Materie en Materiale Opsommings

Die Kinetiese Molekulêre Teorie (Deeltjieteorie)

  • Alle materie bestaan uit deeltjies wat te klein is om waar te neem.
  • Daar is oop spasies tussen die deeltjies.
  • Die deeltjies is voortdurend in beweging (kinetiese energie).
  • Daar is aantrekkings- en afstotingskragte tussen deeltjies.
  • Materie se 4 fases: vastestowwe, vloeistowwe, gasse, plasma.

Fases van Materie

  • Vastestowwe
    • Deeltjies dig gepak, vibreer in vaste posisies.
    • Geen spasies, nie saampersbaar nie.
    • Sterk aantrekkingskragte.
  • Vloeistowwe
    • Deeltjies onordelik, kan verby mekaar gly.
    • Neem vorm van houer aan, amper onsaampersbaar.
    • Swakker aantrekkingskragte as vastestowwe.
  • Gasse
    • Deeltjies totaal onordelik, beweeg vinnig en vryelik.
    • Sprei uit en vul houer, saampersbaar.
    • Swak aantrekkingskragte.
  • Plasma
    • Versameling gelaaide deeltjies wat kan breek in elektrone en ione.

Faseveranderinge

  • Fisiese verandering: geen nuwe stowwe word gevorm nie.
  • Smeltpunt: vastestof → vloeistof
  • Vriespunt: vloeistof → vastestof
  • Kookpunt: vloeistof → gas
  • Kondensasiepunt: gas → vloeistof
  • Sublimasie: vastestof → gas
  • Deposisie: gas → vastestof

Onsuiwer Stowwe (Mengsels)

  • Fisiese verandering, geen nuwe stowwe word gevorm.
  • Fisies gemeng/geskei, stowwe behou eienskappe.
  • Homogene mengsels: een fase.
  • Heterogene mengsels: meer as een fase.
Tipes Onsuiwer Stowwe
  • Oplossings: Homogene mengsel, geskei deur verdamping (bv. sout in water).
  • Kolloïede: Heterogene mengsels, deeltjies tussen oplossing en suspensie se grootte, geskei deur sentrifugasie (bv. mayonnaise, aerosols).
  • Suspensies: Heterogene mengsels, deeltjies sak af, geskei deur filtrasie (bv. sand in water).
Fisiese Skeidingsmetodes
  • Handsortering

  • Filtrasie

  • Distillasie

  • Sentrifugasie

  • Chromatografie

  • Skeitregter

  • Kristallisasie

  • Magnetisme

  • Kristallisasie: chemikalieë van vloeistof → kristallyne vastestof.

  • Chromatografie: tempo van opgeloste stowwe in vloeistof (bv. ink skeiding).

  • Distillasie: verdamping en kondensasie (vloeistof suiwer).

  • Fraksionele distillasie: mengsel van vloeistowwe met verskillende kookpunte (bv. ru-olie skeiding).

Struktuur van ‘n Atoom

  • Sub-atomiese deeltjies
    • Proton (p+): Positief, in kern, dra by tot massa, Atoomgetal (Z) = aantal protone.
    • Neutron (n0): Neutraal, in kern, dra by tot massa, Massagetal (A) = protone + neutrone.
    • Elektron (e-): Negatief, in elektronwolk, dra by tot volume. In neutrale atoom: protone = elektrone
  • Nukleone: protone + neutrone
  • Massa van atoom: p+p^+ en n0n^0
  • Volume van atoom: ee^-
  • Bohr-diagramme: protone en neutrone in kern, elektrone in sirkelbane (energievlakke).
    • Eerste baan: max 2 elektrone
    • Volgende bane: max 8 elektrone elk
    • Elektronkonfigurasie voorbeeld: Aluminium (13 protone) = 2:8:3.

Periodieke Tabel van Elemente

  • Elemente geklassifiseer volgens atoomgetal.
  • Twee hoofgroepe: metale en nie-metale.
  • Vertikale kolomme: groepe.
    • Groep 1: alkalimetale
    • Groep 2: alkali-aardmetale
    • Groep 17: halogene
    • Groep 18: edelgasse
  • Horisontale rye: periodes.
Metale
  • Linkerkant van die tabel (behalwe waterstof).
  • Oorgangsmetale tussen groepe 2 en 13.
  • Eienskappe
    • Blink, pletbaar, smeebaar, hoë digtheid.
    • Goeie geleiers van elektrisiteit en hitte.
    • Hoë smelt- en kookpunte.
    • Sommige magneties.
  • Chemiese eienskappe
    • Stel H2H_2 vry met suur.
    • Vorm oksiede met suurstof.
Nie-Metale
  • Regterkant van die tabel (plus waterstof).
  • Eienskappe
    • Baie gasse, lae digtheid.
    • Bros vastestowwe.
    • Koolstof (grafiet) is geleidend, anders isolators.
  • Chemiese eienskappe
    • Reageer nie met sure nie.
    • Vorm gewoonlik dioksiedes met suurstof (sure).
  • Geleiers: Materiale wat elektrisiteit gelei.
  • Termiese geleiers: Geleiers van hitte.
  • Ferromagnetiese materiale: Yster, Nikkel, Kobalt (magneties).
Halfmetale (Metalloiiede)
  • Boor, Silikon, Germanium, Arseen, Antimoon, Telluur, Astaat.
  • Eienskappe
    • Vastestowwe met metaalglans.
    • Bros.
    • Gelei elektrisiteit (nie so goed soos metale).
Belangrike Elemente
  • Leer simbole en name van eerste 20 elemente, asook: Ti, Cr, Mn, Fe, Co, Ni, Cu, Zn, Br, Ag, Sn, I, Pt, Au, Hg, Pb
Sleutel van die Periodieke Tabel
  • Atoomgetal (Z): aantal protone.
  • Massagetal (A): protone + neutrone.
  • Gebruik ‘ℓ’ nie ‘l’ (bv. Cℓ nie Cl)
  • Geen lopende skrif nie (bv. NaBr nie NaBr)
  • Eerste letter hoofletter, tweede letter kleinletter (bv. Co – Kobalt, CO – Koolstofmonoksied)
  • Getal wat hoeveelheid van ‘n sekere element in ‘n verbinding aandui is altyd subskrif (bv. H20 nie H20)

Suiwer Stowwe

  • Chemies gebind en chemies opgebreek.

  • Chemiese verandering: Nuwe stowwe word gevorm.

  • Elemente: Eenvoudigste vorm, nie opbreekbaar deur chemiese reaksies.

  • Verbindings: Suiwer stof uit twee of meer verskillende elemente in vaste verhouding.

  • Molekules: Suiwer stowwe uit atome van een of meer elemente.

  • Diatomiese molekules: Waterstof (g), stikstof (g), suurstof (g), fluoor (g), chloor (g), broom (ℓ), jodium (s) (elemente).

  • Elemente in verbindings kom in bepaalde verhoudings voor, bv. in H<em>2SO</em>4H<em>2SO</em>4 is die verhouding waterstof : swael : suurstof 2 : 1 : 4.

  • Verbindings geskei deur chemiese metodes (bv. elektrolise).

Chemiese Verandering

  • Sintese: Twee stowwe reageer → een produk (bv. yster + swael à ystersulfied).
  • Ontbinding: Een verbinding opgebreek → twee produkte.
Elektrolise
  • Elektriese energie → chemiese energie.
    1. Elektrolise van koperchloried: Koperchloried → chloor + koper
    2. Elektrolise van water: Water → waterstofgas + suurstofgas. Hoffmann voltameter word gebruik.