Vraag en Aanbod Deel 2: Mikro-ekonomie
Inleiding tot Vraag en Aanbod
- Die lesing fokus op die konsepte van vraag en aanbod in mikro-ekonomie.
- Die belangrikheid van firmas in die ekonomie word beklemtoon.
- Hulle aanwending van skaars hulpbronne.
- Indiensname van mense.
- Betaling van belasting.
- Produksie van goedere en dienste.
- Firmas moet fokus op wins en langtermyn-verwagte-waarde-maksimering om by te dra tot sosio-ekonomiese welstand.
Wet van Vraag
- Definisie: Vraag verwys na die hoeveelheid goedere en dienste waarvoor ʼn potensiële koper gewillig is om te betaal en kan bekostig.
- Die wet van vraag bepaal die helling van die vraagkurwe.
- Hoe hoër die prys van ʼn produk, hoe laer die hoeveelheid wat aangevra word, ceteris paribus (alle ander dinge onveranderd).
- Inverse verhouding tussen prys (P) en hoeveelheid aangevra (Qd): en
Determinante van Vraag (QD)
Daar is vyf determinante wat die hoeveelheid vraag (QD) bepaal:
- Prys van die produk.
- Prys van verwante produkte (komplemente en substituutprodukte).
- Inkomste van die verbruiker.
- Die voorkeur en smake van die verbruiker.
- Die grootte van die populasie.
- Wiskundige voorstelling:
- Waar:
- Px = Prys van die produk
- Py = Prys van verwante produkte
- Y = Inkomste van die verbruiker
- T = Smaak
- Pop = Populasie
- Ep = Verwagting dat toekomstige pryse gaan verander
- Waar:
Bewegings langs vs. Verskuiwings van die Vraagkromme
- Bewegings OP (BO) ʼn vraagkromme:
- Word veroorsaak deur verandering in die prys van die produk (Px).
- Verskuiwing VAN (VV) die vraagkromme:
- Word veroorsaak deur veranderinge in:
- Prys van ʼn substituutproduk of komplementêre produk (Py).
- Verbruiker se inkomste (Y).
- Verbruiker se voorkeure of smaak (T).
- Grootte van die populasie (Pop).
- Verwagting dat toekomstige pryse gaan verander (Ep).
- Word veroorsaak deur veranderinge in:
Substituutprodukte
- Definisie: Produkte wat in plaas van mekaar gebruik kan word.
- As die prys van produk A toeneem, sal die vraag na produk B toeneem (+).
- Grafiese Voorbeeld:
- As die prys van Coca-Cola styg, sal die vraag na Pepsi toeneem en andersom.
- Toename van vraag:
Komplementêre Produkte
- Definisie: Produkte wat saam verbruik word om ʼn behoefte te bevredig.
- As die prys van produk C toeneem, sal die vraag na produk D afneem (-).
Aanbod
- AANBOD verwys na die hoeveelhede van 'n produk of diens wat ondernemings beplan om gedurende 'n bepaalde tydperk teen verskillende moontlike pryse te verkoop.
- WET VAN AANBOD: (Bepaal die helling van die kurwe) As die prys styg en alle ander faktore bly konstant/onveranderd (d.w.s. ceteris paribus), sal die hoeveelheid aangebied styg.
Determinante van Aanbod (QS)
Daar is vyf determinante wat bepaal hoeveel van 'n produk (QS) of diens verkopers beplan om teen verskillende pryse te verkoop:
- Die prys van die produk (Px)
- Die prys van alternatiewe produkte (substitusie in produksie) (Py)
- Die prys van produksiefaktore en ander insette (Pf)
- Weertoestande (Weer)
- Die stand van tegnologie (tegn)
- Verwagte toekomstige pryse (Ep)
- Wiskundige voorstelling:
Bewegings langs vs. Verskuiwings van die Aanbodkromme
- Bewegings OP (BO) ʼn aanbodkromme:
- Prys van die produk
- Verskuiwing VAN (VV) die aanbodkromme:
- Die prys van alternatiewe produkte
- Die prys van produksiefaktore en ander insette
- Weertoestande
- Die stand van tegnologie
- Verwagte toekomstige pryse
Vraag en Aanbod in Aksie
- VRAAG STYG: Regs
- VRAAG DAAL: Links
- AANBOD STYG: Regs
- AANBOD DAAL: Links
Markewewig
- Vraag en aanbod is nou gekombineer en ons kyk nou na die ewewig van ʼn produk.
- Die punt waar vraag en aanbod bymekaarkom (die twee kurwes mekaar sny) = ewewig
- VERBRUIKERSURPLUS ↔ VRAAG
- Dit beteken dat verbruikers teen verskillende pryse verskillende hoeveelhede produkte vra.
- PRODUSENTESURPLUS ↔ AANBOD
- Dit beteken dat produsente bereid is om eenhede van die produk teen laer as die markprys aan te bied
Markewewig: Surplusse
- Area B = Verbruiker surplus
- Area A = Produsente surplus, in the geval van die market-clearing prys Pm.
Minimum en Maksimum Pryse
- Maksimum pryse beheer – plafonprys
- Die maksimum prys wat ingestel is, is laer as die ewewigsprys (soos in die vryemark bepaal)
- Op produkte soos stapel voedsel (brood, mieliemeel, rys…)
- Laer prys, hoër hoeveelheid aangevra – Lei tot tekort op mark
- Minimum pryse beheer – vloerprys
- Die minimum prys wat ingestel is, is hoër as die ewewigsprys (soos in die vryemark bepaal)
- Op produkte soos demerit produkte (tabak, alkohol… ), op lone en ingevoerde goedere.
- Hoër prys, laer hoeveelheid aangevra – Lei tot oorskot op mark
“Deadweight Loss”
- 'n "Deadweight loss” (DWL), ook bekend as oormatige las of allokasie ondoeltreffendheid, is 'n verlies aan ekonomiese doeltreffendheid wat kan voorkom wanneer die vrye mark-ewewig vir goedere of dienste nie bereik word nie
- Voorbeelde van “deadweight loss”. Plafonpryse (max pryse) en huurkontroles kan ook “deadweight losses” veroorsaak deur produksie te ontmoedig en die aanbod van goedere, dienste of behuising te verminder, laer as verbruikers se vraag.
- Verbruikers ervaar tekorte en produsente verdien minder as wat hulle andersins sou.
Die impak van gelyktydige verskuiwings van vraag en aanbod kurwes op markopruimingspryse en hoeveelhede.
- Reël 1: Toename in vraag, ceteris paribus, sal lei tot 'n toename in ewewigsprys en hoeveelheid, terwyl 'n afname in vraag, ceteris paribus, sal lei tot 'n afname in ewewigsprys en hoeveelheid.
- Reël 2: Toename in aanbod sal lei tot 'n afname in ewewigsprys, maar 'n toename in ewewigshoeveelheid. 'N Afname in aanbod sal lei tot 'n toename in ewewigsprys, maar 'n afname in ewewigshoeveelheid.
- Geval 1: Gelyktydige toename in vraag en aanbod.
- Toename in aanbod = ↓Pe & ↑Qe.
- Toename in vraag = ↑ Pe & ↑Qe.
- Qe sal dus beslis ↑ maar impak op Pe is onbepaald.
- As die relatiewe % toename in vraag groter is as relatiewe % toename in aanbod Pe sal ↑ maar as relatiewe % toename in aanbod groter is as die relatiewe % toename in vraag, sal Pe ↓.
- Geval 2: Gelyktydige afname in vraag en aanbod.
- Afname in aanbod = ↑Pe & ↓Qe.
- Afname in vraag = ↓ Pe & ↓Qe.
- Qe sal dus beslis ↓ maar impak op Pe is onbepaald.
- As die relatiewe % afname in vraag groter is as relatiewe % afname in aanbod Pe sal ↓ maar as relatiewe % afname in aanbod groter is as die relatiewe % afname in vraag Pe sal ↑.
- Geval 3: Gelyktydige afname in aanbod en toename in vraag.
- Afname in aanbod = ↑Pe & ↓Qe.
- Toename in vraag = ↑ Pe & ↑Qe.
- Pe sal dus beslis ↑ maar die impak op Qe is onbepaald.
- As die relatiewe % afname in aanbod groter is as relatiewe % toename in vraag Qe sal ↓ maar as relatiewe % toename in vraag groter is as die relatiewe % afname in aanbod Qe sal ↑.
- Geval 4: Gelyktydige toename in aanbod en afname in vraag.
- Toename in aanbod = ↓Pe & ↑Qe.
- Afname in vraag = ↓ Pe & ↓Qe.
- Pe sal dus beslis \u maar impak op Qe is onbepaald.
- As die relatiewe % toename in aanbod groter is as relatiewe % afname in vraag Qe sal ↑ maar as relatiewe % afname in vraag groter is as die relatiewe % toename in aanbod Qe sal ↓.
Markewewig voorbeeld
- Oorspronklike ewewig (Prys: R30, Hoeveelheid: 6)
- Aanduiding dat aanbodkromme na links verskuif
- Aanduiding dat vraagkromme na regs verskuif
- Aanduiding van nuwe ewewigsprys (Toename in prys – dus meer as R30)
- Aanduiding dat die ewewigshoeveelheid dieselfde bly
- Titel by x-as: hoeveelheid koffie
- Titel by y-as: prys van koffie