervaardigers Sal Verkies Om Gebruik Te Maak Van Indirekte Distribusiekanale

*Ervare Agente sal die verbruikers hanteer, tussengangers sal vervoer en opberging hanteer.

Betekenis van Tussengangers

  • Sluit alle mense in wat betrokke is in die distribusieproses tussen die vervaardiger en die verbruiker.

Die Rol van Tussengangers in die Distribusieproses
  • Hulle help om kopers op te spoor names die vervaardiger, hulle help ook om produkte te bemark.

Bemarkingskommunikasiebeleid

  • beskryf al die boodskappe en media wat gebruik word sodat die besigheid effektief met die verbruikers kan kommunikeer.

Komponente van Bemarkingskommunikasiebeleid

  • Verkoopspromosies

  • Advertering

  • Publisiteit

  • Persoonlike Verkope

Die Doel van Verkoopspromosies
  • Die verskillende metodes van bemarking word ontwerp om verkope te verhoog deur die oorreding van bestaande en nuwe verbruikers/kliënte om die produkte van die besigheid te koop.

Voorbeelde van Verkoopspromosies

*Koop een kry een, lojaliteitkaarte, gratis geskenke, gesamentlike promosies

Die Betekenis van Advertering

*Advertering verwys na kommunikasie boodskappe van die besigheid na lede van die publiek en die potensiële teikenmark, waarvoor die besigheid betaal.

Die Doel van Advertering

*Trek die aandag van die potensiële verbruiker of kliënt.

ABBA Beginsel

*Aandag, Belangstelling, Begeerte en Aksie