Notes on Koos du Plessis's 'Kinders van die Wind'
Koos du Plessis
- Gebore in 1945 in Rustenburg.
- Oorlede in 1984 in 'n motorongeluk.
- Komponis van "Kinders van die wind" (1968).
- Die liedjie is in 2013 aangewys as die Grootste Afrikaanse Liedjie van All Tye.
Liriek
- 'n Gedig waarin 'n "ek-spreker" sy gemoedstemming uitspreek.
- Subjektiewe gevoelsuiting.
- Onderwerpe: natuur, liefde, smart, twyfel.
Woordeskat
- Deuntjie: wysie, melodie.
- Draal: stadig beweeg.
- Grepies: stukkies, deeltjies.
- Lewenswel en –wee: goeie en slegte dinge van die lewe.
- Onthoude: iets wat onthou word (neologisme).
- Vergane: iets wat vergaan het.
- Kelders: dieptes van die see.
- Swerwer: iemand wat van plek tot plek trek.
Strofe 1
- 'n Ou liedjie oor lewenswel en -wee en vergane skepe in die see.
- Alliterasie: –w klank.
- Assonansie: -e in reël 2, -a in reël 3.
- Metafoor.
- Gebroke rym
Strofe 2
- Die woorde is vergete, maar die deuntjie bly hang.
- Alliterasie: –d klank.
- Ellips.
- Gebroke rym: draal - verhaal
Strofe 3 (Refrein)
- Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind nie.
- Almal is "kinders van die wind".
- Ellips.
- Metafoor.
Strofe 4
- Gesigte, drome, name is deur die wind verwaai.
- Niemand weet waarheen die woorde verdwyn het nie.
- Gebroke rym.
Strofe 5 (Refrein)
- Herhaling van die refrein verhoog die musikaliteit.