Finansies: BTW en WVF

BTW

  • BTW vrygestelde items is vrygestel deur 'n parlementêre wet.
    • Voorbeelde: Rente, eiendomsbelasting, uitvoerdienste, kindersorgdienste, opvoedkundige dienste, dienste deur nie-winsgewende verenigings, salarisse, lone, petrol en diesel.
  • Nulkoersbelasting en BTW-vrygestel is nie dieselfde nie.
    • Minister van Finansies kan nulkoersbelasting % verander.
    • BTW-wet moet verander word vir BTW-vrygestelde items.
    • Inset BTW kan nie teruggeëis word by BTW-vrygestelde items nie, maar wel by nulkoers items.

BTW-Berekeninge

  • BTW-uitgeslote bedrag = 100%
  • BTW = 15% van BTW-uitgeslote bedrag
  • BTW-ingeslote bedrag = 115% van BTW-uitgeslote bedrag
  • Gegee BTW-uitgeslote prys:
    • BTW: Prys x 0,15
    • BTW-ingeslote prys: Prys x 1,15
  • Gegee BTW-ingeslote prys:
    • BTW-uitgeslote prys: Prys ÷ 1,15

WVF (Werkloosheidsversekering)

  • WVF verskaf korttermynhulp aan werklose werknemers.
  • Werknemers dra 1% van bruto inkomste by.
  • Werkgewers dra ook 1% by (tot maksimum).
  • Werkgewer is verantwoordelik vir aftrekkings en inbetaling.
  • WVF staan vir Werkloosheidsversekeringsfonds.
  • Indien werkloos, kan aansoek gedoen word vir maandelikse betaling.
  • Aftrekking is 1% van bruto salaris.
  • Werkgewers moet 1% aftrek en self ook 1% bydra (totale bydrae van 2%).
  • Werkloosheidsversekering tot maksimum bedrag.
    Remuneration for UIF purposes is the employee's remuneration is subject to a monthly income cap of R17712R17 712. The maximum UIF contribution for each party is, therefore, R177,12R177,12 a month (R354,24R354,24 in total.)
  • Lone word weekliks betaal, salaris maandeliks.

Basiese Vereistes van die WVF

  • Werknemers wat meer as 24 uur per maand werk, moet bydra.
  • Staatspensionarisse, staatsamptenare en leerders is vrygestel.

Vereistes om te Eis

  • Moet geregistreer wees.
  • Moes maandeliks bygedra het.
  • Werkgewer moes gelyke bydrae betaal het.

WVF Voordele

  • Werkloosheidsvoordele
  • Swangerskapsvoordele
  • Siektevoordele
  • Doodsvoordele
  • Aannemingsvoordele