• Mikro-omgewing: Ondernemings het beheer oor interne faktore soos verskaffers, werknemers en die produkte wat hulle verkoop.
  • Markomgewing: Mededinging en verskaffers beïnvloed sukses; kwaliteit versus prys is sleutelaspekte.
  • Makro-omgewing: Eksterne faktore (ekonomies, sosiaal, ens.) wat buite bestuur se beheer is, beïnvloed besluitneming en strategieë.

Uitdagings van die mikro-omgewing

  • Moeilike werknemers: Negatiewe houdings en hoë toesig benodig.
  • Gebrek aan visie: Lei tot verwarring en gebrek aan fokus.
  • Bestuursvaardighede: Oneffektiewe bestuur kan produktiwiteit en winsgewendheid beïnvloed.
  • Vakbonde: Kan spanning en industriële konflikte veroorsaak.
  • Hoë werknemersomset: Beïnvloed kontinuïteit en werwingsprosesse.

Uitdagings van die markomgewing

  • Kompetisie: Sukses kan bedreig word deur mededingers met soortgelyke produkte.
  • Aanbod tekort: Klante kan verloor word as grondstowwe nie beskikbaar is nie.
  • Veranderinge in verbruikersgedrag: Onvoorspelbare koopgedrag en voorkeurveranderinge.

Uitdagings van die makro-omgewing

  • Verandering in inkomste vlakke: Hoë werkloosheid en rentekoers beïnvloed verbruikersbesteding.
  • Politieke veranderinge: Regering se beleid kan risiko's vir beleggers hou.
  • Wetgewing: Wetgewing soos die Nasionale Krediet wet en Verbruikersbeskerming wet het impak op praktyke.
  • Globalisering: Plaaslike besighede moet mededinging van internasionale ondernemings die hoof bied.

Maniere om mededinging te oorkom

  • Ondernemings moet hulself onderskei deur klante se behoeftes te verstaan en aan te spreek.
  • Verbetering van kliëntediens en -lojaliteit, mededingende prysstelling, en hoë produkkwaliteit is belangrik.

Sosiale verantwoordelikheid

  • Besighede moet maatskaplike verantwoordelikheid aanvaar en betrokkenheid by gemeenskapsprojekte bevorder.
  • Voordele sluit verbeterde werknemersmoraal en winsgewendheid in, asook 'n beter publieke beeld.