DRAMA

Tussenrib-diafragmatiese asemhaling

  • Die bogenoemde is ‘n asemhaling metode waar die borskas tot grootste wydte en diepte oop gespalk word met inaseming en met uitaseming volle beheer oor lugstroom het.

  • Tydens diafragmatiese asemhaling vind die volgende plaas:

  1. Die diafragma trek plat

  2. Die onderste gedeelte van die bors beweeg uit

  3. Sykante van ribbekas beweeg uitwaarts

  4. Bors vergroot bo, onder en sywaart sodat longe meer lug kan inkry

  5. Diafragma druk stadig op teen longe met uitaseming om beheer van lugstroom vloei te verkry vir langer frases en stembeheer

Teaterruimtes

  1. Prosceniumboogverhoog

  2. Arena verhoog

  3. Tongverhoog

  4. Dwarsverhoog

  5. Amfiteater

Artikulatore

  • Lippe: baie beweeglike spraakorgaan waarvan beweeglikheid grootte van mondholte beinvloed vir resonansie kwaliteit, fermheid om konsonante uit te spreek en geronde vokale suiwer weer te gee. Vir opwarming/oefening, blaas soos ‘n perd.

  • Kakebeen: kakebeen is verantwoordelik vir resonansie, vir opwarming/oefening, gaap met ‘n toe mond

  • Tong: beweeglikste spraakorgaan. ‘n Lui tong veroorsaak dat spraak wollerig voorkom en konsonante veranderings ontstaan. Vir oefening/opwarming, probeer jou neus se punt raak

  • Velum: weefsel wat neusholte-opening afsluit, dit moet rats wees om genasaleerde klanke te kan vorm. Vir oefening/opwarming, gaap met ‘n toe mond.

Improvisasie

Definisie: om te maak; om te skep

  1. ongestruktreerd/spontaan - vind plaas sonder enige teks

  2. gestruktureerd - spesifieke karakters, beginpunte en spesifieke volgorde

Doel van improvisasie

  • Om spanning te verminder

  • Om ‘n goeie verbeelding te ontwikkel

  • Om konsentrasie te verbeter en te ontwikkel

Improvisasie wenke

  • Moenie die situasie oordink nie

  • Gebruik jou liggaam

  • Gebruik props

Poppekas

Poppekas is gemik op kinders, jou stem is jou belangrikste instrument en dit moet geloofwaardig wees.

‘n Marionet (pop) is ‘n lewelose voorwerp wat deur popmanipuleerder beweeg word.

Kenmerke

  1. Beperkte spasie

  2. Poppe word gesien as akteurs

  3. Stereotipiese, sprokiesagtige karakters

  4. Een karakter speel verskillende karakters

‘n goeie storie word met stemgebruik oorgedra > artikulasie

> projeksie

> stemverandering

> volume

> toon wisseling

verskillende poppe kan vir manipulasie gebruik word > vingerpop

> handskoenpop

> kostuumpop

> sokkiepop

> marrionette

Radiodrama

Alle dramas kan een in van die kategoriee gedeel word of kan ‘n mengsel daarvan wees:

  • Die uitbeelding van lewens van gewone mense

  • Die skepping van opwinding en aandoening

  • ‘n Stuk wat heeltyd spanning hou

  • Iets wat jou opvoed

  • ‘n Intrige wat jou heeltyd laat wonder

Ooreenkomstes tussen vehoogdramas en radiodramas sluit in:

  • Die uitbeelding moet menslik wees

  • Die uitbeelding moet gemotiveerd wees

  • Die uitbeelding moet relevant wees

  • Daar moet ‘n eksposisie wees

  • Daar moet konflik voorkom

Wenke:

  • Moenie te veel karakters gebruik nie

  • Begin is die belangrikste - moet aandag trek

  • Moenie te veel ompaaie met hoof intrige inloop nie

  • Wees jou eie redakteur sodat jy tevrede met jou eie produk is

Elemente van ‘n radio drama

Dialoog - hou die volgende in gedagte met die skryf van jou dialoog se storie:

  • Moet natuurlik wees en in verband wees met vandag se mense se manier van praat

  • Gebruik korter sinne

  • Die dialoog moet karakteriseer

Hulpmiddels vir ‘n radiodrama:

  • akoestiek (dood of lewend)

  • perspektef

  • byklanke

  • dowe

  • eggo

  • die filmmikrofoon

  • musiek