Eenheid 1 Die Nylrivier en hoe dit nedersetting beïnvloed het

Nuwe woorde:

Lewensbloed    iets wat lewe en krag gee

Oorstroming    (vloed)  `n groot massa water wat opstyg en die land oorstroom

  • Die Nylrivier was die lewensbloed van Antieke Egipte

  •  Nylrivier is die langste rivier in Afrika

  • 6600km lank

  • Was Egiptenare se hoofvervoerroete

  • Nylrivier het vir hulle baie water en vrugbare grond gegee

  • Nylrivier was belangrik om gewasse te kweek en het `n belangrike rol in hul godsdiens gespeel

  •  Grieke het Egipte die geskenk van die Nyl genoem

  •  Die Nyl is `n smal groen gordel in die middel van die woestyn

 

Ontstaan van eerste stede:

  •  Lank gelede was daar nie stede nie en het nomades    mense wat rondgetrek het op soek na kos en water

  • Toe het mense geleer om te boer    diere aangehou en gewasse geplant

  • Was nie meer nodig om te jag vir kos en mense kon op 1 plek bly sonder om te baklei oor kos

  • Mense het begin om naby mekaar huise te bou    ontstaan van eerste stede

  • Meeste stede was naby riviere waar mense kon boer

 Eerste mense in Egipte:

  • Omtrent 5000 jaar gelede

  • Op die noordelike oewer van die Nylrivier

    o   Omdat die grond langs die rivier baie goed was vir gesaaides

  • Elke jaar as die sneeu van Oos-Afrika gesmelt het, het die Nyl sy walle oorstroom en ryk, vars grond op die walle uitgestoot

  • Die grond was baie goed vir vir aanplant van gars en graansoorte

  • Mense het visgevang met spiese en nette

  • Daar was baie vars water om te drink en in te bad