Graad 11 LO – Kwartaal 2 Notas (week 1 – 4)
Herroep
Dink
Studievaardighede (bl. 66 – 85)
- Sleutelwoorde:
- Studievaardighede: Leervermoëns om te kan leer en studeer.
- Studiestyle: Manier van leer en studeer.
- Studiestrategieë: Verstandige studietegnieke en -planne.
- Dominansie: Wanneer een aspek sterker is as 'n ander
- Studievaardighede: Ondersoek hoe leer plaasvind en dink na oor doeltreffendheid
Jou Brein en Leer
- Jou brein is ontwerp om te leer.
- Toe jy gebore is, het jou brein al sy senuweeselle, of neurone, gehad maar nie almal was met mekaar verbind nie.
- Mettertyd verbind hulle met mekaar soos jy leer en boodskappe van een neuron na 'n ander reis.
- Hoe meer aktief jou brein is, hoe sterker word dié verbindings.
- Leer vorm die brein; bv. jy is nie gebore met 'n 'skryfpad' nie; jy moes dit 'bou'.
- As jy nie jou neurone of verbindings gebruik nie, verloor jy hulle.
- Die neurone wat gereeld gebruik word, word sterker.
Leer en Nadink
- Jou brein sal nooit ophou dink, leer, onthou en ondersoek nie, tensy jy dit nie meer gebruik nie.
- Jy kan jou breinfunksies vermeerder deur dit te gebruik; hoe meer jy leer, hoe beter sal jy kan leer.
- Om iets nuuts te leer benodig herhaling. Om 'n nuwe dag te skep en jou brein vir leer voor te berei, moet daagliks die volgende aktiwiteite uitgevoer word:
- Lees
- Bereken
- Skryf
- Probleme oplos
- Hoe meer jy iets oor en oor doen, hoe beter leer jy hoe om dit te doen.
- Deur oefening, herhaling en hersiening word jy beter daarmee.
- Jy mag gelukkig voel wanneer jy iets nuuts leer as dit nuttig en interessant is.
- Dit is egter makliker om nuwe inligting te leer as dit opgebou word op 'n basis van iets wat jy alreeds weet.
- Dit is waarom dit belangrik is om dit wat jy leer te koppel aan iets wat jy alreeds weet.
Formele vs. Informele Leer (bladsy 66)
- Informele leer: Leer deur ander mense se optrede dop te hou en na te volg.
- Voorbeelde:
- Takies wat as by die huis doen
- Om aan sport deel te neem
- Informele speel (Kinders)
- Verkennings aktiwiteite
- Voorbeelde:
- Formele leer: Bepaalde tegniese, professionele en akademiese leer wat in 'n gestruktureerde omgewing plaasvind.
- Voorbeelde:
- Klas lesse
- Huiswerk
- Studie
- Voorbeelde:
Die Rol van Geheue in Formele Leer
- Korttermyngeheue:
- Korttermynherhinneringe word net vir 'n minuut in jou geheue bewaar.
- Kan slegs 'n bepaalde aantal items op 'n slag bewaar.
- Langtermyngeheue:
- Langtermynherhinneringe word vir 'n lang tyd bewaar - etlike dae tot 'n leeftyd.
- Belangrik om inligting en kennis wat ons in die lewe help, te bewaar.
- Noodsaaklik vir alle leer.
- Twee voorbeelde van maniere hoe ons leer is om uit die kop te leer asook betekenisvolle leer.
Waardevolle Studievaardighede (bl. 68 en 69)
- Lees vir begrip:
- Ontleed die teks om die inligting te verstaan.
- Dit help om te sien watter deel van die werk jy nie verstaan nie - gaan wel na die tyd deeglik deur.
- Die doel is: Help jou om die lees stadig en aktief, en dink goed na oor wat jy lees.
- Aantekeninge:
- Dit help om nuwe inligting te memoriseer.
- Dit is nuttig om aantekeninge te maak van wat in die klas gesê word.
- Dit help om die inligting wat jy leer te organiseer.
Vier Hoofleerstyle:
- Visueel
- Ouditief
- Kinesteties
- Lees en skryf.
1. Visuele Leerstyl
- Leer die beste wanneer hulle dinge SIEN.
- Hoofkaraktertrekke:
- Verkies om prente te gebruik.
- Benodig stilte wanneer hulle leer.
- Lief vir lees.
- Memoriseer deur te sien.
- Spel gewoonlik goed.
- Teken prentjies terwyl hulle aan iets dink.
- Verkies om waar te neem.
- Gee voorkeur aan kleure en diagramme.
- "When I see it then I understand"
2. Ouditiewe Leerstyl
- Leer die beste wanneer hulle dinge HOOR.
- Hoofkaraktertrekke:
- Verkies om hardop te lees vir hulself.
- Praat hardop met hulself.
- Aandag word maklik afgelei.
- Verkies om klank en musiek te gebruik.
- Kan dinge goed verduidelik.
3. Kinestetiese Leerstyl
- Leer die beste wanneer hulle dinge BEWEEG.
- Hoofkaraktertrekke:
- Goed in sport of ander fisiese aktiwiteite.
- Kan nie lank stilsit nie.
- Handskrif- en spelvaardighede is nie goed nie.
- Hou van toneelspeel.
- Studeer met harde musiek.
- Hou daarvan om voorwerpe te hanteer.
- Stel nie juis belang in lees nie.
4. Lees-en-skryf-leerstyl
- Leer die beste wanneer hulle dinge SKRYF EN DAN LEES.
- Hoofkaraktertrekke:
- Hulle bly baie gefokus op wat hulle doen.
- Hou nie daarvan om onderbreek te word nie.
- Spel baie goed.
- "Verdwyn" in boeke.
Leerstrategieë
- Studeer gereeld
- Moenie uitstel nie
- Leerstrategieë om 'n spesifieke taak te benader.
- Skep 'n studieroetine
- Stel doelwitte vir jouself
- Maak tyd om elke dag te studeer
- Begin met die moeilikste werk
- Studeer op 'n stil plek
- Studiegroepe
Eksamenskryfvaardighede en die Assesseringsproses
- Voordat jy begin skryf:
- Luister en lees alle instruksies.
- Wag voor jy begin skryf = lees eers deur die hele vraestel.
- Let op na instruksies en punte toekennings.
- Verstaan die vrae: Hoe om verskillende tipes eksamenvrae te beantwoord.
Hoe om Veelkeusevrae te Beantwoord
- Volg hierdie riglyne:
- Probeer om die vraag te beantwoord voordat jy na die antwoorde kyk.
- Gebruik 'n proses van eliminasie.
- As die vraag lank en kompleks is, onderstreep die werkwoorde om jou te help.
- Maak seker jou antwoordnommers kom ooreen met die nommers in die vraestel.
- As 'n vraag in die negatief gestel is, verander dit in 'n positiewe stelling.
- Verander die vraag na 'n positiewe stelling.
Hoe om Waar-of-Vals-vrae te Beantwoord
- Riglyne:
- As 'n gedeelte van 'n stelling waar en 'n ander deel daarvan vals is, is die antwoord vals, tensy daar 'n kwalifiserende woord voorkom soos 'gewoonlik' of 'soms'.
- Woorde soos 'almal', 'geen', 'altyd' en 'nooit' maak gewoonlik 'n stelling vals.
- Ekstreme stellings gebruik woorde soos 'altyd', 'heeltemal' of 'nooit' en is dikwels vals.
- Woorde soos die 'meeste', 'sommige', 'gewoonlik', 'selde', 'soms', 'min' en 'algemeen' is meestal 'n waar stelling.
- Gematigde stellings is dikwels waar en gebruik woorde soos 'sommige', 'mag' en 'gedeeltelik'.
- Wanneer 'n stelling negatief weergegee word, herhaal die stelling vir jouself, maar sonder die woorde 'nee', 'nooit', of ‘nie' en kyk of dit waar of vals is. As die stelling nou ‘waar' klink, is dit in werklikheid vals.
Hoe om Ooreenstemmende-item-vrae te Beanwoord
- Riglyne:
- Lees die hele afdeling voordat jy begin.
- Begin met die maklikste pare eerste.
- Trek pare dood soos jy hulle gebruik.
- Kies die alternatief wat die naaste aan die waarheid is as jy nie 'n paar kan kry wat perfek pas nie.
- Stel vas of elke item slegs een keer gebruik kan word en of sommige meer as een keer gebruik kan word.
- Kontroleer of daar ekstra items op een kant van die lys is.
- Bespaar tyd deur eers die lang helfte van die stelling te lees en dan in die kort lys vir die ooreenstemmende antwoord te soek.
Hoe om Voltooiing van Sinne en Kortantwoordvrae te Doen
- Riglyne:
- Lees die sin aandagtig om seker te maak jy weet wat dit sê.
- Antwoord slegs dit wat die vraag vra en nie al die ander dinge wat jy oor die onderwerp weet nie.
- Antwoord wat die vraag vra: wie (persoon), waarom (rede), hoe (proses), wat (ding), wanneer (tyd of datum), waar (plek).
Hoe om Gevallestudievrae te Beantwoord
- Riglyne:
- Lees elke vraag aandagtig om uit te vind presies wat gevra word.
- Beplan vooruit.
- Doen die vrae in die volgorde waarin dit aangebied word, aangesien die inligting dikwels van een deel van die gevallestudie opbou na die volgende.
- Besluit watter dele van die inligting belangrik is.
- Gevallestudie verskaf dikwels relevante sowel as sommige minder belangrike inligting.
- Staaf jou antwoorde met getuienis of bewyse.
Sleutelwoorde en Betekenisse (bl. 74 en 75)
- Sleutelwoord Betekenis
- Beskryf: Skryf 'n gedetailleerde weergane in logiese volgorde
- Bespreek: Lewer argumente vir en teen ʼn standpunt en maak ʼn gevolgtrekking
- Definieer: Gee die formele betekenis van lets.
- Evalueer: Gee ʼn opinie oor iets deur die voor- en nadele te beskigt
- Gee redes: Gee redes vir ʼn stelling of in mening
- Illustreer: Verduidelik iets deur voorbeelde of vergelykings te verstuff.
- Interpreteer: Gee die betekenis van iets deur vos en persoonlike kommentaar
- Kontrasteer: Kyk na twee of meer dinge en wys op verskille sowel as die screen Kansie
- Lewer kommentaar: Bospreek of verduidelik iets
- Omskryf: Beskryf die hootpunte in bandige, duidelike sinna
- Ontleed: Vind die hoof gedagtes en lewer Kommentaar car hoekam hulle belangrik is en hoe hul met mekaar verband hou.
- Bewys: Word dikwels in Wisk of wetenskap gebruik on to bewys dat iets waar is
- Som op: lam in bondige weergawe van die hoofgedagtes van iets to gue
- Vergelyk: кук Ina twee of meer dinge en wys op die versicille Westende maniere on coreenkanstes
- Verklaar: Gree'n algeme_opsanming wat die nagedages en sehandere felle insiuit
Die Assesseringsproses en Assessering in Verskillende Vakke
- Daar is twee soorte assesserings:
- Informele:
- Word op 'n gereelde grondslag gedoen en help jou en jou onderwyser om te sien hoe jy vorder.
- Word deur jouself, jou klasmaats en jou onderwyser gedoen.
- Punte tel nie vir jou jaarpunt nie.
- Formele:
- Verskillende take in elke vak.
- Hierdie take word deur jou onderwyser nagesien en formeel aangeteken.
- Deel van jou algehele jaarpunt.
- Informele:
- Die assesseringsproses is nuttig omdat dit jou vertel wat jy weet en wat jy nog moet leer en verstaan.
- Hersien altyd jou toets- en eksamenantwoorde nadat jy jou uitslae gekry het.
- Hierdie hersieningsproses sal jou help verstaan waar jy verkeerd gegaan het, sodat jy nie weer dieselfde foute maak nie.
- Die proses sal jou ook help om te besluit watter dele van jou werk jy moet hersien en waaraan jy meer aandag moet bestee.
Tydbestuursvaardighede en Jaarlikse Studieplan
- Hoe bestee jy jou tyd?
- Leer hoe om jou tyd goed te bestuur. Gebruik elke kosbare minuut, want tyd is kosbaar.
- Uitstel: 'n Groot tydvraat.
Tydbestuurriglyne:
- Wees altyd betyds vir skool.
- Loop vinnig en wees betyds vir die volgende klas, wanneer jy klas wissel.
- Sorg dat jy weet hoe jy jou tyd bestee.
- Identifiseer jou grootste ‘tydvrate', en sorg dat jy iets daaromtrent doen.
- Stel 'n studieplan op.
- Maak 'om te doen'-lyste en hou daarby.
- Moenie sloer of uitstel om take te verrig nie. As iets gedoen moet word, doen dit dadelik.
- Lê selfdissipline aan die dag.
- Volg 'n daaglikse studieskedule.
- Vermy afleidings.
- Doen elke dag minstens twee of drie ure se tuiswerk na skool.
Wanneer Studeer Jy die Beste?
- Is jy 'n oggend- of 'n aandpersoon?
- Studeer jy met ander woorde beter vroeg in die oggend, of laat in die aand?
- Gebruik jou beste studietye om vir jou moeilikste vakke te studeer.
Kry Genoeg Slaap
- Jou ontwikkelende brein het genoeg slaap nodig.
- Jou vermoë om te leer hang daarvan af of jy op skoolaande genoeg slaap kry.
- Jy het elke nag tussen agt en tien ure se slaap nodig.
- As jy in die oggende wakker word en nog slaperig voel, of in die klas aan die slaap raak, weet jy, jy kry nie genoeg slaap nie.
Wat Gaan Jy Doen As…
- Jy gratis lugtyd het tussen middernag en 6vm?
- Jou gunsteling TV-programme laat in die aand vertoon word?
- Jy 'n taak uitgestel het en eers laatnag daaraan begin werk, omdat jy dit vroeg die volgende dag moet inlewer?
Gee Jouself Kort Blaaskansies
- Jy moet gereeld kort blaaskansies neem om gefokus te bly:
- Neem elke 20 of 30 minute 'n kort blaaskansie.
- Strek, speel bal, spring tou, doen diep asemhalingsoefeninge, drink water of gesels so 5-10 minute lank.
- Keer dan terug na jou studiewerk.
- Hou by jou skedule.
- Moet nooit langer as een uur studeer sonder om jouself 'n blaaskans te gee nie.
Gebruik Jou Tyd Goed Tydens Eksamens
- Gebruik hierdie formule om jou te help om in die eksamens jou tyd goed te bestee:
- Punte vir vraag = V
- Lengte van eksamen (in minute) = L
- Totale punte vir die vraestel = T
- Dus: die getal minute om aan 'n vraag te bestee = V x L/T
Stel 'n Studiejaarplan Op
- Stel 'n studieplan op vir elke kwartaal sodat jy 'n volledige plan vir die jaar het.
- Dit word jou studiejaarplan genoem.
- Dit sal jou help om:
- Vooruit te beplan
- Jou take voor die doeldatum klaar te maak
- Nie die nag voor jou toets of eksamen te blok nie
- Beter punte te behaal
- Vir sukses voor te berei
- Jouself te organiseer
- 'n studierooster te volg
- Genoeg tyd aan elke vak te bestee, met meer tyd vir die vakke waarmee jy sukkel
- Presies te beplan wat om te studeer
Doelwitstellingsvaardighede
- Persoonlike ontwikkelingsdoelwitte met betrekking tot studie, gesondheid en fiksheid.
- Hersien hoe om studiedoelwitte te stel.
Volg Onderstaande Riglyne:
- Studeer mer 'n doel.
- Studeer SLIMmer.
- Stel 'n SLIMdoelwit vir elke studieperiode.
- Die 'mer' by SLIM gevoeg beteken ekstra leeswerk elke dag.
- Besluit wat jy in hierdie periode wil bereik.
- Weet watter bladsye of seksies jy wil leer.
- Beplan hoe jy wat jy geleer het, sal toets.
- Stel vir jouself die doelwit om elke dag iets nuuts te leer.
- Beplan om elke dag ekstra leeswerk te doen.
- Stel 'n teiken vir hoeveel geskrewe werk jy elke dag wil doen.
- Werk elke dag geskrewe oplossings vir Wiskundeprobleme uit.
- Hersien hoe om gesondheid- en fiksheidsdoelwitte te stel.
Gesondheid en Fiksheid
- Hou ook jou fiksheid in stand.
- Doen aërobiese oefeninge om jou breinfunksies te verbeter.
- Die menslike brein het omtrent 100 biljoen neurone.
- Ongeveer 20\% van die bloed wat vanaf jou hart vloei, word na jou brein toe gepomp.
- Jou brein benodig 'n konstante bloedvloei om met die metaboliese eise van sy neurone by te bly
- Liggaamlike oefening hou die volgende voordele in:
- Dit vermeerder die suurstofvloei na jou brein toe.
- Dit help jou om beter te dink, meer op en wakker te wees en beter te onthou.
- Dit vermeerder jou breinneurone se vermoë om gevorm te word, te oorleef en stres te weerstaan.
Hou Jou Brein Gesond
- Riglyne om jou brein gesond te hou:
- Voeding is belangrik.
- Eet gesonde kossoorte.
- Jou btein benodig proteïene soos neute, lensies, vis, maer vleis en bone.
- Vermy kitskos en suikerige kos aangesien hoë suikervlakke dit vir jou moeilik maak om te konsentreer.
- Vermy bymiddels in kos soos kunsmatige smaakmiddels, kleure, MSG en tartrasien. Hierdie middels maak dit vir jou brein moeilik om te fokus.
- Vermy rook, dwelms en alkohol, aangesien hierdie middel breinselle doodmaak.
- Drink water terwyl jy studeer, aangesien dit jou help om te fokus.
- Voeding is belangrik.
Graad 11 LO Kwartaal 2 Week 5 - 8 Notes bl. 91 - 104
Omgewingskwessies wat Skadelik is vir Gesondheid
Die Gebruik van Skadelike Middels in Voedselproduksie
- Onmenslike boerderymetodes
| Hoe, waar en waarom dit gebruik word | Hoe dit swak gesondheid kan veroorsaak | |
|---|---|---|
| Antibiotika | Antibiotika word aan diere gegee om siektes te verhoed en hulle meer te laat eet sodat hulle vet word. | Antibiotika kan in die diere se melk en vleis beland. As mense die melk drink of die vleis eet, kan hulle die antibiotika absorbeer. Dit kan lei tot antibiotiese weerstand, wat beteken dat 'n antibiotikum nie langer werk as iemand siek word en dit nodig het nie. |
| Kunsmatige hormone | rBST, of rekombinante bees-somatotropien, word in koeie ingespuit om hulle meer melk te laat produseer. | Hierdie hormoon lei tot wangeskape kalwers en mastitis ('n pynlike inflammasie van die uier wat etter en bloed in die melk veroorsaak). Dit kan die vlakke van sommige chemikalieë in mense te hoog maak, 'n toestand wat al gekoppel is aan kolon- en borskanker. |
| Diere-newe-produkte | Die dele van 'n dier wat nie deur mense geeet word nie, sowel as spyseniering en restaurant-afval, word aan diere gevoer om hulle meer proteïen te gee. | Hierdie produkte kan lei tot dieresiekte-epidemies soos bek-en-klouseer en malkoeisiekte. Daar is ook 'n risiko van salmonella-bakterieë wat mense baie siek kan maak. |
| Plaag-doders | Hierdie chemikalieë dood insekte, onkruid en kieme wat die gesonde groei van plante en gewasse verhoed. | Sommige giftige plaagdoders word in liggaamsvet geberg en kan mense siek maak. Hulle kan ook siekte veroorsaak as hulle ingeasem word. Plaagdoders kan ook in die drinkwater beland. |
| Voedsel-bymiddels | Chemikalieë word gebruik om voedsel te preserveer en dit kleur en smaak te gee. Vermy dit deur te kyk vir hul name of E-nommers: kunsmatige kleursel soos Blou 2. Groen 3, Geel 5 en 6; aspartaam (Nutrasweet, E951) gedeeltelik gehidrogeneerde groente-olie (transvet); saggarien (E954); monosodium glutamaat (MSG, E621); karamelkleursel; tartrasien (E102); BHA. | Sommige mense mag allergies wees vir sommige bymiddels en kan erge reaksies he soos asma-aanvalle. Sommige voedselbymiddels kan, indien dit in groot hoeveelhede geëet word, kanker veroorsaak of lei tot aandagafleibaarheidsindroom (AAS), wat beteken dat sommige mense dit moeilik vind om te konsentreer. |
| Plastiek | Materiale soos 'Styrofoam, en Polistireen word gebruik om voedsel en drank te verpak, byvoorbeeld eierkartonne en bottels. | As plastiek nie herwin word nie, veroorsaak dit besoedeling. Dit kan chemikalieë vrystel wat skadelik vir mense se gesondheid kan wees. |
Maniere Waarop Ongesonde Middels in Voedsel Kan Beland
- Primêre produksie op die plaas waar diere groei hormone ontvang.
- chemiese bemestingstowne op landerye
- Prosessering: Bymiddels word by voedsel gevoeg
- Verpakking: verpakking beval sams skadelike middels.
- Stoor en Vervoer: Vuil pakhuise, onvoldoende verkaling, ens
- Verkoop: Vuil tento a Stelling v. voedsel & onvoldænde veikling
Onmenslike Boerderymetodes
- Onmenslike boerderymetodes is maniere van boer wat wreed is teenoor diere.
- Voorbeeld: battery- of fabriekboerdery.
- Hierdie tipe boerdery is die kunsmatige, onmenslike praktyk om te veel diere, soos vee, varke en hoenders in klein, geslote spasies te pak.
- Hierdie praktyk word gebruik om produktiwiteit te verhoog en op arbeid en ander kostes te bespaar.
- Hierdie diere:
- Sien nooit sonlig nie
- Kry nooit vars lug nie
- Beweeg min
- Lewe elke dag in ongemak en frustrasie.
- Dit is ook ongesond om die vleis van hierdie diere te eet.
- Die rede: die diere is nie gesond nie, omdat hulle dikwels siek is en met antibiotika en groeihormone ingespuit word.
Voorbeelde van Onmenslike Boerderymetodes:
- Op die plaas:
- "Sakeboerdery": diere, gewoonlik hoenders, varke en beeste word gehou in afskortings (krale, kratte, stalletjies of kampe) wat te klein is vir hulle om in te beweeg of natuurlik te wei, of in sommige gevalle, te lê.
- Verminking: "Ontsnaweling" (jong kuikens se snawels word afgebrand), sommige merkvorme van die eienaarskap van diere, sommige metodes van sterte afsny, oormerk en kastrasie van diere.
- Oorbeweiding: Diere wei op 'n weiveld in 'n gebied waar daar nie genoeg weiding is vir al die diere nie.
- Blootstelling aan vuil, koue, nat, modderige warm, droë toestande sonder voldoende skuiling, skoon beddegoed (gras, strooi), water of voer.
- Uithongering: Diere wat in kampe gehou word sonder genoeg kos of water en geen manier het om dit self te vind nie.
- Oorwerk: Diere word gedwing om vragte wat te swaar is vir lang rukke te trek of te dra sonder voldoende kos, water of rus.
- Verwaarlosing: Diere wat siek of beseer is, of met parasiete besmet is en nie veeartsenykundige aandag kry nie.
- Swak passende, stukkende stange en harnasse: Diere word beseer en vreesbevange as gevolg van "tack" (stange, harnasse en saals) wat swak pas of met skadelike voorwerpe soos draad reggemaak word.
- Vervoer:
- Oorvol voertuie: diere wat in stampvol trokke vervoer word, en mekaar versmoor, vertrap of beseer.
- Onveilige voertuie: padongelukke is net so gevaarlik vir diere as wat hulle vir mense is.
- Onveilige oplaai- en dwangmetodes: Onveilige laaibrûe en slegte of geen afskortings in trokke veroorsaak ongelukke en beserings.
- Te lang reise: Diere ervaar stres, dors, honger en uitputting wanneer hulle oor lang afstande vervoer word sonder rus, water of voeding. Dieselfde geld diere wat oor lang afstande aangejaag word (per voet).
- Vendusiekrale
- Oplaai en aflaai: Swak saamgestelde oplaai- en aflaaibrûe wat nie keer dat die diere gly en val nie.
- Onvoldoende kampe: Nie genoeg lig, lug, water, voer en ruimte vir die diere om in te lê nie. Kampe wat nie behoorlik in stand gehou is nie en skadelike gemors wat beserings kan veroorsaak (gebreekte glas, spykers, metaalvoorwerpe).
- Geraas: Geskree, geklap, deure en hekke wat toegeslaan word, veroorsaak stres by diere.
- Porstokke: Oormatige gebruik van elektriese porstokke doen diere pyn aan. Dit moet nooit op kleinvee soos varke, bokke of skape gebruik word nie.
- Slaan en sterte draai: Om diere te dwing om te beweeg deur middel van hierdie metodes veroorsaak onnodige pyn en stres. Diere se natuurlike kudde-instink is voldoende om hulle van plek tot plek te jaag.
- Slagting:
- Ondoeltreffende meganiese apparaat: Hoenders in sakeboerderye word met masjiene vervoer en geslag. Indien hierdie masjiene nie behoorlik werk nie, breek die hoenders se bene en hulle word onnodig beseer en bangemaak voordat hulle vrek.
- Ondoeltreffende bedwelming voordat diere op 'n menslike manier doodgemaak word. Diere wat vir hulle vleis doodgemaak word, word gewoonlik pynloos bedwelm met 'n elektriese toestel voordat hulle nekslagaar met 'n uiters skerp snyinstrument afgesny word. Soms is "bedwelming" ondoeltreffend of word dit glad nie gedoen nie. In hierdie gevalle ly die dier uitermate stres en pyn voordat dit vrek.
- Ondoeltreffende doodmaak van diere. Wanneer diere se nekslagaar nie vinnig en sekuur afgesny word nie, vind bloedverlies van die dier se brein te stadig plaas; bewusteloosheid en die dood word vertraag en die dier ly onnodig.
Die Vyf Vryhede van Diere
- Gepubliseer deur die Farm Animal Welfare Committee (FAWC) in die VSA en word internasionaal as raamwerk erken vir die assessering van kwaliteit van sorg van geboorte tot dood (of slagting.)
- Vryheid van honger of dors- Toegang tot skoon water en gesonde diet.
- Vryheid van ongemak-geskikte omgewing, skuiling en gemaklike rusplek.
- Vryheid van pyn, besering of siekte
- Vryheid van normale gedrag- genoeg beweegruimte
- Vryheid van vrees en angs
Die Impak van Degredasie op die Samelewing en die Omgewing
- Degradasie is die daad of proses waardeur iets beskadig of vernietig word.
- Dit is dade waardeur iemand swak of sonder respek behandel word.
- Om die omgewing te vernietig of te beskadig, affekteer mense en die planeet.
- Menslike aktiwiteite kan omgewings