Afrikaans Letterkunde Notes

‘n Goeie Dag Vir Boomklim:

  • Die verhaal begin met Marnus besig is om skottlegoed to was. Die deurklokkie lui en Marnus maak die deur oop. Daar is ‘n meisie wat vra vir Donovan. Donovan en Adrian het ‘n nuwe “besigheid” waar Donovan soenlesse gee.

  • ‘n Paar minute late toe die deurklokkie weer lui en Marnus weer die deur oopmaak dink hy dadelik dat die meise by die deur ook daar is vir soenlesse. Maar die meisie vra dat Marnus ‘n petisie teken. Toe Marnus nie die petisie wil teken nie, sê die meisie dat dit vir ‘n goeie doel is. Sy sê day sy vir Marnus sal gaan wys. Die meisie is Leila.

  • Leila neem vir Marnus na die parkie waar sy vir hom die witkareeboom wys. Leila noem die boom “Die Boom in die Middle van die Heelal”. Leila sê dat sy toe sy klein was geleer het hoe om boom te klim in hierdie spesifieke boom. Die munisipaliteit wil die boom afkap omdat hulle ‘n pyp wil lê. Leila wil die boom red omdat die boom vir haar sentimentele waard (value) inhou.

  • Toe die munisipaliteit werkers opgraad om die boom af te kap, wil hulle nie Leila se petisie aanvaar (don’t accept it) nie en Leila klim toe in die boom om te keet dat hulle die boom afkap. Marnus klim ook in die boom om Leila te ondersteun (support). Die munisipaliteit werkers wat Marnus Rooigesig en Rotgesig noem is baie frustreerd dat hull nou nie hulle taak kan voltooi om die boom af te kap terwyl Marnus en Leila in die boom sit nie.

  • Mevrou Merriman het met haar twee hondjies, Trixibelle en George, in die park kom stap. Sy bied vir Marnus en Leila koeldrank aan. Sy word ‘n onverwagse ondersteuner (supporter).

  • Nadat hulle al lank in die boom gesit het, besef Marnus dat hy toilet toe moet gaan. Hy gaan na die rolbalbaan se badkamer. Daar ontmoet hy vir John Carelse, die opsigter van die rolbalbaan. Hy vertel vir Marnus en Leila van sy jonger boetie wat die woonbuurt Distrik Ses wou red.

  • Leila en Marnus sit nou al die hele dag in die boom. Donovan kom na die park om uit te vind waar Marnus is. Marnus en Donovan se ma bel vir Donovan terwyl hy in die park is. Leila praat met Marnus se ma op die telefoon en verduidelik dat hulle protes aanteken en dat sy die boom wil red. Marnus se pa kom ook later na die park om vir Marnus te kry om huis toe gaan. Leila se ma daag later op en sê dat sy gedurende die nad by Marnus en Leila sal bly. Leila se ma het vir hull komberse gebring sodat hulle gemakliker kan slaap.

  • Gedurende die nag word hulle wakker toe hulle geluide hoor. Ons vind uit dat dit net ‘n rondloperhond was wat op soek was na kos om te eet. Die volgende oggend bring die opsigter (Oom John) vir hulle koffie.

  • ‘n Joernalis van die koerant, Oggendnuus, Junior du Toit, kom gesels die oggend met Marnus en Leila orr hulle protesaksie m die boom te red. Die hawelose hond kom die oggend weer na kos soek. Mevrou kleintjies na die DBV sal neem dat hulle vir die honde ‘n goeie huis kan vind. Leila besluit om die hond Milly te noem.

  • Toe hulle die derde oggend wakker word is daar ‘n groot groep mense in die park. Hulle het die koerantartikel gelees en besluit om vir Marnus en Leila te kom ondersteun. Killer/Joy is die leier van die groep. Omdat daar nou nog meer mense in die park is rondom die boom word Rooigesig en Rotgesig meer en meer frustreed dat hulle nie hulle taak kan afhandel nie. Junior du Toi kom gesels weer met Marnus en Leila om ‘n opvolg-artikel te skryf.

  • Leila vertel vir Marnus dat die boom vir haar spesiaal is omdat dit eers haar ma en pa se boom was. Hulle voorletters in in die boom gekerf (W+M) binne in ‘n hart. Leila deel ook met Marnus dat haar pa nie meer deel van hulle gesin is nie, want hy het vir Leila en haar ma gelos om by ‘n ander vrou te gaan woon.

  • Die studente het eintelik nie veel gehelp nie. Hulle het geraas gemaak en vuur gemaak in die park. Hulle is weer weg. Al is die studente weg het die koerantartikels nog mense bewus gemaak van Marnus en Leila se plan om die boom te red. Daar is ook ‘n Facebook-Groep gestig en meer en meer mense daag in die park op.

  • Toe Marnus na die rolbalbaan se badkamer toe gaan, ontmoet hy ‘n man Dimitri Giorgiou wat hulle wil borg (sponsor). Hy gee vir Marnus “Nature’s Gift” koeldrank om te drink en kondig aan Nature’s gift is die amptelike borg van die boom.

  • Leila is nie geïnteresseerd om te hoor van die borg en van Dimitri nie, want haar pa het ook na die park toe gekom. Sy raak onsteld en geïrriteerd. Sy klim uit die boom en loop weg. Marnus gaan ook huis toe.

  • Die volgende middage gaan Marnus terug na die parkie toe. Al die mense is weg en die boom is afgekap. Oom John is ook in die parkie en sê vir Marnus dat al kon hulle nie die boom red nie, is hulle raakgesien en het mense van die kwessie bewus geraak (awareness).

  • Marnus besef waarom Mevrou Merriman pienk hare het. Om raakgesien te word. Hy besef waatm Joy haarself Killer noem en haar hare afgeskeer heten ‘n neusring dra. om raakgesien te word. Hy besef dat almal die behoefte het om raakgesien te word. Leila wou ook deur haar pa raakgesien word. En in die proses het Marnus haar ook raakgesien.

  • Marnus dink dat Leila kwaad is vir hom omdat sy uit die park gestorm het. Hy gaan na haar huis om vir haar te vertel dat die boom ongelukkig afgekap is. Hy neem vir haar ‘n geskenk. Dit is ‘n klein witkareeboom. Sy verbaas homdeur hom te soen.

  • Leila se hoofrede waarom sy die boom wou red was omdat die simbolies was vir haar verjouding met haar pa. Al kom Leila nie die boom red nie, het sy self besef dat sy haar verhouding me haar pa kan red. Sy gaan nou meer tyd saam met haar pa en haar toekomstige stiefma spandeer.