Middelbreedtesiklone
Kin Koue Front
Gin Koue Front
Lae Druk
Reënbuie
In Koue Front
In Warm Fro
Warm Front
Koue Front B
Warm Lugmassa
Donderweer
Swaar BUIE
Reën
Sneeu, Vriesende Reën
Middelbreedtesiklone
/Eenheid 1
Definisies
Middelbreedtesikloon: 'n Laagdruksel wat in die middelbreedtes ontwikkel en van wes na oos beweeg.
Konvergeer: Bymekaarkom.
Deflekteer: Om weg te draai of te veroorsaak dat iets wegdraai; swenk.
Coriolis-krag: Krag wat die defleksie van bewegende voorwerpe veroorsaak as gevolg van die rotering van die aarde om sy eie as; die grootste by die pole en kleinste by die ewenaar.
Algemene Kenmerke van Middelbreedtesiklone
Laagdrukselle.
Bring koue, winderige en nat weer.
Weerskenmerke word veroorsaak deur die lugdruk- en windpatrone van middelbreedtesiklone en die betrokke lugmassas.
Kenmerke is as gevolg van lugdruk en windpatrone en die lugmassas wat betrokke is by hulle vorming.
Breedtegrade en Klimate
Poolbreedtes: Poolklimate (66.5°N en 66.5°S).
Middelbreedtes: Middelbreedteklimate (tussen 23.5°N en 66.5°N, en 23.5°S en 66.5°S).
Trope: Tropiese klimate (tussen 0° en 23.5°N en 0° en 23.5°S).
Ekwatoriale breedtes: 0°.
Toestande vir Vorming van Middelbreedtesiklone
Twee groot hoogdrukstelsels (antisiklone) is in kontak op die poolfront.
Die warm, subtropiese hoogdruk bevat 'n warm, vogtige seelugmassa.
Die polêre hoogdruk bevat 'n koue, droë lugmassa.
Die lugdruk konvergeer vanuit teenoorgestelde rigtings by die twee kante van die poolfront.
Versteurings op die poolfront lei tot 'n plaaslike laagdruk waarin lug sal vloei en waarom lug sal sirkuleer.
Lugdruk en Windpatrone
Veroorsaak die kenmerke van middelbreedtesiklone.
Lugdruk en Windpatrone in Siklone
Noordelike Halfrond: Winde konvergeer steeds na die lae druk toe, maar as gevolg van die Coriolis-krag is die sirkulasie antikloksgewys.
Middelbreedtesikloon is ’n laagdruksel.
Suidelike Halfrond: Isobaarpatroon en winde wat konvergeer in ’n middelbreedtesikloon in die Suidelike Halfrond. Die winde waai in ’n kloksgewyse rigting rondom en in die laagdrukgebied in.
Lugdruk laag in die middel en neem uitwaarts toe. Lugdruk laer as 1 000 hPa is lae druk. Bv. 992 hPa in die middel van die laedruksel.
Winde waai nie reguit langs die drukgradiënt nie, maar word deur Coriolis-krag gedeflekteer.
Ligging en Lugmassas van Middelbreedtesiklone
Ontwikkel in die “middelbreedtes” tussen en noord en suid van die ewenaar.
Koue polêre lugmassa kom in aanraking met die warm subtropiese lugmassa in ’n sone genaamd die poolfront.
Waar hierdie lugmassas ontmoet, styg die warm subtropiese lug en die koue polêre lug skuif daaronder in.
Die warm lug koel af soos wat dit styg, wat kondensasie van die verdamping van die water veroorsaak en gevolglik word wolke en reën gevorm wat die vernaamste weerskenmerk van middelbreedtesiklone is.
Grootte en Beweging van Middelbreedtesiklone
Dek ’n groot area aangesien dit ’n deursnee van tussen en het.
Hulle kan soveel as in ’n dag beweeg.
Dit duur nagenoeg vyf dae in enige streek, maar indien verskeie middelbreedtesiklone mekaar opvolg, sal hierdie koue, nat weer vir weke voortduur.
Gebiede waar Middelbreedtesiklone Vorm
Middelbreedtesiklone ontwikkel in die middelbreedtes noord, en suid van die ewenaar, in ’n gebied wat as die poolfront bekend staan.
Wêreldverspreiding van Middelbreedtesiklone
Beweeg van wes na oos in beide die Noordelike en Suidelike Halfrond.
Kom hoofsaaklik oor die oseane en kusgebiede voor.
Versprei nie oor groot landoppervlaktes soos Kanada en Asië nie.
Affekteer gebiede tussen en noord en suid van die ewenaar.
Middelbreedtesiklone in Suid-Afrika
Ontwikkel tussen en – die poolfront. Die suidelike punt van Suid-Afrika is , daarom beweeg die koue fronte slegs oor die suidelike Kaapse gebiede.
Die warm fronte is suidwaarts, weg van Suid-Afrika af, gebuig.
Die koue fronte bereik Suid-Afrika net in die winter wanneer al die lugdrukgordels en windstelsels effens noord verskuif.
Lugdrukgordels – gordels van hoë of lae druk wat die aarde by sekere breedtegrade omring, byvoorbeeld die ekwatoriale laagdrukgordel by die ewenaar.
Reën word gebring deur koue fronte wat van wes na oos oor die gebied beweeg.
Dit sal ’n week van koue, bewolkte, nat weer bring.
Partykeer kan koue fronte tot by die noordelike provinsies van Suid-Afrika of selfs Zimbabwe beweeg, en koue, bewolkte en reënweer in daardie gebiede veroorsaak.
Toestande Waaronder Middelbreedtesiklone Vorm
By die breedtegraad (ongeveer), is daar ’n relatiewe kort afstand wat die warm, tropiese lugmassa van die koue poolmassa skei.
’n Front is ’n sone waar twee lugmassas, met verskillende temperature, ontmoet.
Die poolfront is waar die warm, vogtige lug van die middelbreedtesel die koue lug van die poolsel ontmoet.
Hierdie oorgangsone word die poolfront genoem.
Die warmer lug word opgedruk teen die poolfront, terwyl die kouer lug onder inwig.
’n Verskil in lugdruk bestaan tussen die warm, tropiese lug en die koue poollug. Dit veroorsaak ’n lugdrukgradiënt.
Die westelike winde en die polêre oostewinde waai langs hierdie lugdrukgradiënte na die poolfront toe.
Dit gebeur as gevolg van ’n versteuring in winde hoog bo in die atmosfeer in die straalstroom, of dit kan deur ’n bergreeks of die vorm van die kuslyn veroorsaak word.
Soms vorm daar ’n buiging in die poolfront.
Hierdie verandering in die poolfront se toestand maak dat die isobare ’n meer sirkelvormige patroon aanneem en ’n laagdruksel begin vorm.
Die winde deflekteer dan en waai in die laagdruksel in. Dit is die toestand wat nodig is vir die aanvang van ’n middelbreedtesikloon.
Sleutelwoorde:
Lugmassa: ‘n Enorme massa lug, wat oor honderde kilometer strek, met soortgelyke temperatuur en humiditeit.
Poolfront: ‘n Sone waar die koue poollugmassa en warm, tropiese lugmassa ontmoet.
Straalstroom: ‘n Gordel baie sterk westewinde hoog bo in die atmosfeer - bokant - wat die ontwikkeling van middelbreedtesiklone gedeeltelik beheer.
Ontwikkelingstadiums en Weerstoestande
Definisies:
Koue front: Die grenssone tussen ’n koue lugmassa en ’n warm lugmassa. Winde in die koue sektor waai teen die koue front aan.
Warm front: Die grenssone tussen ’n warm lugmassa en ’n koue lugmassa. Winde in die warm sektor waai teen die warm front aan.
Warm sektor: Die gebied op die aardoppervlak in ’n middelbreedtesikloon wat deur warm lug beïnvloed word.
Koue sektor: Die gebied op die aardoppervlak in ’n middelbreedtesikloon wat deur koue lug beïnvloed word.
Model vir die Ontwikkeling van ’n Middelbreedtesikloon
Die volgende model beskryf die ontwikkelingstadiums van ’n middelbreedtesikloon in die Suidelike Halfrond.
Dit neem twee tot vyf dae vir hierdie stadiums om verby ’n gegewe plek op die aardoppervlak te beweeg.
Die gebied wat geraak word, kan oor etlike duisende kilometer strek.
Aanvangstadium:
Eerste stadium van ontwikkeling wanneer ’n kromming in die poolfront ontwikkel.
’n Laagdruktrog begin vorm, die wind wyk af en waai in die laagdruktrog in.
Weerskenmerke op hierdie stadium is dat die wind sterker begin waai en die wolke begin vorm.
Dit is as gevolg van die warm, vogtige lug wat begin styg, afkoel en kondenseer as gevolg van die waterverdamping.
Volwasse stadium:
Die buiging in die poolfront verdiep en die lugdrukgradiënt raak steiler.
Winde waai sterker.
Lug beweeg in ’n kloksgewyse rigting rondom en in die laagdruk in. Die poolfront vorm nou die koue front en die warm front.
Waar koue lug na warm lug toe beweeg, ontstaan ’n koue front. Waar warm lug na koue lug toe beweeg, ontstaan ’n warm front.
Die fronte verdeel die gebied in ’n warm sektor en ’n koue sektor.
Naby die oppervlak het die gebied wat deur die koue sektor geraak word, koue weer met sterk winde, bewolkte toestande en reën.
Die gebied wat deur die warm sektor geraak word, ervaar warmer weer met gebroke wolkbedekking.
Gedeeltelike Okklusiestadium en Okklusiestadium:
Die lug in die warm sektor is warmer en ligter as die lug in die koue sektor, wat koud en dig is.
Die warmsektorlug styg en die kouesektorlug wig daaronder in. Dit veroorsaak dat die warm sektor vernou, terwyl die koue front geleidelik die warm front verbysteek.
Die gedeeltelike okklusiestadium kom voor wanneer dit begin gebeur. Op die ou end is daar hoofsaaklike net koue lug naby die oppervlak. Byna al die warm lug het tot bo die grondvlak gelig.
Die middelbreedtesikloon het nou sy okklusiestadium bereik.
Weerstoestande is koud met nimbuswolke en ligte reën.
Vervalstadium:
Die middelbreedtesikloon is op die ou end net ’n vlagie koue lug op grondvlak. Al die warm lug het hoog bo die oppervlak gelig en daar is koue lug op die oppervlak.
Op die kaart het die laagdruksel verdwyn en die isobare word gelyk.
Weerstoestande is koud met wolke en reën wat opklaar.
Weerpatrone Geassosieer met Koue, Warm en Okklusiefronte
Definisies:
Ruiming: ’n Kloksgewyse windrigtingverandering, byvoorbeeld van suid na suidwes.
Krimping: ’n Antikloksgewyse windrigtingverandering, byvoorbeeld van noord na noordwes.
Weer wat met Middelbreedtesiklone geassosieer word:
Koue Lug: Koue, swaarder poollug daal en sny onder warm lug in.
Warm Lug (warm sektor): Warm, ligter tropiese lug styg bo-oor koue lug
Grondvlak. Hoë, dun wolk ontwikkel
Wolk word laer en dikker
Mooiweer of motreën. Lang tydperk van bestendige reën Minder en ligter buie
Swaar en gereelde buie
Kort tydperk van swaar reën, moontlik hael en donderweer
Warm sektor:
Namate die koue front nader kom:
Die temperatuur daal.
Die lugdruk begin daal.
Die humiditeit daal.
Die wind krimp en word suidwestelik.
Namate die warm front nader kom:
Die temperatuur is laag maar styg stadig.
Reën val.
Die wind is noordoostelik.
Die temperatuur is op sy hoogste.
Die lugdruk is op sy laagste.
Die wind is noordelik of noordwestelik.
Warmfront-toestande word selde oor Suid-Afrika ervaar aangesien dit gewoonlik te ver suid voorkom.
Tabel 4 Redes vir weerveranderinge by die koue front
Temperatuur daal:
Die koue lug agter die koue front het gearriveer.
Wind krimp:
Lug waai in 'n kloksgewyse rigting om 'n laagdrukstelsel in die Suidelike Halfrond.
Wolkbedekking neem toe.
Die warm lug styg cor die koue lug, word afgekoel en kondenseer.
Lugdruk daal.
Lugdruk is net voor die koue front op sy laagste.
Reën val.
As die stygende lug vogtig genoeg is, val onstabiele, swaar reën.
Kouefront-toestande
Koue lug beweeg in onder warm lug
Warm lug styg op teen front
Kouefront-toestande
Gestel jy staan by punt X. Die koue front beweeg van wes na oos. Jy sal dus die weer ervaar wat op al die dele van die diagram aangedui is, terwyl die front verby jou beweeg. Jy sal die volgende weersverandering ervaar:
Temperatuur daal soos die koue front verbybeweeg (beweeg van die warm sektor na die koue sektor).
Druk neem af soos die koue front nader beweeg en styg weer wanneer die koue sektor arriveer (onthou dat lugdruk toeneem wanneer temperatuur daal).
Humiditeit neem af wanneer die koue sektor arriveer (onthou, koue lug kan minder waterdamp as warm lug hou).
Windrigting verander. In die Suidwes-Kaap is die wind noordwes, dan wes, dan suidwes en uiteindelik suid. Hierdie verandering in rigting is antikloksgewys. Wanneer dit gebeur, sê ons dat die wind “krimp”.
In die Noordelike Halfrond draai die wind in ’n kloksgewyse rigting, wat ruiming genoem wordWarm, vogtige, onstabiele lug in die warm sektor word teen die front opgelig. Die front is steil, daarom is daar sterk opwaartse beweging. Die lug koel tot by doupunt af en kondensasie vind plaas, sodat ’n digte cumulonimbuswolk vorm. Donderstorms en reën kom voor.
Warmfront-toestande
Kyk na Figuur 2.16 en stel jou voor jy is ’n waarnemer by punt X wat die weerstoestande beleef soos die warm front van wes na oos verbybeweeg.
Temperatuur styg wanneer die warm front verbybeweeg (beweeg van die koue sektor na die warm sektor).
Druk neem af wanneer die warm sektor arriveer.
Humiditeit styg wanneer die warm sektor arriveer.
Warm, vogtige, onstabiele lug word teen die warm front opgelig. Die wolke wat aan hierdie front vorm, is egter anders. Dit is omdat die gradiënt van die warm front meer geleidelik is. Soos jy kan sien, veroorsaak die meer geleidelike gradiënt van die front ook dat ’n groter gebied deur wolke en reën geraak word.
Eers verskyn cirruswolke hoog bo grondvlak, daarna altostratuswolke. Later verskyn nimbostratuswolke wat sagte, deurdringende reën bring.
Okklusiefront-toestande
Definisies:
Okklusie: ’n Laat stadium in die ontwikkeling van ’n middelbreedtesikloon waar die koue front aan die agterkant die leidende warm front inhaal, die warm lug van die grond af oplig, en die koue lug aan die voorkant van die warm front ontmoet
Warmfront-okklusie : ’n Okklusie waar die koue lug wat verbysteek, warmer is as die koue lug wat ingehaal word
Kouefront-okklusie: ’n Okklusie waar die koue lug wat verbysteek, kouer is as die koue lug wat ingehaal word
’n Okklusie kom voor wanneer die koue front die warm front inhaal en die warm sektor afsluit.
Uiteindelik bly daar net koue lug oor naby die oppervlak. Die warm lug word opgelig na hoër vlakke van die atmosfeer.
Die warm lug koel af, bereik doupunt, kondensasie vind plaas en reën begin val.
Daar is twee soorte okklusie
Warmfront-okklusie
Kouefront-okklusie
Kouefront-okklusie
Kyk na Figuur 2.19 op bladsy 79 en let op die volgende: Lug voor die koue front is effens warmer as die lug agter die koue front. As gevolg daarvan styg hierdie effens warmer lug teen die okklusiefront op, saam met die warm lug van die warm sektor. Wanneer die lug opstyg, koel dit af en kondensasie vind plaas sodat ’n nimbostratuswolk vorm. Reën begin val. Op grondvlak is die koue, nat weer wat met ’n kouefront-okklusie gepaardgaan, soortgelyk aan die weer wat met ’n koue front geassosieer word
Warmfront-okklusie
Kyk na Figuur 2.20 en let op die volgende: Lug voor die koue front is kouer as die lug agter die koue front. Die bring mee dat die lug agter die koue front, sowel as die warm lug in die warm sektor teen die okklusiefront opstyg. Wanneer die lug opstyg, koel dit af en kondensasie vind plaas sodat nimbostratuswolke vorm. Reën begin val. Op grondvlak, is die weer wat met ’n warmfront- okklusie gepaardgaan, soortgelyk aan die weer wat met ’n warm front geassosieer word
Impak van Middelbreedte Siklone Op die:
Ekonomie, Mense en Die Omgewing
Impak Op Die Ekonomie
Ontwrigte Vervoer: Siklone kan vervoerstelsels ontwrig, wat kan lei tot 'n afname in besigheidsaktiwiteit en verbruikersbesteding.
Beskadigde gewasse: Siklone kan oeste beskadig, wat tot voedseltekorte en verhoogde pryse kan lei.
Beskadigde infrastruktuur: Siklone kan langtermynskade aan infrastruktuur en eiendom veroorsaak, wat besighede kan dwing om vir weke of maande te sluit.
Ontwrigte voorsieningskettings: Siklone kan brandstof- en voedselvoorsieningskettings ontwrig
Verlies aan toerisme: Siklone kan veroorsaak dat toeriste ontruim word, wat die aantal toeriste in die volgende maande kan verminder.
Impak op die Mense
Skade aan eiendom en infrastruktuur: Middelbreedtesiklone kan eiendom en infrastruktuur, soos huise en wonings, beskadig.
Verplasing van gemeenskappe: Middelbreedtesiklone kan veroorsaak dat gemeenskappe verplaas word, soos wanneer oorstromings plaasvind.
Koue uiterstes: Middelbreedtesiklone kan koue uiterstes veroorsaak, wat landbou, nywerheid en menslike gesondheid kan beskadig.
Oorstromings: Swaar reën kan oorstromings veroorsaak, wat tot verdrinking kan lei.
Oesskade: Langdurige storms, erge koue en swaar reën kan gewasse en vee beskadig.
Gronderosie: Swaar reën kan gronderosie veroorsaak.
Waterbesoedeling: Siklone kan lei tot waterbesoedeling, wat die verspreiding van siektes kan verhoog.
Impak op die Omgewing
Koue uiterstes: Middel-breedtegraad siklone kan koue temperatuur uiterstes veroorsaak wat landbou, nywerheid en menslike gesondheid kan beskadig.
Kusverwoesting: Middelbreedtesiklone kan verwoesting naby die kus veroorsaak, met rukwinde wat soms orkaankragvlakke kan bereik.
Oorstromings: Middelbreedtesiklone kan oorstromende reën langs die kus bring.
Sneeu: Middelbreedte-siklone kan etlike voet sneeu verder na die binneland bring.
Uiterste windsnelhede: In 'n warmer klimaat neem die aantal middelbreedte-siklone af, maar die verhouding van sikloonverwante uiterste windspoed-gebeurtenisse neem toe.
Temperatuurgradiënte: Middelbreedte-siklone kan die atmosfeer help om ewewig te bereik deur warmer lug na pool en kouer lug na die ewenaar te dra.
Moontlike Voorsorg- en Bestuurstrategieë
Vroeë waarskuwingstelsels
Vestig en onderhou stelsels om die vorming en beweging van siklone op te spoor.
Ontruimingsplanne
Ontwikkel en kommunikeer ontruimingsplanne vir kwesbare gebiede.
Infrastruktuur veerkragtigheid
Implementeer boukodes en -standaarde om infrastruktuur meer veerkragtig teen siklone te maak.
Gemeenskapsbewustheid
Leer die gemeenskap oor siklone, hul potensiële impak, en hoe om voor te berei.
Noodreaksie opleiding
Lei noodreaksiespanne op oor hoe om tydens en na 'n sikloon te reageer.
Persoonlike paraatheid
Voor sikloonseisoen, maak los teëls vas, herstel deure en vensters, en anker verwyderbare voorwerpe. Hou 'n orkaanlantern, droë nie-bederfbare kos en ekstra batterye.
Ontruim wanneer gewaarsku
As 'n plaaslike ontruiming beveel word, luister na plaaslike radio of TV vir veilige roetes en wanneer om te beweeg. Dra sterk skoene en taai klere.
Skuiling tydens 'n sikloon
As 'n sikloon tref, ontkoppel elektriese toestelle en skuiling in die sterkste deel van die gebou. As die gebou begin opbreek, beskerm jouself met matrasse of matte.
Lees en Vertolking van Satellietbeelde en Sinoptiese Weerkaarte
Sinoptiese Weerkaarte
Onthou dat atmosferiese druk deur isobare in hektopascal (hPa) aangetoon word.
Elke weerstasie is met ’n sirkel gemerk.
Die maksimumtemperatuur in °C vir die dag word aangedui links bokant die weerstasie, en die doupunt in °C links onder die sirkel. Die doupunt is die temperatuur waarteen waterdamp in die lug begin kondenseer.
Die windrigting word aangedui met ’n pyltjie wat wys in die rigting waaruit die wind waai. Die pylpunt is die sirkel van die weerstasie.
Die wolkbedekking word binne die weerstasie in agstes aangegee.
Die kort lyne of “vere” op die windpyl dui die windsnelheid aan. Elke lang lyn verteenwoordig 10 knope en elke kort lyn verteenwoordig 5 knope.
Die soort neerslag word regs van die weerstasie aangegee.
Wanneer ons na die diagram van die weerstasie in Figuur 2.21 kyk, kan ons die weerstoestande as volg beskryf:
-die maksimumtemperatuur vir die dag is 28 °C en die doupunt is 20 °C
-die windrigting is noordoos en die windspoed is 10 knope
-die lug is driekwart met wolke bedek en daar is ’n donderstorm
Lugdrukpatrone van Middelbreedtesiklone op Sinoptiese Kaarte
Op sinoptiese kaarte het laagdrukselle die letter “L” in die middel. Die lugdruk in die middel van ’n volwasse middelbreedtesikloon is laer as 1 000 hPa en dikwels so min as 990 hPa.
Koue fronte word ingeteken om die rante van koue lugmassas aan te dui en warm fronte vir die rante van warm lugmassas.
Hoe om Middelbreedtesiklone op Sinoptiese Kaarte en Satellietbeelde te Identifiseer
Ten einde dit suksesvol te kan doen, moet jy jou kennis van koue fronte op ’n sinoptiese weerkaart kan toepas.
Onthou dat koue fronte altyd van wes na oos beweeg. Soek na die volgende inligting wat deur simbole by die weerstasie aangedui word:
die maksimumtemperatuur voor die koue front behoort hoër as die maksimumtemperatuur agter die koue front te wees, aangesien jy van die warm na die koue sektor beweeg
die wolkbedekking behoort agter en al langs die koue front toe te neem, aangesien die cumulonimbuswolke daar vorm
reën en donderstorms kan by weerstasies al langs die koue front voorkom; reën en buie kan agter die koue front in die koue sektor voorkom
die wind krimp wanneer die koue front oorbeweeg; voor die koue front is die windrigting noord en krimp tot noordwes, en beweeg dan wes agter die koue front.
Middelbreedtesiklone op Satellietbeelde
Op ’n satellietbeeld kan jy die koue front aan ’n wolkband identifiseer, en die middel van die laagdruksel aan ’n maling van wolke.
Let ook op dat die wolke in ’n kloksgewyse rigting maal, na die middel van die laagdruksel. Dit wys jou dat die middelbreedtesikloon in die Suidelike Halfrond is.
Die Suid-Afrikaanse Weerburo ontvang voortdurend satellietbeelde. Deur hierdie beelde te vergelyk, kan hulle bepaal hoe vinnig die lugdrukstelsel beweeg.
Hulle kan voorspel wanneer en waar die sikloon die volgende paar dae sal voorkom.