Notes on Elasticity and Consumer Choice
Elastisiteit en Verbruikerskeuse
Inleiding
- Hoofstukke 5, 6, 12 en 13 word behandel.
Pryselastisiteit
- Definisie: Die effek van verandering in prys op die hoeveelheid van vraag.
- Pryselastisiteit is ʼn maatstaf van sensitiwiteit/beweging van veranderlikes wat met mekaar verband hou.
- Meet in watter mate die vraag van ʼn produk sal verander indien daar ʼn verandering in die prys is.
- Afhanklike veranderlike = Hoeveelheid (Q)
- Onafhanklike veranderlike = Prys (P)
- PED is die % \$\Delta$ in die hoeveelheid gevra indien die prys van die produk met een persent (1%) verander.
- Formule:
- PED = \frac{\% \Delta \text{ in hoeveelheid gevra}}{\% \Delta \text{ in prys}}
- PED = \frac{\%\Delta Q}{\%\Delta P}
Pryselastisiteit van Vraag (PED)
- \$\Delta$ = verandering (simbool)
- P = Prys van die produk
- Q = Hoeveelheid aangevra van die produk
- Formule:
- E_d = \frac{P}{Q} \times \frac{1}{\text{helling}}
- Helling = \frac{\Delta P}{\Delta Q}
Voorbeeld
- Helling bereken:
- Helling = \frac{10-0}{40-60} = -0.5
- Omgekeerde van die helling:
- Elastisiteit bereken:
- E_d = \frac{10}{40} \times -2 = 0.25 \times -2 = -0.5
- Evalueer elastisiteit in sy absolute waarde (positiewe waarde): 0.5
Grafiese Voorstelling van Elastisiteit
- Elasties: steiler helling, \Delta P < \Delta Q_D (\Delta 2\% < \Delta 3\%$)
- Onelasties: platter helling, \Delta P > \Delta Q_D (\Delta 2\% > \Delta 1\%$)
- Die helling van elastisiteitkurwes is die omgekeerde van die helling van ʼn reguit lyn.
- Perfek Elasties: Horisontale helling (Rys)
- Perfek Onelasties: Vertikale helling (Insulien)
Berekening van Pryselastisiteit van Vraag
- Om die pryselastisiteit van vraag te bereken, moet ons die % \$\Delta$ bereken:
- % in die hoeveelheid gevra = \frac{\Delta Q}{Q} \times 100
- % in die prys van die produk = \frac{\Delta P}{P} \times 100
- Twee maniere:
- Punt-elastisiteit: bereken elastisiteitskoëffisiënt vir ʼn punt op die kromme
- Boog-elastisiteit: bereken elastisiteitskoëffisiënt tussen 2 punte (meet elastisiteit van ʼn gedeelte op die kurwe)
Pryselastisiteit Koëffisiënte
- Elasties: \Delta P < \Delta Q_D
- Eenheidslasties: \Delta P = \Delta Q_D
- Onelasties: \Delta P > \Delta Q_D
Kategorieë van Pryselastisiteit
- Volmaak onelastiese vraag: e_p = 0
- Onelastiese vraag: 0 < e_p < 1
- Eenheidselastisiteit: e_p = 1
- Elastiese vraag: 1 < e_p < \infty
- Volmaak elastiese vraag: e_p = \infty
Voorbeelde van Elastiese en Onelastiese Produkte
- Elastiese produkte:
- Meubels, klere, juwele
- Voorbeeld: Verhoging in prys van lamvleis lei tot afname in hoeveelheid gevra (maar \Delta P < \Delta Q), sensitief, baie substitute en luuks.
- Onelastiese produkte:
- Petrol, sout, medikasie
- Voorbeeld: Verhoging in prys van petrol lei tot afname in hoeveelheid gevra (maar \Delta P > \Delta Q), onsensitief, min substitute en noodsaaklik.
Faktore wat Pryselastisiteit van Vraag Beïnvloed
- Persentasie inkomste wat aan produk bestee word
- Beskikbaarheid van substituutprodukte
- Noodsaaklikheid van produk
- Die invloed van tydsduur/tydperk
- Gewoonte-aankope
Inkomste Elastisiteit (Yd)
- Positief (+) = normale produkte:
- + > 1 = luukse produkte
- + < 1 = noodsaaklike produkte
- Negatief (-) = minderwaardige produkte
Kruis Elastisiteit (EAB)
- Die verhouding tussen twee produkte, substituut of komplementêr.
- Substituut produkte: positiewe (+) verhouding (PA↑; DB ↑)
- Komplementêre produkte: negatiewe (-) verhouding (PA↑; DB↓)
Opsomming van Elastisiteitskoëffisiente
- Pryselastisiteitskoëffisiente (Ed): Positief (+) of Negatief (-) word in absolute terme evalueer
- Ed > 1 … Elasties, \$\Delta$P < \$\Delta$QD … Elasties
- Ed < 1 … Onelasties, \$\Delta$P > \$\Delta$QD … Onelasties
- Inkomste elastisiteitskoëffisiente (Yd): Positief (+) Normaal ; Negatief (-) Minderwaardig
- Yd > 1 … Luuks, \$\Delta$Y < \$\Delta$D … Luuks
- Yd < 1 … Noodsaaklik, \$\Delta$Y > \$\Delta$D … Noodsaaklik
- Kruiselastisiteitskoëffisiente (EAB) Positief (+) Substituut ; Negatief (-) komplementêr
- EAB > 1 … Sterk verhouding, \$\Delta$PA < \$\Delta$DB … Sterk
- EAB < 1 … Swak verhouding, \$\Delta$PA > \$\Delta$DB … Swak
Nut, Begrotingslyne en Onsydigheidskurwes
Nut
- Utils (utility)
- Grensnut (marginal utility)
- Totale nut (total utility)
- Wet van dalende grensnut (law of diminising marginal utility)
- Totale, gemiddelde en grenswaardes
Wet van Dalende Grensnut
- Nut word gebruik om die graad van behoeftevoorsiening wat ʼn verbruiker uit die verbruik van goedere/dienste verkry, uit te druk
- Kardinale nut berus op die idee dat nut op die een of ander wyse gemeet kan word = nutsbenadering
- Ordinale nut beteken dat die mate waartoe verskillende produkte of kombinasies van produkte in ʼn verbruiker se behoefte voorsien, in ʼn rangorde geplaas word = onsydigheidsbenadering
- Vir ʼn verbruiker om in ewewig te wees, moet twee voorwaardes nagekom word:
- Die kombinasie goedere wat gekoop word, moet bekostigbaar wees.
- Die geweegde grensnutte van die verskillende goedere moet gelyk wees
Onsydigheidskromme
- Die onsydigheidbenadering tot die ontleding van die vraag na goedere en dienste berus op die idee van ordinale nut.
- Definisie: ʼn Onsydigheidskromme is ʼn kromme wat alle kombinasies van twee produkte toon wat aan die verbruiker dieselfde behoefte bevrediging of nut verskaf.
Aannames
- Die onsydigheidsbenadering berus op drie basiese aannames:
- Volledigheid
- Konsekwentheid
- Nie-versadiging
Eienskappe van Onsydigheidskrommes
- Toon verskillende kombinasies van twee produkte wat dieselfde nut aan verbruiker verskaf.
- Verbruiker kan meer as een onsydigheidskromme hê.
- Hoe verder vanaf die oorsprong die kromme lê, hoe groter is die verbruiker se nut.
- Verbruiker sal altyd op die hoogste moontlike onsydigheidskromme wil wees, aangesien behoeftevoldoening groter is.
- Onsydigheidskrommes sny mekaar nooit nie
Begrotingslyn
- Ons het nou gekyk na die behoeftevoldoening wat verskillende kombinasies goedere aan die verbruiker verskaf.
- Nou kyk ons na ʼn ander element van die verbruiker se besluit: die kombinasies wat bekostig kan word.
- Hier maak ons van ʼn begrotingslyn gebruik.
Markmislukking
- Markmislukking is die ekonomiese situasie wat deur 'n ondoeltreffende verspreiding van goedere en dienste in die vryemark bepaal word. Verder lei die individuele aansporings vir rasionele gedrag nie tot rasionele uitkomste vir die groep nie.
- In die ekonomie is 'n eksternaliteit die koste of voordeel wat 'n party raak wat nie gekies het om daardie koste of voordeel te bekom nie. Eksterniteite kom dikwels voor wanneer die prys-ewewig van 'n produk of diens nie die ware koste en voordele van daardie produk of diens kan weerspieël nie
Positiewe Eksternaliteit
- 'n Positiewe eksternaliteit is 'n voordeel wat deur 'n derde party geniet word as gevolg van 'n ekonomiese transaksie. Derde partye sluit in enige individu, organisasie, eiendom eienaar of hulpbron wat indirek geraak word. Die meeste verdienste goedere genereer positiewe verbruik eksternaliteite, waarvoor begunstigdes nie betaal nie.
Negatiewe Verbruik Eksternaliteite
- Wanneer sekere goedere verbruik word, soos demerit goedere, kan negatiewe effekte op derde partye ontstaan. Gewone voorbeelde sluit in sigaretrook, wat passiewe rook kan skep, oormatige alkohol kan drink, wat 'n aand vir ander kan uitblaas en geluidsbesoedeling.
Opsomming van Markmislukking:
- Oorsake:
- Negatiewe eksternaliteite
- Positiewe eksternaliteite
- Openbare goedere
- Verdienstelike goedere
- Informasie oorlading
- Finansiële mark
- Monopolie besigheid
- De-merit goedere
- Inligting mislukkings
- Monopolieë
- Onbeweeglikheid van faktor insette