Boekmerk Antwoorde

Boekmerk

1.

Hoe beklemtoon die spreker die feit dat hierdie gedig oor kinders handel?

Die gedig begin met die woord “kinders”, wat alleen in die eerste versreël staan.

2.

Skryf die vergelyking neer wat in versreëls 1-2 voorkom.

"kinders met wange soos mossies"

3.

Watter WOORD in strofe 1 boots die klank wat die mossievlerke maak, na?

"woerende"

4.

In strofe 2 is twee woorde wat in kontras met mekaar staan, saamgevoeg tot een woord. Skryf die woord neer, en sê wat die spreker bedoel.

Bitter + soet = Bittersoet.

Dit is lekker, maar daar is ook slegte elemente by betrokke.

5.

Skryf die woorde neer wat op personifikasie dui (versreël 25-26)

“…pars die wind met wange soos soldaatjies…”

6.

Wie is “mossiekind” (versreël 24)?

Kinders in die onderwyseres se klas.

7.

Wat simboliseer dit as ‘n mens ‘n boekmerk in jou “lewensboek” of herinneringe plaas?

Dit simboliseer dat 'n mens dan juis daardie herinneringe wil onthou.

8.

Waarna verwys die slotreël?

Die slot reël verwys daarna na die lewe nadat skooljare verby is – ‘n mens weet nooit wat vir jou voorlê nie.

9.

Verduidelik die titel van die gedig op letterlike en op figuurlike vlak.

Letterlik: plaas ‘n boekmerk in jou dagboek. ‘n Bladwyser waarmee jy jou plek in ‘n boek hou.

Figuurlik: Dit is daardie goeie herinneringe wat jy aan vashou.

10.

Wie is hier aan die woord? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Die Onderwyseres is hier aan die woord, sy praat van haar eie ondervindinge as klein kind op skool.

11.

Waaruit kan ons aflei dat strofe 1 oor laerskoolkinders gaan?

“mossies” en “lyfie” dui daarop dat hulle nog klein is.

12.

Skryf drie woorde neer wat die leerders se optrede beskryf.

“stoei”, “woerende” en “seilende”.

13.

Waarom sal leerders ‘n onderwyser moedeloos maak?

As hulle nie luister nie/ nie die regte dinge doen nie / nie regkom met wat hulle behoort te doen nie.

14.

Waarom dink die onderwyseres terug aan haar skooldae?

Die baie gesels en geraas van die kinders in die gang het haar laat terug dink aan haar skooldae.

15.

Hoekom is die Jasmyn “bittersoet”?

Die reuk van jasmyn is verskriklik soet – daarom die intensiewe vorm van Soet = Bittersoet.

16.

Maak ‘n lys van die dinge waaroor die leerders vrae het.

Wiskunde, Tale en Aardrykskunde/Geografie.

(Lys vra direk uit gedig uit).

17.

Wat beteken dit dat die onderwyseres “namens mossiekind” werk?

Die onderwyseres probeer haar bes om die lewe vir die kinders in die skool aangenaam te maak.

18.

Gee EEN woord uit die strofe vir “verpak tot ‘n herinnering.”

Boekmerk.

19.

Van watter dinge kan ‘n mens in jou eie lewe ‘n “boekmerk” maak?

Hoogtepunte in skooljare, gradeplegtigheid, troudag, geboorte van kinders, ens.

20.

Wat, dink jy, is die boodskap van hierdie gedig?

Daar is altyd 'n goeie randjie tot enige slegte situasie.

Onderwysers stap die ekstra myl vir die leerders in hulle klas.

21.

Gee ‘n voorbeeld van ‘n metafoor in strofe 1.

“…hande altyd woerende vlerke…”

22.

Haal ‘n voorbeeld van enjambement aan?

Enige sin in versreël 8-21.

23.

Wat is die funksie van die enjambement?

Om die vloei/beweging van die kinders/die lewe uit te beeld/om die leestempo vinniger te maak.

24.

Gee ‘n voorbeeld van assonansie uit strofe 2.

Enige voorbeeld van assonansie.