Semantiek
Datum: 10 Maart 2026
Wat behels semantiek?
Definisie: Die studie van betekenis in taal.
Voorbeeld: "FRIEND SAYS, IT'S JUST SEMANTICS." Dit is semanties dieselfde as om 'n fout te erken.
Woordverhoudings
Voorbeelde:
"Die meisie koop die lekker appels."
"Die dogter verkoop die slegte vrugte."
Semantiek
Belangrike konsepte:
Sinonimie
Antonimie
Hiponimie
Polisemie
Homonimie
Homofonie
Homografie
Sinonimie
Definisie: Woorde met min of meer dieselfde betekenisse, maar die konteks speel 'n belangrike rol.
Voorbeelde van konteks:
"liggaam" x "lyk"
Vergelyk: Germaans vs Romaans.
** verschillen:**
Gedeeltelik (sekere kontekste)
Absoluut (altyd):
"kinderdokter" – "pediater"
"maer" – "slank" – "dun"
Antonimie
Definisie: Woorde met teenoorgestelde betekenisse.
Voorbeelde:
"warm" - "koud"
"mooi" - "lelik"
Tipes Antonimie
Komplementêr:
"lewendig" / "dood"
"oop" / "toe"
"waar" / "vals"
Gradeerbaar:
"yskoud" / "koud" / "koel" / "warm" / "vuurwarm"
Omkeerbare teenoorgesteldes:
"pa" / "seun"
Hiponimie
Definisie: 'n Semantiese verhouding van insluiting.
Voorbeelde:
„plant“
„gras“
„boom“
„struik“
„populier“
„eik“
"wilger"
"bloekom"
Polisemie
Definisie: Woorde met verskillende, maar verwante betekenisonderskeidings.
Voorbeeld: "skool."
Homonimie
Definisie: Dieselfde woord met onverwante betekenisse.
Voorbeelde:
"leer" x "leer"
"noot" x "noot"
"kan" x "kan"
"steel" x "steel"
"eg" x "eg"
Homofonie
Definisie: Verskillende spelvorme wat dieselfde klink, maar met verskillende, onverwante betekenisse.
Voorbeelde:
"rys" x "reis"
"leer" x "leër"
"vaal" x "faal"
"hart" x "hard"
"vonds" x "fonds"
Homografie
Definisie: Dieselfde spelling, klink anders as gevolg van uitspraak, met verskillende betekenisse.
Voorbeelde:
"Die kanon word om vieruur afgevuur."
"Die literêre kanon is baie belangrik in AFNO1608."
"My gunstelingkleur is pers."
"Pers die koerantpapier saam om 'n pulp te maak."
Vasvra
Doel: Evalueer begrip van die les.
Vrae en antwoorde
Wat behels semantiek?
Dit behels die studie van taal in ‘n sosiale konteks.
Dit behels die studie van die struktuur van sinne.
Dit behels die studie van woordbetekenis.
Dit behels die studie van woorddele en -vorming.
Watter woorde staan in die verhouding van teenoorgesteldes?
A. 1 B. 2 C. 3 D. 4 E. 5
Watter woorde staan in die verhouding van sinonimie?
A. 1 B. 2 C. 3 D. 4 E. 5
Watter woorde staan in die verhouding van hiponimie?
A. 1 B. 2 C. 3 D. 4 E. 5
Wat is sinonieme?
Woorde met presies dieselfde betekenisse.
Woorde met teenoorgestelde betekenisse.
Woorde met min of meer dieselfde betekenisse.
Die konteks is belangrik wanneer sinonieme gebruik word.
Waar/Onwaar
Watter tipe sinonieme sal kwaad en woedend wees?
Absolute sinonieme
Gedeeltelike sinonieme
Kinderdokter en pediater is absolute sinonieme van mekaar.
Waar/Onwaar
Watter een pas nie?
"dief" x "skelm"
"saamvat" x "opsom"
"man" x "vrou"
"firma" x "besigheid"
Watter een pas nie?
"water" x "reën"
"koud" x "warm"
"groot" x "klein"
"lelik" x "mooi"
Hulle (veil/ vyl) die meubels op.
veil
vyl
Maer en maar is voorbeelde van:
Sinonimie
Antonomie
Polisemie
Homografie
Geen van die bogenoemde nie
Leen en leun is voorbeelde van polisemie:
Waar/Onwaar
My dosent is 'n akademiese (dokter/doktor).
dokter
doktor
"Die man het ‘n steek in die arm gekry." "Die man steek die leeu met ‘n mes." Steek is ‘n voorbeeld van homonimie.
Waar/Onwaar
Huiswerk
Beide Hoofstuk 7 en 8 is belangrik vir Sintaksis.
Lees deur alles, maar fokus op die aspekte wat in die klas behandel is.
Lees Hoofstuk 9 in jou handboek.
Voltooi die vrae op bl. 27 – 28 in jou werkboek.
Onthou om die Ooreenkoms met die Departement te teken.