Uitdagings van die mikro-omgewing
■ Mededinging: besighede wat dieselfde of soortgelyke goedere of dienste lewer.
■ Stakings: werkers weier om te werk totdat daar aan hul eise gehoor gegee is.
■ Sloerstakings: werknemers gaan werk toe soos normaalweg, maar werk doelbewus teen ‘n stadiger tempo.
■ Sosio-kulturele faktore: die oortuigings, norme, waardes en belangstellings wat deur ‘n bepaalde gemeenskap gedeel word.
■ Kontemporêre wetgewing: huidige wette wat deur die regering ingestel is om bedrywighede van besighede in die land te reguleer.
■ Demografi e: die kenmerke van die bevolking soos ouderdom, geslag, ras, opvoedkundige agtergrond, inkomstevlakke, ens.
■ Psigografi e: verbruikers se houding, belangstellings, menings en leefstyle.