Afrikaans P2 June Q n A

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/182

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Last updated 4:24 PM on 5/24/26
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

183 Terms

1
New cards

Wat is die ruimte van die Koning Van Die Townships?

Elsiesrivier

2
New cards

Waarmee begin die Koning Van Die Townships? ((×1))

Met Seppie se begrafnis.

3
New cards

Hoe word die woonbuurt in die Koning Van Die Townships gedestabiliseer? (Noem DRIE maniere) ((×3)

Skoolhoofde sluit skole; ouers hou kinders by die huis; polisie-teenwoordigheid soos in die tagtigerjare

4
New cards

Hoekom word die woonbuurt in die Koning Van Die Townships gedestabiliseer? ((×2))

Vanweë Seppie se begrafnis en die vrees vir hernieude bendegeweld.

5
New cards

Verduidelik die ironie in die Koning Van Die Townships: "'n Sarsie skote word die lug ingevuur om nog meer aan 'n militêre begrafnis te herinner." ((×1))

Dit is ironies omdat 'n bendelid (Seppie) 'n militêre begrafnis kry, terwyl hy 'n misdadiger was.

6
New cards

In watter opsig het Seppie se begrafnis aan 'n militêre begrafnis herinner? Hoekom is dit ironies? ((×1))

Dit het herinner aan 'n militêre begrafnis deur die skote wat ingevuur is en die konvooi BMW's. Ironies omdat Seppie 'n berugte bendeleier was, nie 'n soldaat nie.

7
New cards

Watter tipe verteller vertel die Koning Van Die Townships?

Derdepersoonverteller (vanuit meneer Brydon se perspektief)

8
New cards

Vanuit watter karakter se perspektief word die Koning Van Die Townships vertel? ((×1))

Meneer Brydon

9
New cards

Hierdie verhaal word deur middel van (terugflitse / herhaling) vertel. Kies die korrekte antwoord. ((×1))

Terugflitse.

10
New cards

Die verhaal se ruimte is (a)… Die hoofkarakter (b)… alias Seppie was 'n intelligente leerder en 'n natuurlike (c)… op skool. Hy verlaat die skool en word die berugte bendeleier van die (d)… ((×1)

(a) Elsiesrivier; (b) Jacob September; (c) leier; (d) Young Ones

11
New cards

Wat is die naam van die protagonis/hoofkarakter? ((×1))

Jacob September

12
New cards

Wat is sy bynaam? ((×1))

Seppie.

13
New cards

Hoe het Seppie sy gunstelingonderwyser, meneer Brydon, beskerm?

Hy het gesê: "Solank ek liewe, sal Menee' safe loop innie Elsies." (Hy het belowe om hom te beskerm.}

14
New cards

Beskryf die verhouding tussen Seppie en mnr. Brydon.

Mnr. Brydon het belang gestel in Seppie se welstand; Seppie het hom gerespekteer en beskerm. Hulle het privaat gesels en Brydon het hom gehelp om aan te bly by die skool

15
New cards

Gee 'n beskrywing van Seppie as 'n skoolleerder. Noem TWEE feite.

Hy was intelligent, kaptein van die rugbyspan, 'n gebore leier

16
New cards

Hoekom het Seppie in gr.11 die skool verlaat?

Hy wou geld verdien as 'n taxi-guard omdat sy pa werkloos was en sy ma 'n dronk was.

17
New cards

"Onmiddellik het hul bespreking tot 'n fluistertoon verdof." Hoekom?

Omdat Seppie in hul rigting gekyk het – hulle het hom gerespekteer (of gevrees).

18
New cards

Hoe verskil Seppie die bendeleier van Seppie die skoolseun?

As skoolseun was hy 'n positiewe leier en rugbyspeler; as bendeleier was hy gevrees, meedoënloos en misdadig (roof, moord, verkragting).

19
New cards

Wat het daartoe gelei dat hy in die tronk beland het?

Hy het 'n jong dogter verkrag en sy het die moed gehad om teen hom te getuig

20
New cards

Hoe het Seppie koning van die townships geword?

Sy bende, die Young Ones, het al die ander bendes oorgeneem (hulle het gevlug of aangesluit), en hy het die dwelmhandel in Elsiesrivier beheer

21
New cards

Wie is die leier van die Young Ones?

Seppie (Jacob September)

22
New cards

Hoe het die Young Ones Elsiesrivier oorgeneem?

Hulle het oorlog gevoer teen al die ander bendes; die ander bendes het óf gevlug óf by die Young Ones aangesluit

23
New cards

In watter opsig was Seppie onaantasbaar?

Hy het die polisie in die palm van sy hand gehad (polisie-beskerming, lêers het verdwyn) en hy was te magtig om gearresteer te word.

24
New cards

Seppie was 'n berugte bendeleier. Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.

Hy was die alleenheerser oor die dwelmhandel, betrokke by roof, moord en verkragting, en die polisie kon hom nie keer nie

25
New cards

Wat word bedoel met gewillige "slagoffers"?

Meisies wat vrywillig met hom seks gehad het.

26
New cards

Waaruit is dit duidelik dat Seppie verkragting as 'n daad van geweld beskou?

Hy het gesê die meisie moes 'n les geleer word omdat sy op hom neergesien het ("haa' hoeg gehou en op my nee' gekyk")

27
New cards

Hoekom het Seppie uiteindelik in die tronk beland?

Omdat hy 'n jong dogter verkrag het en sy teen hom getuig het; geen borgtog nie.

28
New cards

Hoekom het mnr. Brydon hom in die tronk besoek?

Uit nuuskierigheid en om sy gewete te salf.

29
New cards

Hoekom, dink jy, was Seppie in die tronk vermoor?

Omdat ander bendelede hom wou doodmaak (waarskynlik uit jaloesie of wraak).

30
New cards

Wat het met Seppie in die tronk gebeur?

Hy is vermoor: bendelede het 'n kussing oor sy gesig gedruk en sy keel met 'n vlymskerp lepel afgesny

31
New cards

Hoe het Seppie moontlik die tatoeëermerk op sy voorkop gekry?

In die tronk, waarskynlik deur ander bendelede as 'n teken van skande.

32
New cards

Wat suggereer mnr. Brydon met: "Toe hy die tatoeëermerke op die lyk se voorkop gesien het, het alle simpatie ... uit hom verdwyn."?

Hy suggereer dat Seppie gekry het wat hy verdien het; die tatoeëermerk (vloekwoorde) toon Seppie se gebrek aan respek.

33
New cards

Verduidelik die ironie in Seppie se afskeidswoorde. (

Hy sê hy worrie nie omdat hy 'n kort rukkie koning was, maar hy is dood en sy "koningskap" het hom vernietig

34
New cards

Hoekom is Seppie se afskeidswoorde aan meneer Brydon so tragies?

Omdat hy sy lewe weens kortstondige roem opgemors het; hy was jonk en kon iets beteken het, maar kies die bendelewe

35
New cards

Wat is die boodskap van die verhaal?

Jy moet nie jou lewe weens kortstondige roem opmors nie

36
New cards

Wat is die tema?

Tieners wat weens negatiewe omstandighede hulle potensiaal negatief gebruik

37
New cards

Hoe kon mnr. Brydon verhoed het dat Seppie 'n bendeleier geword het?

Deur meer betrokke by sy omstandighede te wees, hom te help met finansies of 'n mentor te wees.

38
New cards

Watter tipe verteller vertel Verneukkind?

Derdepersoonverteller vanuit Jessica se perspektief

39
New cards

Waar woon Jessica?

Elsiesrivier.

40
New cards

By wie woon Jessica?

Ouma Kytie.

41
New cards

Waarom hardloop Jessica aan die begin van die verhaal huis toe?

Sy wil die donderweer tel – sy glo haar ma sal kom as dit sewe keer donder.

42
New cards

Hoe voel sy oor die aanwesigheid van die wolke?

Dit voel of die wolke teen haar lyf lê, soos 'n kombers wat die koue weghou – dit gee haar hoop.

43
New cards

Wat is Jessica se grootste bygeloof?

Haar ma sal terugkeer die dag as dit sewe keer donder

44
New cards

Om watter ander redes kan Jessica as bygelowig beskryf word?

Sy soek tekens (onverwagse blom, bure wat nie baklei nie, goeie opstelpunte)

45
New cards

Noem DRIE redes hoekom Jessica nie gelukkig is waar sy bly nie

Ouma Kytie is moeilik en ongeduldig; sy het nie haar ma nie; sy moet bedel vir kos.

46
New cards

Beskryf ouma Kytie se houding teenoor Jessica.

Sy is moeilik, ongeduldig en het geen verdraagsaamheid nie.

47
New cards

Hoe weet jy dat ouma Kytie ook nie geduld met Jessica se ma gehad het nie?

Sy sê vir Jessica: "Jirre, jou ma was ook soe lastig."

48
New cards

Wanneer bedel Jessica gewoonlik?

Smiddae na skool.

49
New cards

Wie het vir Jessica leer bedel?

Ouma Kytie.

50
New cards

Waarom verkies Jessica om by vroue te bedel?

Vroue se harte is sagter; sy kies ook vir haar 'n nuwe ma

51
New cards

Na wie verwys Jessica as sy sê: "'n nuwe ma"?

Die vrou by wie sy bedel.

52
New cards

Wat is die eerste ding waarvoor Jessica vra?

n Brood.

53
New cards

Hoe verneuk Jessica die vrou by wie sy bedel?

Sy kry die vrou om eers ja te sê vir die brood, dan vra sy vir aartappels, rys en hoender

54
New cards

Noem drie bewyse dat Jessica, selfs wanneer sy bedel, aanhoudend aan haar ma dink

Sy verbeel haar die vrou se hand is haar ma se hand; sy kies vroue as 'n nuwe ma; sy hoop haar ma kom terug na die donderslae.

55
New cards

Verduidelik die kontras tussen Jessica se toekomsdroom en haar huidige omstandighede.

Sy droom van 'n grênd huis met 'n tuin vol bergblomme en genoeg geld, maar sy woon in 'n woonstel in Elsiesrivier en moet bedel vir kos

56
New cards

Wat is Jessica se toekomsdroom?

Om in 'n grênd huis met 'n tuin vol bergblomme te woon saam met haar ma.

57
New cards

Verduidelik hoekom Jessica haarself as die verneukkind beskou.

Sy voel sy word deur die lewe (en haar ma) verneuk omdat haar ma nie terugkom nie, en sy verneuk self die mense by wie sy bedel

58
New cards

Verduidelik die dubbelsinnige betekenis van die titel.

1) Sy is moontlik 'n buite-egtelike kind; 2) sy verneuk die mense by wie sy bedel; 3) sy word deur die lewe verneuk

59
New cards

Daar was agt donderslae in plaas van sewe. Hoe het dit Jessica se siening oor die toekoms beïnvloed?

Haar ma kom nie, maar sy gee nie moed op nie – sy bly hoop (die verhaal eindig met spanning, maar sy is nie gebroke nie).

60
New cards

Wat is die verband met 'n tradisionele sprokie?

Hoofkarakter wil gered word; daar is 'n nare ouma/heks; die magiese getal sewe. Maar geen gelukkige einde nie

61
New cards

Hoe bou spanning op in die verhaal?

Die donderslae word afgewissel met terugflitse na die bedelary, en tel al nader aan sewe

62
New cards

Wat is die tema van hierdie verhaal?

Moet nooit moed verloor dat jy nie uit 'n ongelukkige situasie kan ontsnap nie

63
New cards

Watter etiese les kan ons by Jessica leer?

Wees dapper en verloor nie hoop nie, selfs al lyk die omstandighede sleg

64
New cards

Watter tipe verteller is aan die woord in Die Geskenk ?

Eerstepersoonsverteller (die dogter).

65
New cards

Waar woon die dogter en haar pa?

In 'n huis met 'n groot glasvenster wat op 'n baai uitkyk (naby die see)

66
New cards

Wanneer sien die verteller haar pa? Noem TWEE tye.

Soggens by brekfis, en soms wanneer hy sy drankie drink voor hy uitgaan

67
New cards

Haal een woord uit die eerste paragraaf aan wat bewys dat hulle naby die see woon.

"baai"

68
New cards

Wat is die naam van die vrou wat die verteller versorg?

Nora.

69
New cards

Wat het met die verteller se ma gebeur?

Sy is oorlede (dit word gesuggereer).

70
New cards

Verduidelik wat die verteller impliseer met: "Eers was die liggies vir my mooi, maar nou ... my keel word droog en ek kan nie praat nie."

Sy voel hartseer en ongemaklik omdat haar pa nie regtig aandag aan haar gee nie.

71
New cards

Hoe het die dogter uitgevind dat haar pa iemand anders sien?

By die skool het die ander kinders vir haar gesê.

72
New cards

Wat is 'n weduvrou?

'n Vrou wie se man oorlede is

73
New cards

Hoekom is dit hartseer dat die verteller nie haar pa sal ken as hy saam met hierdie vrou is nie?

Omdat hy met haar lag en haar onder die elmboog vat – iets wat hy nooit by die huis doen nie. Die pa is anders as hy by die weduvrou is.

74
New cards

Hoekom het die verteller se pa nie self vir haar van die ander vrou gesê nie?

Hy skaam hom of hy wil haar nie seermaak nie.

75
New cards

Na wie verwys "hulle" in "my kop op hulle kussing"?

Haar pa en haar oorlede ma (haar ouers).

76
New cards

Waarom het die spreker haar kop op hulle kussing neergesit?

Sy verlang na haar ma en soek vertroosting

77
New cards

Wat het die verteller langs die bed gesien?

Die rekening van die juwelierswinkel vir 'n goue horlosie.

78
New cards

Die horlosie was baie duur. Haal VIER AGTEREENVOLGENDE WOORDE aan wat dit bewys.

"vir 'n baie groot klomp geld".

79
New cards

"'n Maand gelede is nie so vreeslik lank nie." Wat suggereer die dogter?

Dat haar pa die horlosie vir die weduvrou gekoop het, en dit is nog nie lank gelede nie – sy is seergemaak.

80
New cards

Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: (1) Pa gee vir dogter 'n geskenk. (2) Dogter sien 'n rekening. (3) Dogter gee die gebreekte geskenk terug. (4) Pa gaan uit eet.

Korrekte volgorde: (4) → (2) → (1) → (3).

81
New cards

Hoekom is die verteller verbaas dat haar pa vir haar 'n geskenk gee?

Omdat dit nie haar verjaardag is nie, en hy gee gewoonlik nie aandag aan haar nie

82
New cards

Wat het die pa vir die dogter gegee?

'n Goue horlosie (outomatiese horlosie).

83
New cards

Hoekom het die dogter gesukkel om die geskenk te aanvaar?

Sy het geweet dit was oorspronklik vir die weduvrou bedoel

84
New cards

Vir wie was die goue horlosie oorspronklik bedoel?

Die weduvrou

85
New cards

Waarna verwys die titel van die verhaal?

Die horlosie wat haar pa vir haar gee, maar wat eintlik vir die weduvrou was

86
New cards

Hoekom het die verteller Dettol op die horlosie gegooi?

Om die reuk van die ander vrou (die weduvrou se parfuum) af te kry

87
New cards

Verduidelik waarom die horlosie nie meer werk nie.

Sy het die binnewerking (hefboompies, veertjies) gekrap en gebuig

88
New cards

Waarom het die verteller nie die horlosie aanvaar nie? Gee TWEE redes.

1) Dit was vir iemand anders bedoel (die weduvrou). 2) Dit het aan die ander vrou se parfuum geruik

89
New cards

"Die horlosie werk nie, Pa. Pa kan dit maar terugvat." Waarom het die verteller dit gesê?

Sy wys dat sy nie sy geskenk wil hê nie – sy verwerp hom soos hy haar verwerp het.

90
New cards

Waarom het die spreker nie 'n naam nie?

Sy is nie belangrik genoeg vir haar pa nie; die fokus is op die volwassenes.

91
New cards

Waarna verwys die titel? (letterlik en figuurlik) van Here Be Dragons

Letterlik – verwys na die gebruik eeue gelede om drake of seemonsters op onbekende dele van wêreldkaarte te teken. Figuurlik – die gevare van die internet (virusse, pedofiele, ens.

92
New cards

Hoe weet ons dat die pa sy seun teen die internet wil beskerm?

Die seun vra hom om oop hart te hou, maar die pa sal 'n vuurwal gooi en die seun self die kuberstorm laat veg.

93
New cards

Hoe het die spreker toegang tot die internet gekry?

Hy gebruik sy pa se kodewoord (wagwoord).

94
New cards

Identifiseer die beeldspraak in strofe 1

Personifikasie ("my muis surf dwingend op nuwe ruimtes af")

95
New cards

Haal 'n voorbeeld van personifikasie in die eerste strofe aan

"my muis surf dwingend op nuwe ruimtes af"

96
New cards

Noem enige TWEE woorde in die gedig wat 'n mens aan 'n reis laat dink.

"reis", "Pole", "Parys" (enige twee).

97
New cards

Noem TWEE goed wat in die moderne tyd vergelyk kan word met die "drake" en "seemonsters".

Virusse, wurms, Trojaanse perde, pedofiele, sluipdiewe (enige twee)

98
New cards

Watter reël in die eerste 16 reëls sê dat die spreker vol selfvertroue is?

"ons keyboards is wyser as jy dink" (reël 10) of "ons wéét, pa" (reël 9)

99
New cards

Waarom word "wéét" in reël 9 beklemtoon?

Om die spreker se selfvertroue oor sy kennis te beklemtoon

100
New cards

"kodewoord" is 'n voorbeeld van 'n (neologisme / metafoor). Kies en verduidelik.

Neologisme – dit is 'n nuwe woord wat gevorm is uit Engels (password) + Afrikaanse woordorde